Shammah Ministries

Shammah Ministries We are a Charismatic church who serve the lord through Worship and Praise We operate in a small town called Ceres.

We make use of the cell model to equip the members.

02/06/2013
02/06/2013
Begin van 2013 winter
02/06/2013

Begin van 2013 winter

17/05/2013

goeie more, dis Vrydag en 'n einde van nog 'n week. Meeste het heel week uitgesien na die dag. almal seker om verskillende redes, miskien 'n partytjie , sport, kerkbyeenkoms of sommer net om te rus. Hoewel die week eindig sien u steeds uit na iets dieper. Ons christene moet ook altyd na iets meer uitsien na Sy wederkoms. Die Bybel sê elke oog sal Hom sien en elke tong sal moet bely dat Hy die Seun van God is. Hy kom ook soos 'n dief.......
Diewe steel net wat kosbaar is en vir God is Sy kinders kosbaar. Die Heilige Gees en Sy kinders besit die hoogste waarde op aarde dis waarom God slegs vir hul kom. Sorg dat u so leef sodat wanneer Hy kom u kan saamgaan. Stay Blessed. Ps G

25/04/2013

Goeie more, dis hartseer om te hoor hoe die wêreld 'n moeilike koue plek kom word het. Die negatiewe oorskadu die positiewe as jy na die media kyk. 'n Vrees pak mens beet as jy hoor van bomontploffings,skolegeweld, verkragtings en so meer. Die ergste is dat die Bybel sê dit sal gaan van kwaad tot erger. Die troos lê egter in Sy woorde : '' Hou goeie moed ek het die wêreld oorwin." Dit dryf alle vrees na buite, om te weet Hy is in beheer ongeag die negatiewe. Verlustig u in Hom sodat hy u begeertes kan waar maak. Met Hom hoef u nie vreesagtig en ongelowig op te tree nie. Dinge wat met ander gebeur hoef nie met u te gebeur as u op Hom vertrou. Stay blessed. Ps G

24/04/2013

Goeie middag, weet u dis 'n voorrreg om te lewe. Die probleem is egter dat ons lewens beinvloed word deur ander sowel as situasies. Die invloede kan u toekoms na die een kant of ander toe swaai. Numerie 13 & 14 het die Israeliete 40 jaar teruggesit. So weet na wie u luister. Past. G

14/04/2013

Goeiemiddag, vandag is Sondag en baie van u kom van 'n kerkdiens of is besig om gereed te maak daarvoor. Die vraag is hoekom doen u dit ? U sien God het mens gemaak om te aanbid. God wil Koinonia met die mens hou. Hy sê in die mond van suiglinge het Hy vir Hom lof berei. Omdat baie nie God aanbid, aanbid hul baie afgode. Van geld, beelde, diere tot satan self word as uitkoms beskou om te vlug van die roepstem van God. Aanbidding is deel van ons natuur en slegs oorgegee is stop die soeke en word ons dors geles. Die Here seën u. Lees Psalm 91 v 1. Past G

19/03/2013

Goeie naand. Ek hoop u het tot dusver 'n geseënde lewe. Ja die swaar is daar maar die goeie oorheers die slegte. ONTHOU soos u glo so sal dit wees. Waarom dan nie u lewe in positiwiteit omskep nie deur slegs die LIG in u gees toe te laat. God is LIG daarom kan Hy u lewe verlig. Stay blessed. Past. G

19/12/2012

Goeie more. Ons is uiteindelik waar ons wil wees. Almal in 'n vakansiegees. Die jaar se swaar is vergete en almal is gefokus op die goeie. Is dit nie wat die Here van ons verlang nie. Die MOEILIKE dinge is steeds daar maar ons fokus op die lekkerte van lewe. Elke dag is 'n fees en daarom is alles soveel lekkerder. Kan ons maar nie elke dag aan die fees van die lewe deelneem deurdat ons elke dag sy geboorte sal raaksien. Dit sal ons help om alle geestessiektes soos stress, depressie, ens uit ons lewens te hou. Matteus sê 6:22 Die lamp van die liggaam is die oog. As die oog reg is sal die hele liggaam verlig wees. Stay blessed. Past G

17/11/2012

Almal is seker geskok en verbaas oor wat tans in ons pragtige land aangaan. Dis stakings oral en ek glo dat dit net erger sal word aangesien die woord dit aan ons voorhou. Die wêreld sal gaan van kwaad tot erger. Die wêreld is in 'n vlak van voorbereiding vir die antichris. Stakings veroorsaak prysstygings. Lees Openb. 6 v 6. Moenie wag tot als uitmekaar val voor u 'n besluit neem vir Hom. Ons is in die wêreld, maar nie van die wêreld. So ons hulp kom van bo in die tyd omdat ons reeds Sy kinders is. God sal vir u deurkom in tye van nood. Die seen van God sal al sy kinders in hierdie tyd inhaal. God bless

06/11/2012

Lente wil maar nie werklik deurkom soos ons gewoond is daaraan nie. 'n Gelowige is nie veronderstel om verbaas hieroor te wees nie. Die Bybel lig ons in omtrent die geestelike en tydelike veranderings wat sal intree die laaste dae. So niks is nuut as ons tyd maak vir ons geestelike koerant "Bybel". Die verlede, hede en toekoms is geen geheim, want dit spreek alle tye aan. In Him we live and move and have our being. God bless

28/10/2012

Is u geloof besig om te wankel. Vind u die Here neem te lank. Ek het nuus vir u. Hy staan wakker agter sy woord. God wil Lydsaamheid (geduld) Jak 1 v 3 in u bewerkstellig. Leer om in geloof te hoop en te wag Jes 40:31 op die Here. Ek weet dis maklik om dit te sê, maar u voel al getraumatiseer deur omstandighede. Bid nog meer maar met 'n "smile". Dit beskerm u teen magte van neerslagtigheid. Die blydskap in die Here is ons beskerming. Stay faithful. Past G

Address

Ceres
Cape Town
6835

Telephone

073 898 5702

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Shammah Ministries posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Shammah Ministries:

Share