Gospel sangeres vir Jesus & almal

Gospel sangeres vir Jesus & almal Ek sing vir Jesus. Het CDs beskikbaar. Bly in Kuilsrivier Kaapstad. Eks met Bertus getroud en ons het 3 volwasse kinders. My nommer is 0812707014.

22/01/2026

TRUST in the Lord, He shall direct your paths. COMMIT work to the Lord, your plan will be achieved.

No baptismNo communionNo confirmationNo speaking in tonguesNo mission tripNo volunteeringNo financial giftsNo church clo...
17/10/2024

No baptism
No communion
No confirmation
No speaking in tongues
No mission trip
No volunteering
No financial gifts
No church clothes

He couldn’t even bend his knees to pray. He didn’t say the sinner’s prayer and among other things, he was a criminal and he was worthy of death.

Jesus didn’t take way his pain, heal his body, or smite his scoffers.

He was a thief who walked into paradise the same hour as Jesus simply by believing.

He had nothing more to offer other than his belief that Jesus was who He said He was.

No spin from brilliant theologians.
No ego or arrogance.
No shiny lights, skinny jeans, or crafty words.
No haze machine, donuts, or coffee in the lobby.

Just a naked dying man on a cross unable to even fold his hands to pray.

For God so loved the world that He gave His only Son so that WHOEVER believes in Him will not perish but have everlasting life.
- John 3:16

Because ……. THAT IS ENOUGH !!

10/06/2023

𝗡𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝗧𝗿𝗼𝘂 𝗼𝗺 𝗼𝗽 𝗱𝗶𝗲 𝗲𝗶𝗻𝗱𝗲 𝘁𝗲 𝘀𝗸𝗲𝗶 𝗻𝗶𝗲.
𝗡𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝗿𝗮𝗮𝗸 𝘀𝘄𝗮𝗻𝗴𝗲𝗿 𝗼𝗺 𝗻 𝗸𝗶𝗻𝗱 𝘁𝗲 𝘃𝗲𝗿𝗹𝗼𝗼𝗿 𝗻𝗶𝗲.
𝗡𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝘀𝘁𝗮𝗽 𝗶𝗻 𝗻 𝘄𝗲𝗿𝗸 𝗼𝗺 𝗱𝗶𝘁 𝘁𝗲 𝘃𝗲𝗿𝗹𝗼𝗼𝗿 𝗻𝗶𝗲.
𝗡𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝗸𝗼𝗼𝗽 𝗻 𝗵𝘂𝗶𝘀 𝗼𝗳 𝗻 𝗸𝗮𝗿 𝗼𝗺 𝗱𝗶𝘁 𝘁𝗲 𝘃𝗲𝗿𝗹𝗼𝗼𝗿 𝗻𝗶𝗲.

𝘔𝘰𝘳𝘢𝘭 Of The Story?

𝘼𝙨 𝙝𝙞𝙚𝙧𝙙𝙞𝙚 𝙡𝙚𝙬𝙚 𝙢𝙚𝙩 𝙞𝙣𝙨𝙩𝙧𝙪𝙠𝙨𝙞𝙚𝙨 𝙜𝙚𝙠𝙤𝙢 𝙝𝙚𝙩 𝙨𝙤𝙪 𝙤𝙣𝙨 𝙖𝙡𝙢𝙖𝙡 𝙗𝙖𝙞𝙚 𝙫𝙚𝙧𝙨𝙞𝙜𝙩𝙞𝙜 𝙜𝙚𝙬𝙚𝙚𝙨 𝙝𝙚𝙩 𝙤𝙢 𝙛𝙤𝙪𝙩𝙚 𝙩𝙚 𝙫𝙚𝙧𝙢𝙮. 𝙈𝙤𝙚𝙣𝙞e 𝙟𝙤𝙪 𝙫𝙚𝙧𝙡𝙚𝙠𝙠𝙚𝙧 𝙞𝙣 𝙞𝙚𝙢𝙖𝙣𝙙 𝙨𝙚 𝙫𝙚𝙧𝙡𝙞𝙚𝙨 𝙣𝙞𝙚 .
𝙈𝙤𝙚𝙣𝙞𝙚 𝙙𝙞𝙣𝙠 𝙙𝙖𝙩 𝙙𝙞𝙩 𝙣𝙤𝙤𝙞𝙩 𝙢𝙚𝙩 𝙟𝙤𝙪 𝙠𝙖𝙣 𝙜𝙚𝙗𝙚𝙪𝙧 𝙣𝙞𝙚.
𝙅𝙮 𝙠𝙖𝙣 𝙫𝙖𝙣𝙙𝙖𝙜 𝙖𝙡𝙡𝙚𝙨 𝙝𝙚, 𝙢𝙤𝙧𝙚 𝙠𝙖𝙣 𝙟𝙮 ALLES 𝙫𝙚𝙧𝙡𝙤𝙤𝙧. 𝙉𝙞𝙠𝙨 𝙞𝙨 𝙫𝙚𝙧𝙚𝙬𝙞𝙜 𝙣𝙞𝙚, 𝙖𝙡𝙡𝙚𝙨 𝙞𝙨 𝙩𝙮𝙙𝙚𝙡𝙞𝙠.
𝙉𝙞𝙚𝙢𝙖𝙣𝙙 𝙝𝙚𝙩 𝙙𝙞𝙩 𝙢𝙖𝙠𝙡𝙞𝙠 𝙣𝙞𝙚, 𝙢𝙤𝙚𝙣𝙞𝙚 𝙟𝙤𝙪𝙨𝙚𝙡𝙛 𝙗𝙚𝙩𝙚𝙧 𝙖𝙜 𝙖𝙨 𝙚𝙣𝙞𝙜𝙚 𝗶𝗲𝗺𝗮𝗻𝗱 𝙖𝙣𝙙𝙚𝙧𝙨 𝙣𝙞𝙚.

🩷🙏🏻🤺

23/04/2021

Niks soos familie en Jesus aan jou kant nie. Dankie Vader vir U liefde.

10/06/2020

Here. My gebedslysie het in n hele boek verander. Ekt nooit voorheen besef daars so baie om voor te bid nie. Net een gebed kan dae aanhou.

Dankie dat ek tot U kan bid en kan vra net wat ek wil en U sal my antwoord. ...op U eie volmaakte tyd...nie my tyd nie.

Here, ek wil weer sing. My stem was te lank weg en beskadig. Raak my stembande en geheue aan asb. Raak my tong en my hoof aan sodat ek hardop kan bid...net soos ek wil want ekt geen rede om skaam te wees nie.

Ek bid vir almal wat besmet is met COVID 19 ek bid ook dat u die virus sal dood maak. En Here...kan u asb die kerke weer stamp vol maak. Die 50 op n slag is aaklig want ons almal wil daar wees. Raak my stem en hoof aan Here.
Raak my man en 3 kinders aan Here. Laat hul n dors ontwikkel, n honger na U woord.

Ons verlang dat U moet kom.
Ons is lief vir U. Jammer dat ons U daagliks seermaak, dalk onwetend. Vergewe ons asb Here. En as die wegraping kom vat asb my hele gesin en familie ook saam.

Suid afrika het U nodig. Here ons bid vir herlewing...voor die wegraping. Ons het dit nodig asap. Koning Jesus, pappa Vader, baie dankie vir die wete dat ons altyd veilig is in U hand.

Ek bid in Jesus naam.
Amen.

SELF-BEVRYDINGS GEBEDBid dit hardop satan en sy bose geeste moet dit hoor! Gebruik jou verbeelding. Visialiseer elke ind...
18/04/2019

SELF-BEVRYDINGS GEBED

Bid dit hardop satan en sy bose geeste moet dit hoor! Gebruik jou verbeelding. Visialiseer elke indiwiduele persoon en of dade wat uitgewys word en bely dit voor God. Mimiek ook die aksies wat genoem word saam.

Dankie Here Jesus Christus dat U Woord bevestig, as ek my sondes bely, U is getrou en regverdig
1Joh 1:9
en U verwyder dit van my so ver soos die ooste van die weste
Ps 103:12
Ek bely elke sonde wat ek tot vandag wetend of onwetend gepleeg het, voor U. Of dit verkeerde gedagtes, woorde, of dade is, Here U ken alles. Ook alle seksuele oortredings voor en buite die huwelik, bely ek nou voor U as sonde. Ek plaas dit alles vandag voor U Troon en bid dat U my asseblief sal vergewe. Dankie Here Jesus dat U nooit weer daaraan d**k nie.
Heb 8:12 en Heb 10:17.
Met dankbaarheid aanvaar ek nou U vergifnis en daarom proklameer ek aan die wêreld en aan satan en sy magte, dat Jesus Christus my Koning/ Here/ Redder/ Saligmaker, en my Verlosser is.
Rom 10:9-10.
Dankie Here Jesus Christus daarvoor!
U Woord sê as ek vryspreek, ek vrygespreek kan word.
Luk 6:37,
maar as ek nie vergewe nie, ek nie vergifnis kan ontvang nie
Mat 6:15.
Here Jesus ek spreek my voorouers vry vir enigiets wat hulle gesê of gedoen het wat kon veroorsaak dat daar vloeke, ongeregtighede of hoererye op my kon afkom. Ek haal hulle vandag almal van my rug af, en was hulle skoon in Jesus se bloed en plaas hulle almal vandag voor U troon.
Ek spreek my pa/ma/ stiefpa/ stiefma/ pleegouer/s vry vir enigiets wat hulle gesê of gedoen het, of dalk NIE gedoen het nie, wat my seergemaak of teleurgestel het. Ek vergewe hulle dat hulle my soms verwerp of minderwaardig laat voel het en ek haal hulle nou almal van my rug af, was hulle skoon in Jesus se bloed, en plaas hulle voor U troon. Ek bid dat U hulle sal seën, sodat hulle die res van hulle lewenspad met U sal stap, as liefdevolle en genadige God.
Ek spreek my broer/s en suster/s (en hulle eggenote) vry. Ek vergewe hulle vir enigiets wat hulle gesê of gedoen het, wat my dalk seergemaak, teleurgestel of tenagekom het. Ek haal elkeen afsonderlik van my rug af, was hulle skoon in Jesus Christus se bloed, en plaas hulle voor U troon. Seën hulle asb oorvloediglik Here, sodat hulle huwelike, kinders en hulle besighede geseënd sal wees, in Jesus Christus Naam.
Ek spreek al my ou skoolvriende, of oud-onderwysers vry wat my op skool geterg, verneder, verkleineer, seergemaak of telereurgestel het op enige ander wyse. Ek vergewe elkeen van hulle afsonderlik en haal hulle van my rug af, en was hulle skoon in Jesus Christus se bloed en plaas ek hulle elkeen voor U troon en ek bid dat U hulle sal seën sodat almal met U die pad sal stap in Jesus Christus naam.

Ek spreek al my vorige seksmaats vry. U weet wie elkeen van hulle was Here, manlik of vroulik. Ek vergewe elkeen van hulle vir hulle aandeel in die geestelike aanslag op my liggaam, my lewe en my huwelik. Ek breek elke sielsverbintenis of geestelike bloedverbond wat ek met elkeen van hulle gehad het af en haal hulle nou afsonderlik van my rug af. Ek was elkeen van hulle nou skoon in Jesus Christus se bloed en plaas hulle voor U troon. Ek bid dat hulle huwelike geseënd sal wees, dat hulle kinders geseënd sal wees en dat elkeen met U die pad sal stap as liefdevolle en genadige God.

Ek spreek die res van my familie/ skoonfamilie en werkskollegas vry wat my dalk seergemaak, teleurgestel of tenagekom het. U weet wie hulle was Here Jesus, want U was elke keer daar. Ek vergewe almal van hulle vir elke seermaak, woord of daad en haal hulle afsonderlik nou van my rug af, was hulle skoon in Jesus Christus se bloed en plaas hulle voor U troon. Seën hulle asb sodat hulle almal met U die pad sal stap.

Ek spreek my kinders vry vir enigiets wat hulle gesê of gedoen het wat my seergemaak of teleurgestel het. Hulle is my kinders Here. U het my geseën met hulle en ek dank U daarvoor. Ek haal hulle nou van my rug af, was hulle skoon in Jesus Christus se bloed en plaas hulle voor U troon. Seën hulle asb. Here Jesus sodat hulle die lewenspad met U sal wandel, met U as liefdevolle en genadige God.

Ek spreek ook my man/ vrou (óók eks-man of eks-vrou) vry vir enigiets wat hy/ sy gesê of gedoen het wat my seergemaak of teleurgestel het tydens ons huwelikslewe. Ek vergewe hom/ haar soos Jesus my volkome vergewe het, haal hom/ haar van my rug af, was hom/ haar skoon in Jesus se bloed en sit hom/ haar voor U troon neer. Here Jesus Christus bedek my en my gesin nou asb. met U bloed en seën ons as eenheid met U in beheer. Here, ek verklaar vandag, soos Joshua van ouds: "Ek en my huis, ons sal die Here dien!"
Soos ek hierdie laste van my skouers afhaal, en voor U troon neersit Here Jesus, los ek dit daar. Ek KIES nou om dit nie weer terug te vat nie. Ek kies nou om NET my Here JESUS CHRISTUS se juk op my skouers te laai, want die Woord bepaal tog duidelik: U juk is sag en U las is lig
Mat 11:30.

Ek spreek myself vry. Ek vergewe myself uit my hart uit vir al hierdie ou skuldgevoelens, skuldlaste, neg*tiewe gedagtes en neg*tiewe woorde wat ek oor myself gehad oor al die foute wat ek gemaak het, verkeerde besluite wat ek geneem het en verkeerde dinge wat ek gedoen het. Ek haal myself vandag van my rug af, was myself skoon in Jesus Christus se bloed en sit myself voor U troon neer, daar waar ek myself kan sien staan, rein, skoongewas deur Jesus Christus se bloed.

Here ek spreek U vandag vry, vir al die kere wat ek vanweë my onkunde U verkeerdelik verkwalik het oor dinge wat in my lewe verkeerd geloop het. Ek weet vandag dit was nie U nie Here, maar dat dit alles die LEUENS van satan was. Ek bid dat U my sal vergewe omdat ek U so verkeerdelik verkwalik het. Dankie Here dat ek weet, U vergewe my nou ook daarvoor, en met dankbaarheid aanvaar ek ook U vergifnis daarvoor.
Here, U Woord sê dat satan oorwin is vanweë die bloed van die Lam aan die kruis en die woord van die heiliges se getuienis
Open 12:11.
My getuienis is: ek is ñ bloedgewaste kind van Jesus Christus; ek is met eer en heerlikheid gekroon
Ps 8:6
Ek is meer as oorwinnaar deur Jesus Christus wat my liefhet
Rom 8:37
Ek is ñ prins/ prinses van God, U het my by my naam geroep, ek behoort aan U
Jes 43:1.

U Woord sê dat ek die mag het om op slange en skerpioene (satan en sy geeste) te trap
Luk 10:19
Dat as ek my aan U onderwerp en ek staan die duiwel teë, dat hy van my af sal wegvlug
Jak 4:7.
Daarom Here Jesus Christus, onderwerp ek my nou aan U. My gedagtes, liggaam, lewe, huwelik, my verhouding met my kinders, vriende, familie en met my werkskollegas, alles wat ek het en alles wat ek is, onderwerp ek opnuut nou aan U. Ek neem nou my outoriteit wat ek in die Naam van Jesus Christus het op, al is dit vir die eerste keer in my lewe Here, en ek eien dit vandag vir my toe dat ek die gesag het, in die Naam van Jesus Christus, om vir die satan en sy geeste te kan sê:
satan, luister mooi, jY, en al jou geeste wat my lewe probeer hel maak het, dit is vandag klaar. Ek is onder die beskerming van die bloed van my Here Jesus Christus en ek ontneem julle vandag alle wettige reg wat julle dalk nog d**k julle in my gedagtes, liggaam, huwelik, my verhouding met my familie, vriende, werkskollegas of enige ander area van my liggaam of lewe het. Ek breek vandag julle kettings af en ek verklaar julle werke nietig. Ek vernietig julle houvas op my lewe en ek beveel julle verdwyn en gaan na die droë waterlose plekke, die woestuin van die ewige verderf. Julle sal nie manufesteer nie. Julle sal nie in hierdie dorp bly nie. Julle sal nie in ander mense ingaan nie. Julle sal nie in enige diere ingaan nie.
Satan, julle verdwyn nou en jy vat nou saam met jou, al jou bose geeste:

Gees van LEUENS, jy het klaar vir my gelieg, en my gemisbruik om leuens te vertel. Ek het die Waarheid persoonlik ontmoet. Dis my Here Jesus Christus en daar is geen plek meer in my lewe vir LEUENS nie. Ek breek nou jou kettings van LEUENS af. Ek beveel jou om my te verlaat, in Jesus Christus se Naam!

Gees van VREES,
VREES vir die donker, finansies, toekoms, my kinders se toekoms, my huwelik. VREES oor enigiets breek ek nou af. Die Bybel sê God het nie vir my ñ gees van VREES gegee nie, maar van liefde, krag en selfbeheersing
2 Tim 1:7
en dit is hoe ek kies om te lewe van vandag af. Die Bybel sê volmaakte liefde dryf die vrees na buite
1 Joh 4:18.
Ek het daardie volmaakte liefde, want Jesus Christus is binne-in my Gal 2:20.
Daarom, gees van VREES, breek ek al jou kettings af en dryf ek jou uit my lewe uit, in die Naam van Jesus Christus!

Gees van AGGRESSIE, ek is ñ prins/ prinses van God en het my vandag opnuut aan God onderwerp. Daar is geen plek meer vir ongeduld, humeurigheid, of AGGRESSIE in my lewe nie. Ek breek nou jou kettings af en beveel jou om my te verlaat, in Jesus Christus se Naam!

Gees van REBELLIE, jy wat my van kleins af in opstand wou bring teen mense rondom my. Ek is ñ prins/ prinses van God en het my vandag finaal aan God onderwerp. Daar is geen plek meer vir enige vorm van opstand in my lewe nie en ek breek jou kettings nou af. Verdwyn uit my lewe uit, in Jesus Christus se Naam!

Gees van ONVERGIFNIS, jy het gehoor dat ek almal vrygespreek het wat my seergemaak het. Ek sal voortaan ook almal vryspreek soos my Here Jesus Christus se Heilige Gees dit aan my uitwys. Omdat ek almal vrygespreek het, sê die Bybel vir my ek is nou vry
Luk 6:37.
Jy het nie meer ñ reg in my lewe nie. Ek breek nou jou kettings af en beveel jou om my te verlaat, in Jesus Christus se Naam!

Gees van BITTERHEID, Daar is nie plek vir wrokke in my lewe nie. Daarom het ek almal vergewe en sal ek voortaan aanhou vergewe. Ek breek nou jou kettings af en jaag jou uit my lewe uit, in die Naam van Jesus Christus!

Gees van SWAARMOEDIGHEID, die Bybel sê die vreugde (blydskap) van die Here is my beskutting
Neh 8:11.
Ek kies om van vandag af in daardie vreugde te lewe, ongeag my omstandighede. Daar is nie meer plek vir moedeloosheid of swaarmoedigheid in my lewe nie en ek breek nou jou kettings af. Verdwyn in Jesus Christus se Naam!

Geeste van DEPRESSIE, MOEDELOOSHEID en NEGATIWITEIT, julle het geen wettige reg meer in my lewe nie. Julle probeer my in die g*t in trek, maar ek weier om julle verder toe te laat. Ek het die gees van VREES se kettings reeds gebreek en hom reeds beveel om my te verlaat. Daarom breek ek nou in die Naam van Jesus Christus ook julle kettings af en beveel julle om my te verlaat!

Gees van SELFMOORD, jy wil my liggaam steel, maar ek sal jou nie toelaat nie. Die Woord sê dat ek met ñ lang lewe geseënd is en ek kies om my lang lewe te lewe, tot eer van God en om julle teen te staan, ook in ander mense se lewens. Ek breek nou jou kettings van selfmoord om my gedagtes, my liggaam en my lewe af. Verdwyn in die Naam van Jesus Christus!

Gees van VERWERPING, jy wat van kleins af al saam met my kom en my vertel ek hoort nêrens nie, of dat ek nêrens inpas nie. Die Woord sê ek behoort aan die liggaam van Jesus Christus en aan die familie van Jesus Christus. Ek is NIE ñ verworpene nie. Ek breek nou jou kettings af, verdwyn in Jesus Christus Naam!

Gees van MINDERWAARDIGHEID, jy wat vir my sê ek is nie goed genoeg nie. Die Bybel sê ek is met eer en heerlikheid gekroon en ek is meer as ñ oorwinnaar deur Christus wat my liefhet. Ek is NIE minderwaardig nie en ek breek nou jou kettings af en jaag jou uit my lewe uit in Jesus Christus se Naam!

Gees van MISLUKKING en vrees vir mislukking, die Woord sê ek is ñ suksesverhaal in God se oë, en dit is al wat belangrik is. Ek is NIE ñ mislukking nie en ek hoef nie mislukking te vrees nie en ek waarsku jou vandag: enige mislukking wat jy in die toekoms op my pad wil bring, gaan my net sterker maak in my geloof in God. Verdwyn jy nou, in Jesus Christus se Naam!

Geeste van WELLUS, HOERERY en PERVERSIE, my liggaam behoort aan God en aan my huweliksmaat, en aan NIEMAND anders nie. Julle het gehoor ek het alle sielsverbintenisse met vorige seksmaats verbreek, so julle het geen reg meer in my liggaam of my lewe nie. Ek breek al julle kettings af om my gedagtes, my liggaam en my geslagsdele en ek beveel julle om my nou te verlaat, in Jesus Christus se Naam!

Gees van LASTERING, jy wat my laat vloek en skel, en veroordeel en kritiseer, daar staan geskrywe dat my mond net gebruik sal word om God te loof en te eer en mense op te bou, en nie af te breek nie. Ek breek jou kettings af om my gedagtes en my mond. Verdwyn uit my lewe uit, in Jesus Christus se Naam!

Gees van SLAWERNY/ VERSLAWING, jy het my liggaam lank genoeg vasgebind met allerhande vorme van verslawing. Met rook, drank, dwelms, seks, ooreet, dobbel, koopverslawing, kleptomanie, of watter ander vorm van verslawing ookal. Die Bybel sê my liggaam is ñ tempel van die God en ek weier om jou verder toe te laat om my tempel te skend met daardie verslawings. Ek wil self nie meer daardie dinge doen nie en ek breek nou jou kettings af en houvas op my gedagtes, liggaam, mond, smaakorgane, keel, longe, ingewande en ek beveel jou om my te verlaat, in die Naam van Jesus Christus!

Gees van MANIPULASIE, jy het my jare lank deur mense laat manipuleer en my ook gemisbruik om mense te manipuleer. Jou saad is vandag opgedroog en totniet in my lewe. Ek het my aan God onderwerp en ek gaan my voortaan slegs deur Sy Woord laat beheer. Ek breek nou jou kettings van manipulasie in my lewe en beveel jou om my te verlaat, in Jesus Christus se Naam!

Gees van MISLEIDING, jy het my lank genoeg mislei oor wie ek werklik IN Jesus CHRISTUS is. Ek het vandag my outoriteit in Jesus Christus opgeneem. Ek weet vandag ek is ñ prins/ prinses van God, met al die gesag van die Here agter my. Jy sal my nie weer mislei oor wie ek is nie en ek breek ook jou kettings af, verdwyn in Jesus Christus se Naam!

Gees van JALOESIE, jy het geen reg in my lewe nie. Ek het almal geseën wat ek iets teen gehad het, so ek breek jou kettings af en jaag jou uit my lewe uit, in Jesus Christus se Naam!

Gees van TROTS EN HOOGMOED, jy het geen reg in my lewe nie, want die Woord sê trots en hoogmoed is ñ gruwel in God se oë. Ek wil nederig wees soos my Here Jesus Christus en daarom breek ek nou jou kettings af. Verdwyn uit my lewe uit, in Jesus Christus se naam!

Geeste van HAAT en RASSISME, julle het my lank genoeg vasgebind met neg*tiwiteit teenoor mense met ander velkleur of kultuur as ek. Daar staan geskrywe dat ek ñ profeet vir die NASIES is, ongeag hulle velkleur of kultuur, so julle twee het geen wettige reg in my lewe meer nie. Ek breek julle kettings nou af en vervang dit met die liefde van Jesus Christus, sodat ek my werk kan doen om dissipels te maak van al die nasies.

Gees van VRYMESSELARY, ek verklaar al jou vloeke in my lewe nietig, in die Naam van Jesus Christus. Ek verloën alle ede wat enige van my voorgeslagte afgelê het en ook die prinsgeeste van Vrymesselary, en ek breek elke ketting af van Vrymesselary in my lewe, in die Naam van Jesus Christus. Julle verdwyn nou in Jesus Christus Naam!

Alle VLOEKE wat deur enige mense oor my uitgespreek is, breek ek nou af en verklaar dit nietig, in Jesus Christus se Naam. Ek spreek elkeen van daardie mense vry, wie hulle ookal was en wat hulle ookal gesê het, vergewe ek hulle voor en ek breek elke ketting af wat enige bose geeste deur daardie vloeke oor my lewe wou span, in die Naam van Jesus Christus!

Enige BLOEDLYNVLOEKE wat deur my familielyn na my toe gekom het, breek ek nou af en verklaar ek nietig, in Jesus Christus se Naam. Of dit aggressie is, verslawing, of enigiets anders, ek breek nou daardie vloeke en ek beveel alle bose geeste wat daardie vloeke na my toe aangebring het om my nou te verlaat, in die Naam van Jesus Christus!

MAMMON, jy het geen reg oor my finansies nie. God is my bron, Hy is my Voorsiener en Hy is die meer as genoeg God. Ek dien Hom, ek dien jou nie. Ek verloën jou nou. Ek breek nou jou kettings af oor my gedagtes en my finansies, verdwyn in Jesus Christus se Naam!

Gees van ARMOEDE, jy het ook geen reg oor my finansies nie en ek breek jou kettings oor my lewe en finansies af. Verdwyn in Jesus Christus se Naam!

Gees van KRANKHEID, jou houvas op my lewe en liggaam is ook vandag gebreek. Jy het vandag gehoor dat ek almal vrygespreek het en ontslae geraak het van enige ONVERGIFNIS, BITTERHEID en REBELLIE in my lewe. Ek breek nou al jou kettings in my liggaam af, die Bybel sê Jesus se wonde het vir my genesing gebring. Ek dryf jou uit my lewe en uit my liggaam uit, in Jesus Christus se Naam!

STOM EN DOWE gees, jy wou van kleins af my lewe steel, maar God het my beskerm. Jy het geen reg in my lewe nie en ek breek jou kettings nou af. Verdwyn uit my lewe uit, in Jesus Christus se Naam!

Gees van GODSDIENS, jy wou my laat twyfel in die krag van God se Woord en in die waarheid daarvan. Ek het die Waarheid persoonlik ontmoet. Sy Naam is Jesus Christus en daar is geen plek in my lewe vir twyfel meer nie. Ek jaag jou uit my lewe uit, in Jesus Christus se Naam!

Geeste van DWALING EN VERWARRING, LUIHEID, en GEDAGTEBEHEER, julle wat my gedagtes laat dwaal as ek wil Bybel lees, of bid, of in die kerk sit. Julle sal my nie weer keer om te konsentreer op God en Sy Woord nie. Ek breek nou julle kettings af, verdwyn in Jesus Christus se Naam!

Geeste van die OKKULTE, HEKSERY en TOWERY, julle het geen reg op my liggaam of my lewe, vanweë enige okkultiese speletjies wat ek in die verlede gespeel het nie. Ek het my aan God onderwerp en breek nou julle kettings af, in Jesus Christus se Naam!

Gees van WAARSÊERY, jy het geen reg in my lewe deur die horoscope, of enige ander vorm van waarsêery of fortuinvertellery in my lewe nie. Ek breek jou kettings af en jaag jou uit my lewe uit, in Jesus Christus se Naam!

ANTICHRIS gees, jy wat my van God wou wegtrek en wou gehad het ek moet God verloën. Ek het my opnuut aan God onderwerp vandag en ek verloën jou nou. Verdwyn uit my lewe uit, in Jesus Christus se Naam!
HERE JESUS Christus, dankie vir die bloed aan die kruis, wat my reinig, wat my skoonwas en wat my so pas losgesny het van al die kettings van duisternis in my lewe. Ek eien vandag vir my toe Here, omdat ek my nou aan U onderwerp het en ek die duiwel en sy geeste nou teengestaan het, vlug hulle van my af weg, want U Woord is duidelik daaroor
Jak 4:7. Daarom bid ek, Here Jesus, dat U bloed nou deur my sal vloei en alles sal wegbrand wat nie hier hoort nie, en alles sal heelmaak wat nog stukkend is. Verseel elke in-en uitggang van my met U kosbare bloed van die kruisiging.

Here Jesus vervul dit vandag met U krag, want Here, ek kan niks doen en ek wil niks doen, sonder U krag nie. Vervul asseblief my huis (liggaam) met U Gees, sodat die onrein geeste wat ek nou weggestuur het, geen plek sal vind om in te kom woon as hulle terugkeer van die droë waterlose plekke die woestyn van die ewige verderf af nie
Mat 12:43-45.
Here Jesus, ek bid dat U my self vanuit U Woord sal leer wat U wil hê ek moet doen en hoe U wil hê ek in oorwinning moet lewe. Gee my asseblief ñ nuwe honger na U Woord, sodat ek die Bybel sal begin lees soos nog nooit voorheen in my lewe nie, en breek asseblief die Woord vir my oop, sodat ek dit kan begin verstaan, soos nog nooit voorheen in my lewe nie.

Ek dank u Here Jesus, dat ek vandag kan glo en weet, ek staan REIN EN VRY, voor U troon, in Jesus Christus se Naam!

Address

Cape Town

Telephone

+27812707014

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gospel sangeres vir Jesus & almal posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Gospel sangeres vir Jesus & almal:

Share