StayAliveFriend

StayAliveFriend We are a bridge of hope; between addiction and rescue; guilt and friendship; shame and a story worth living. You are not alone. We are here. We will listen.

We need you to StayAliveFriend.

16/03/2023

You story matters, your life matters and no one can live your life ... We are always available, no need for an appointment.... Love life, Live life

13/02/2023
17/09/2022

💛💛

09/09/2021

~ World Su***de Prevention Day- 10 September ~

BLY LEWE, ASSEBLIEF!

Ek onthou die eerste keer toe ek gedink het ek wil doodgaan- sonder wreedheid of siekte wou ek net ophou bestaan het, want iets in my kop het onophoudelik gebewe en ek kon nie slaap, of vir my beste vriend vertel dat Christene ook aan depressie kan ly nie.

Iets van dit moet geneties wees, want my suster het nooit weer recover na haar man haar gelos het vir ons niggie nie, en elke keer wanneer ek myself haat, dan hoor ek my suster se stem in my kop, “moet ek gaan met leĂ« hande, my broer?” Dan weet ek daar is meer as genoeg redes om te bly as om te gaan. Dan weet ek daar was al vuil voetspore op die mooiste maan. Maar steeds staan hy elke aand uit in volle swang en gee lig en lewe aan die donkerste kamers.

So wil ek vir jĂłĂș vra, indien jy oorweeg om op te hou skyn: BLY LEWE, ASSEBLIEF!

Partykeer voel dit of ek vir te lank op een plek stilstaan, maar ek weet ek het al twee keer in dieselfde rivier geswem- al hoor ek ook wat. En ek weet jy voel of jou swanesang se melodie vals is, en niemand gaan inskakel by jou Zoom-begrafnis nie maar moet nie ophou soek na Lisa se klavier nie want iewers is iemand besig om te droom oor puzzels bou saam met jou, en die warm gevoel van huisbou sonder ‘n trust fund.

BLY LEWE...ASSEBLIEF, BLY LEWE!

Jou gebroke glimlag is meer werd as wat jou seer jou laat glo, en ek is moer jammer niemand het jou geleer om gemaklik te voel in jou lyf nie. Maar Ă©k het regtig begin lewe die dag toe ek verstaan, “I’m not broken and in need of fixing; I’m hurt and in need of healing”. Want ‘n mens se brein staan nie los van jou lyf nie en alles wat in jou kop spoel, word ook aan jou lyf gevoel, en selfs bruised en battered soos ‘n ou Datsun 1400 bakkie is jy ook gemaak om te hou en om vasgehou te word. So ek weet nie hoekom God so stil is wanneer jy in jou kussing huil en hoop en skree vir ‘n ligter las om te dra nie want ek kan sien jou skouers wil nie meer nie maar jou hart kan nog.

Gee dit oor wat swaar op jou rus en BLY LEWE...ASSEBLIEF, BLY LEWE!

Daar’s nog baie nuwe ice-cream flavours om te ontdek- behalwe as jy lactose-intolerant is soos ek- dan is jou opsies maar limited.
Is ons almal nie maar intolerant om grace met onsself te hĂȘ nie?
Is ons almal nie maar liewer vir ander as vir onsself nie- want dis makliker om God in ander te sien as in jouself.

Dis makliker om eerlik te wees met ander en vir jouself te lieg, en dan stukkie vir stukkie die lewe uit jou lewe te laat suig.
Jou plafon is al dik besmet van jou gebede wat nie verder kan skiet as die dowwe-geel lig van jou slaapkamer nie, en almal wil hĂȘ jy moet harder bid maar jy kan nie eers meer asem haal nie.

Ek weet dit.
Ek was al daar, en verder.

“Breek my, of gee my ‘n breek”, het ek al diep in my liturgiese meditasie ritmes getatoeĂ«er, maar God was steeds stil, vriende ver, en die dood die enigste late-night party wat ek wou join.

Maar hier is ek nou.

My brein bewe soms steeds- maar my hart bons Coldplay-kleure van tasbare oomblikke van vreugde.

Omdat ek bly lewe het.

En nes ek- sal jy ook weer die soet klank van uit-jou-maag-uit-lag vind.
Jy sal ook weer jou liefde vir jouself vind.
Jy sal ook weer goedheid en guns kort op jou hakke sien loop.
Tot dan...ASSEBLIEF, BLY LEWE!

10/10/2020

Ou Radioraps het my bietjie op sy show gehad.
Ons het oor my boek gesels.
Oor tronklewe, drugs, en hoe om die jongspan op die regte pad te hou!

- Gee die video ’n SHARE, asb!
- Gaan koop my boek by jou naaste Exclusive Books Bargain Books SA Loot.co.za
- Stuur 'n email aan [email protected] as jy Ivor wil nooi vir 'n praatjie by 'n skool, kerk, of organisasie.

30/09/2020

Splinternuwe reeks wat tieners gaan help om te lewe voor hulle doodgaan!

24/09/2020

Hierdie dokumentĂȘre video is deur Danie van der Westhuizen gemaak. Hy het Swartz en sy broer vasgevang in gesprek oor hul oorlede moeder! Kyk saam en SHARE met jou vriende!

Jy kan sy boek, Die Verlore Seun Vannie Gaatjie, by alle groot boekwinkels koop: https://www.nb.co.za/af/view-book/?id=9780796322180

Address

Cape Town
8000

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when StayAliveFriend posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share