20/07/2026
Ons wors verkope was 'n sukses, danksy ons gemeente se volgehoue ondersteuning.
Ons is u innig dankbaar dat u luister na die roepstem van onse Here Jesus. Hierdie ìs immers vir 'n goeie, gemeenskaplike doel. Kom ons bou voort daarop.
Hierdie keer gaan ons kerkraad u trakteer op 'n ander lekkerte...hulle noem dit die Afval pot. En, snaaks genoeg, ek hoor die ingelse sê...Off Fall...regtig. Het dit al by Durbaniete gehoor.
Dit daar gelaat...of dit nou Afval...of Off Fall...of even Pens & Pootjies is...lekker gaan lekker bly. En dit nogal teen R70.00 Mensig...waar kry mens Hierdie delicatesy vir hierdie prys...met 'n rooster broodjie by...(geheimpie...ek hoor die persoon wat hierdie broodjies maak, is glo 'n kampioen)! Dan moet die prys mos meer wees! Hoe ga djulle geld maak?
Moetie worry nie...bestel net u kos vroegtydig, om teleurstelling te voorkom.