CSO - Christelike Seemansorganisasie / Christian Seaman's Organisation

CSO - Christelike Seemansorganisasie / Christian Seaman's Organisation Bediening aan seemanne reeds vir meer as 80 jaar/ Serving seafarers for more than 80 years. Verder het ons ook donateurs in Amerika en Brittanje.

FOR ENGLISH PLEASE SCROLL DOWN *In 1944 het die Gereformeerde Kerke en die Hervormde Kerk in Kaapstad besef dat daar 'n dringende nood was aan die verspreiding van die Woord onder besoekende seelui in die hawe. Op 9 November 1944 het die gemeentes die Nederlandse Afrikaanse Seemanskomitee gestig, met die doel om voorsiening te maak vir die behoefte van Nederlandse soldate en seelui op pad na en terug van Indonesië. Al die werk is toe op 'n vrywillige grondslag gedoen.Met verloop van tyd was dit duidelik dat die mense gespesialiseerde sorg nodig gehad het. 'n Persoon is aangestel teen 'n geringe vergoeding om die skepe so dikwels moontlik te besoek. 'n Paar van die gemeentes het begin om die werk finansieel te steun. Later het die Gereformeerde Kerke besluit om die werk op hulle eie te doen in Kaapstad en het toe afgestig.Vir baie jare het net die Nederlandse skepe aandag gekry, maar geleidelik het dit baie duidelik geword dat daar geweldige geleenthede is vir sendingwerk onder ALLE seemanne in die Kaapstadse hawe. Die naam van die komitee is toe verander na die Christelike Seemans Welsyn Organisasie. Ongeag die gebruik van die woord "welsyn", is daar meer aandag geskenk aan die geestelike welsyn as die fisiese welsyn van die seelui. Die werkswyse was ook meer geestelik van aard.Van 1972 af, is daar baie gevorder. Durban, die grootste van die Suid-Afrikaanse hawens het die volgende terrein geword waar gewerk is. Teen die einde van 1975 is die eerste sendingwerker aangestel in Saldanhabaai. Toe die heel eerste skip die nuwe hawe invaar, was ons werkers daar om hulle te ontvang. Hoewel ons nie heeltemal gereed was vir die eerste skip in Richardsbaai nie, het ons organisasie kort daarna begin werk in die nuwe hawe. Die organisasie het baie vinnig gegroei en teen 1 April 1991 het ons 'n tak geopen in Port Elizabeth.Die Seemansorganisasie het begin as 'n interkerklike organisasie. Danksy die gesonde groei daarvan, het sy aktiwiteite bekend geword onder sy talle ondersteuners in die land. Ons donateurs (medewerkers) het geweldig bygedra deur ons werk bekend te maak aan die algemene publiek. Ons het gevolglik nou donateurs van oral in die land en hulle verteenwoordig feitlik alle Engelse en Afrikaanssprekende kerke. Die donateurs ondersteun ons met hulle voorbidding en gebede.Toe die Welsynswet gewysig is, is die organisasie amptelik erken as godsdiensorganisasie en die woord "welsyn" is toe geskrap uit die naam. Sedert 1978 is die amptelike naam die CHRISTELIKE SEEMANSORGANISASIE.

*In 1944, the Reformed Churches and the Hervormde Kerk in Cape Town, realized that there was a dire need amongst the seamen who visited the harbour. On 9 November 1944 these congregations founded the Nederlandse Afrikaanse Seemanskomitee (Dutch Afrikaans Seaman's Committee), with the aim of caring for the needs of Dutch soldiers and seamen on their way to and from Indonesia. At that time all the work was done on a voluntary basis.In the course of time it was clear that these people needed specialized care. A person was appointed, at a minimal renumeration, to visit these ships as often as possible. A few of the congregations started to support the work financially. In due course both the Reformed Churches decided to work on their own in Cape Town, and broke away.For many years, only Dutch ships were given any attention but gradually it became abundantly clear that there were immense opportunities for mission work to be done amongst the seamen in the Cape Town harbour. At that stage the name of the committee was changed to the CHRISTELIKE SEEMANS WELSYN ORGANISASIE (THE CHRISTIAN SEAMAN'S WELFARE ORGANISATION). Despite the use of the word "welfare", the modus operandi changed all the more and the focus was much stronger on the spiritual welfare than the physical welfare of the seaman.From 1972 onward there was great progress. Durban, the largest of the South African harbours, became the next field of activity. Towards the end of 1975 the first harbour mission worker was appointed in Saldanha Bay. When the very first ship entered the new harbour, our workers were there to receive them. Although we were not quite ready for the first ship in Richards Bay, our organisation started its activities there soon after. The organisation was growing with leaps and bounds by then and on 1 April 1991 we opened a branch in Port Elizabeth.The Seaman's Organisation started as an interdenominational organisation. Thanks to its healthy growth, its activities became known to it's numerous supporters throughout the country. Our donors (co-workers) contributed immensely by publicizing our work. The result is that we now have donors throughout the country who represent practically all English and Afrikaans churches as well as donors in America and Britian. These donors support us through their donations and prayers.When the Welfare Act was amended, the organisation was officially recognized as a religious body and the word "welfare" was dropped from the name. Since 1978 its official name is the CHRISTIAN SEAMAN'S ORGANISATION.

Lekkerluister-note!!!Hier gaan ons met ons vertonings vir Septembermaand 2026 saam met Johan en Riaan van Rensburg (Noot...
10/09/2026

Lekkerluister-note!!!

Hier gaan ons met ons vertonings vir Septembermaand 2026 saam met Johan en Riaan van Rensburg (Noot vir Noot).

16 SEPTEMBER NG TYGERPOORT

Vertoning: 10.00
Adres: 51 Henrylaan Shere AH Pretoria (oorkant Laerskool Tygerpoort)
TOEGANG: Vrywillige donasie aan die CSO.

17 SEPTEMBER NG CONSTANTIA-KRUIN

Vertoning: 10.00
Adres: 17 Liebenbergweg, Constantia Kloof, Roodepoort. Ingang in Liebenbergstr, Roodepoort.

TOEGANG: Vrywillige donasie aan die CSO.

Kom kuier saam!

Durban HaweCold StreamMichaelJy kry Russe, en dan kry jy Russe.   Seker maar soos wat jy van elke ras en taal in hierdie...
08/09/2026

Durban Hawe
Cold Stream

Michael

Jy kry Russe, en dan kry jy Russe. Seker maar soos wat jy van elke ras en taal in hierdie wêreld mense kry wat heeltemal van mekaar verskil.

Ek is seker die kaptein op die Cold Stream het doelbwus vir Michael op dekwag geplaas, want hierdie Rus was met een woord, pragtig.
Om room op die koek te plaas, dan ook nog ‘n Christen!

Dit kon seker nie as ‘n verrassing na my toe kom nie. Met so ‘n glimlag en mooi persoonikheid kan dit nie anders nie.

Ons het ‘n hond uit ‘n bos gesels. Plek plek gebroke Engels, maar die gees was heeltyd opbouend.

‘n Opgewekte en dankbare mens, ‘n ware voorbeeld vir ander. Ek kon Micheal eintlik niks nuuts vertel of leer nie.

Hierdie jong seeman was vir my ‘n plesier om te bedien.

Nico Janse van Rensburg

Durban HarbourCold Stream MichaelYou get Russians, and then you get Russians.   Probably just like you get people from e...
08/09/2026

Durban Harbour
Cold Stream

Michael

You get Russians, and then you get Russians. Probably just like you get people from every race and language in this world who are completely different from each other.

I'm sure the captain on the Cold Stream deliberately put Michael on deck watch, because this Russian was, in one word, beautiful.

To put the icing on the cake, then also a Christian!

It probably couldn't come as a surprise to me. With such a smile and beautiful personality, it can't be otherwise.

We talked like old friends! Broken English in places, but the spirit was always uplifting.

An upbeat and grateful person, a true example for others. I couldn't really tell or teach Michael anything new.

This young sailor was a pleasure to serve.

Nico van Rensburg.

Almost everything…"Thank you..." It is all he says.`He hugs the Tagalog Bible close to his chest, using both arms. The d...
04/09/2026

Almost everything…

"Thank you..." It is all he says.`

He hugs the Tagalog Bible close to his chest, using both arms. The drone of engines, the calls of the crew and the mad rush fade away. His face shows a smile that tells a story of something that cannot be defined in words.

A little earlier, Danie, the CSO Chaplain in PE, stands in front of a ship, looking at it. He realises how completely a modern ship provides for its crew. There is food, water, a bed, medical care and even internet. It provides everything a man working at sea may need to survive months on board a ship sailing on the open seas.

It provides almost everything... but there is one hunger that no ship can still.

Amidst the activities he meets a young man from the Philippines. Behind his friendly smile hides a broken heart and longing. He talks about the bitter and difficult long months away from home, his wife and his children. He talks about the silence of the ocean and the questions he struggles with. How does one stay near God when the horizon is endless? How does one cling to hope when home disappears behind tens of thousands of swells?

Danie only listens.

Then, as the young man runs out of words, he takes a Tagalog Bible from his bag and places it in the young man’s hands. Astonished, without ceremony the young man simply sits down, right there on deck. Without fail, all around him is the drone of the gears of the harbour in action. It is noisy, it is loud, but he is unaware of it. He reads. He pages back. He reads again. It is as if he does not only discover words, it is like coming home.

Without any hurry, Danie sits down next to him. He allows the young man to experience all the emotions without spoiling these with a few nice words. The two of them simply sit. The young man pages through his new Bible. Danie is quietly aware of a very special moment.

When they get up, quite a while later, he hugs the Bible close to his chest.

"Thank you..." only that.

This is more than a thank you for a Bible. It is a thank you because someone saw him. It is because someone stood still long enough to listen. It is because he remembered for a moment, every thousands of sea miles from his loved ones, that he is not alone.
That is why the CSO distributes God’s Word in the languages of the men working at sea. When such a man receives a Bible, it is so much more than a book. He receives hope. He receives the mercy and care of the Cross. He receives the quiet assurance that God is there, wherever the oceans may take him.

Thanks to donors for their support to make these moments become a reality each day. Thank you for making this possible.

Byna alles…"Dankie..." Dit is al wat hy sê.Met albei arms druk hy die Tagalog-Bybel styf teen sy bors vas. Vir 'n oombli...
04/09/2026

Byna alles…

"Dankie..." Dit is al wat hy sê.

Met albei arms druk hy die Tagalog-Bybel styf teen sy bors vas. Vir 'n oomblik vervaag die geraas van die hawe. Die dreuning van enjins, die geroep van die bemanning en die dol-gejaag word stil. Op sy gesig 'n glimlag wat vertel van iets wat woorde nie kan dra nie.

'n Rukkie vroeër staan Danie, CSO se kapelaan in PE, en kyk na die skip. Dit tref hom hoe volledig 'n moderne skip vir sy bemanning sorg. Daar is kos, water, 'n bed, mediese sorg en selfs internet – alles wat 'n seeman nodig het om maande lank op die oop see te leef.

Byna alles ... maar, daar is een honger wat geen skip kan stil nie.

Te midde van die bedrywigheid ontmoet hy 'n jong seeman van die Filippyne. Agter sy vriendelike glimlag skuil 'n hart wat hartseer verlang. Hy praat oor die bitter swaar van lang maande weg van sy vrou en kinders, oor die stiltes van die see en oor die vrae waarmee hy worstel. Hoe bly 'n mens naby aan God wanneer die horison eindeloos word? Hoe hou 'n mens vas aan hoop wanneer die huis agter tienduisend deinings verdwyn?

Danie luister net.

Dan, as die jongman se woorde opraak, haal hy 'n Tagalog-Bybel uit sy sak en plaas dit in die seeman se hande. Oorbluf, onseremonieel, gaan sit die seeman sommer net daar op die dek. Rondom hom dreun die ratwerk van die hawe onverpoos voort, dit raas en blaas, maar hy lyk onbewus. Hy lees. Blaai terug. Lees weer. Dit is asof hy nie net woorde ontdek nie, maar tuiskom.
Danie neem ongehaas langs hom stelling in. Hy laat toe dat die jongman deur al die emosies gaan sonder om met mooi woorde die oomblik te bederf. Die twee van hulle sit net. Die jongman blaaiend in sy nuwe Bybel, Danie stil bewus dat daar iets spesiaal aan die afspeel is.

Toe hul lank-later uiteindelik opstaan, druk hy die Bybel teen sy bors vas.

"Dankie..." net dit.

En dit, dit is meer as 'n dankie vir 'n Bybel. Dit is 'n dankie omdat iemand hom raakgesien het. Omdat iemand lank genoeg stilgestaan het om te luister. Omdat hy, al is hy duisende seemyl van sy geliefdes, vir 'n oomblik onthou dat hy nie alleen is nie.
Dit is waarom die CSO God se Woord in seemanne se eie taal versprei. Want wanneer 'n seeman 'n Bybel ontvang, ontvang hy soveel meer as 'n boek. Hy ontvang hoop. Hy ontvang die omgee en genade van die Man van die Kruis. En hy ontvang die stille versekering dat, waar die oseaan hom ook al neem, God reeds daar is.

Danksy die ondersteuning van donateurs word hierdie oomblikke elke dag moontlik. Ontsettend dankie daarvoor.

'n Besoek wat hoop bringAbel en Yoaquin van die Filippyne werk al ses maande aan boord van ’n houerskip in Coega-hawe. H...
01/09/2026

'n Besoek wat hoop bring

Abel en Yoaquin van die Filippyne werk al ses maande aan boord van ’n houerskip in Coega-hawe. Houerskepe bly selde lank in ’n hawe, en geleenthede om aan wal te gaan of besoekers te ontvang, is min. Juis daarom was hulle dankbaarheid so groot toe Danie van die CSO spesiaal aan boord kom om hulle te besoek. Elkeen het ’n Bybel in sy eie taal ontvang – ’n kosbare geskenk wat hulle nog lank ná die skip vertrek, sal vergesel. Baie dankie aan ons donateurs. Julle maak hierdie besoeke moontlik en bring God se liefde en hoop na seemanne wat dikwels ver van die huis én van mense af leef.

The Christians Seaman's organisation aims to bring the Good News of God's Love to each person involved in a maritime life.

A Visit That Brings HopeAbel and Yoaquin from the Philippines have been working on board a container ship in the Port of...
01/09/2026

A Visit That Brings Hope

Abel and Yoaquin from the Philippines have been working on board a container ship in the Port of Coega for six months. Container ships rarely stay in port for long, giving their crews very little opportunity to go ashore or receive visitors. That is why they were so grateful when Danie from the CSO came on board especially to visit them. Each of them received a Bible in their own language—a precious gift that will remain with them long after the ship has sailed. A heartfelt thank you to our donors. You make these visits possible, bringing God's love and hope to seafarers who often live far from home and far from the people they love.

Vroue in die seevaart. Saam met Andrè Lammertyn in Kaapstadhawe, is hierdie pragtige jonge dame,LJ, een van vyf vroue se...
27/08/2026

Vroue in die seevaart.

Saam met Andrè Lammertyn in Kaapstadhawe, is hierdie pragtige jonge dame,LJ, een van vyf vroue seevaarders aanboord op die Hafnia Soya Tanker skip. Iets wat ons nie gereeld teekom nie!

The Christians Seaman's organisation aims to bring the Good News of God's Love to each person involved in a maritime life.

Women working at sea. Along with Andrè Lammertyn in Cape Town Harbour, this beautiful young lady, LJ. She is one of five...
27/08/2026

Women working at sea.

Along with Andrè Lammertyn in Cape Town Harbour, this beautiful young lady, LJ. She is one of five female seafarers on board the Hafnia Soya Tanker ship. Something we don't come across often!

Stilte wat praatDie stilte wat seemanne soms hoor, is oorverdowend. Wanneer daar bemanning van verskillende nasionalitei...
25/08/2026

Stilte wat praat

Die stilte wat seemanne soms hoor, is oorverdowend. Wanneer daar bemanning van verskillende nasionaliteite op die skepe is, kan hulle dikwels nie die ander se taal praat nie. Dit lei tot afsondering in ‘n kajuit – stilte wat moeilik is om te beskryf. Hulle vereensaam en raak ‘n alleen-eiland op die oseaan.

Daar is ‘n ander stilte wat ook diep tref. In verskeie dele van die wêreld vaar skepe deur gebiede waar konflik, aanvalle en militêre spanning toeneem. Een skeepskaptein beskryf hoe sy bemanning vir weke lank die geluid van vliegtuie, missiele en ontploffings moes verduur. Maar wat hom die meeste geraak het, was nie die geraas nie. Dit was die stilte. Die onsekerheid. Die nie-wéét. “Not knowing, silence, is a terrible poison to have on board a ship.”

Daardie woorde tref diep. Want ware eensaamheid ontstaan dikwels nie wanneer niemand praat nie, maar wanneer niemand jou werklik verstaan nie.

Dit is presies in hierdie wêreld waar CSO sy bediening verrig. Om die stilte wat die kaptein beskryf, te oorkom, wil CSO hulle ‘n nuwe geluid laat hoor: die Evangelie van Jesus Christus . om ‘n Bybel vir ‘n seeman te gee, kan hy die oorverdowende stilte verbreek. Dan kan hy luister na die Here – dit is dan wanneer die stilte praat – met sy hart, in sy eensaamheid en alleen-wees.

Address

Milpark Flat 303, C/O Ixia Street. Milnerton. Cape Town
Milnerton
7441

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when CSO - Christelike Seemansorganisasie / Christian Seaman's Organisation posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share