30/04/2026
Ons wil graag ’n opregte dank uitspreek aan al ons skenkers en ons gemeente vir U ruim bydraes tot ons jeug sopkombuisprojek. 🙏❤️
Deur U ondersteuning kon ons gisteraand meer as 100 mense voed in Devonsdale Court en die gemeenskap van 9de Laan, Leonsdale. Wat ’n wonderlike ervaring was dit nie om te sien hoe die gemeenskap uitkom en die Woord van God hoor nie. ✨
Ons sien uit na vanaand se diens in Boam Straat, 15de Laan, Leonsdale.
Ons finale diens sal plaasvind op 01 Mei 2026 in Boater Close, 14de Laan.
Mag God julle almal ryklik seën vir julle liefde, opoffering en getrouheid. 🙌