03/03/2024
Die gemeenskap van Saldanhabaai het 'n aansienlike hupstoot gekry in hul pogings om die vermiste Joslin Smith (7) op te spoor.
Sulke onbaatsugtige opoffering is laas op die Kaapse Vlakte gesien ná die verdwyning van klein Courtney Pieters.
Deur die spreekwoordelikeratte van die huidige soektog te olie, het Patriotic Alliance (PA) se leier, Gayton McKenzie, 'n beloning van R250 000 aangebied aan enigiemand met inligting oor waar Joslin haar mag bevind.
McKenzie (prez) wat dag en nag met sy voete op die grond tussen die mense is, het die week die Wes-Kaapse premier, en die polisie sterk aangemoedig om op te tree, oftewél hul werk te doen.
Politricks of nié, die Patriotic Alliance praat met die mense, en hulle mobiliseer en verenig nou die eens gemarginaliseerde en geïgnoreerde Bruin-gemeenskappe binne daardie betrokke Weskusstreek.
Nou, as hulle dit vir die dogtertjie van 'n selferkende tikkop-ma kan doen, wat meer kan hulle vir die res van ons doen as hulle net die kans moet kry by die stembus.
Ek tilt my hoed na die Patriotic Alliance.
Wel gedaan. Hou so aan.... en moenie Baiza nie!!