07/04/2025
Tydens ons Avondmaaldiens het ons as Gemeente die voorreg gehad om een van ons nuwe lidmate te doop, en ook as lidmaat van die gemeente te bevestig.
Die boodskap vir die dag was verkry vanuit Jesaja 43:18-19: "moet nie net aan die vroeer dinge d**k en by die verlede stilstaan nie. Kyk Ek gaan iets nuuts doen, dit saan op die punt om te gebeur"
As aanhoorders van die woord was ons gemaan om nie soos Israel te wees wat hulle verlede as n hangmat te gebruik nie, maar eerder as n wegspringblok na die toekoms.
Om te breek met ons verlede en om die toekoms met hoop binne te gaan en om met verwagting uit te sien na dit wat God alreeds besig is om te doen, is wat God vir sy kinders wil he.
God wil n nuwe ding in elkeen van ons lewe doen maar, ons moet met ons verlede breek.
Baie geluk aan Sr Lauren Steenkamp met hierdie pragtige geestelike mylpaal in haar persoonlike reis met die Here.
Baie welkom by Volkskerk van Afrika Elsiesrivier.
❤️