11/06/2026
O Jongeling❤️🩹
Junie'2025✝️
Ekt op die ouderdom van 17 bekeer, in die middel van die "beste" tyd in n jongmens se lewe.
Nog soveel wat ek wou ervaar en proe van die wêreld, maar die Here het my betyds gered.
Ekt in n gemeenskap groot geword met die naam van Uitsig waar daar vele keuses vir my was.
Ek onthou hoe n bendelid my wou hê as sy meisie. Hoe hy my belowe het as dit nie hý is nie, sal dit niemand wees nie.
Ek onthou hoe ek dop gehou was deur hom, maar omdat die Here Sy plan vir my lewe geken het, het die ou sy lewe verloor nog voor ek kon klaar maak met skool.
Ek was groot gemaak deur n baie streng ma en het self tussen die ouderdom van 7 en 13, 2 egskeidings ervaar. As kind is dit aaklig‼️
Ja neé, die oë was erg op ons huis want my ma was bekeer, maar my pa was/is ń rasta en verkoop/rook dagga.
My oudste broer was vroeg tronk toe en het ook die nommer gevat. Die lewe het hom behoorlik gedruk en hy het ingegee. Tot vandag is hy verslaaf aan tik.
Ek weet wat dit is as jou ouer seer het en jy as kind weet nie hoe of waar nie.
Ek weet wat dit is om in n huis te wees waar die seer só swaar hang, jy kry net jou kos, bly stil en eet. Daar word nie veel gepraat nie, inteendeel, daar word vir weke nie gepraat nie. Jy doen net wat jy moes doen as n kind en bid dat jy eendag sal verstaan wat hier aangaan.
In die flats was die kinders lekker, maar my ma het haar oog op my gehou. Almal het geweet dis mý ma wat vir my skree en omdat hulle geweet het hoe streng my ma was, het hulle al voor af geskree:"sy kom aunty" net sodat ek nie pak moes kry nie.
Een aand gaan my vriende na n gameshop in n ander plek maar soos julle weet lieg ons mos geweldig oor die goed.
Oh well, my ma het eenvoudig net geweier dat ek daardie aand enigsins buite sit/staan of speel. Ek was so vies want hoekom is sy dan vandag so erg⁉️
Wat ek nie geweet het nie is, vroeër die week het my niggie n droom gehad dat ons groep by n gameshop is en dat ek verkrag word. My ma het daardie woord te harte geneem en my beskerm teen alles.
Daardie selfde aand toe hulle gaan, was ons vriendin verkrag en wreed verkrag💔💔
Wat probeer ek vir die jongmense sê?
Daar is nie omstandighede goed genoeg om nie die Here n kaans te gee in jou lewe nie.
Ons almal is maar in n huis waar daar een of ander bitter pil is wat ons moet sluk.
Verdien ons dit?
Glad nie want ons is net kinders, maar Jeremia 29:11 staan nog vas oor jou lewe jong🙌
God sal jou deur alle storms, elke vallei en selfs die diepste dal beskerm sodat Sy wil in jou lewe geskied✨️
Jy sal dalk die hitte van die vuur voel, maar omdat Hy n plan vir jou het, sal die vuur jou nooit brand nie🔥
Daar sal letsels en n reuk van vuur aan jóu wees vir meeste van jou lewe, maar die vuur sal jou nie skroei nie. Die letsels en reuk sal baie mense laat praat, maar vir jou sal dit n getuienis wees van waar die Here jou uitgered en waarvanaf Hy jou gedra het🫴
Terwyl dit jeug maand is wil ek elke jong mens bemoedig deur te sê: DIT SAL NIE VERALTYD SO WEES NIE❤️🩹
Al sien jy dit nie nóu só nie, maar Sy plan vir jou lewe staan nog🍂🍃
Jyt n keuse - Kies Jesus✝️
Hoe gouer jy kom, hoe nader stap jy na Sy plan✝️ Hy weet watter gedagtes Hy aangaande jou koester🌱
PREDIKER 12:1
[1] EN d**k aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: Ek het daar geen behae in nie...
Janine Neena Adams