God het weereens ‘n wonderlike sin vir humor gewys, toe InAlles in 2019 gebore is in Benoni, met Kapenaars wat langs die Carmalietiese klooster ‘n bottel rooi geniet! InAlles word gelei deur drie vriende, Anna-lize, Nada en Hannelore wat as mede pelgrims die kontemplatiewe reis saam stap en dikwels struikel. Hulle het ‘n gedeelde passie om medereisigers langs die pad te ontmoet en te help om diep
asem te haal. Om God in alles te vind, is die kern van Ignatius van Loyola, stigter van die Jesuits, se spiritualiteit. Om geloof in die alledaagse lewe te ervaar is gewortel in ons groeiende bewustheid dat ons God in elkeen, op enige plek en in alles kan vind. InAlles se droom is om spasies te skep waar jy, as geliefde van God, kan asem haal en jouself in ‘n spasie kan plaas om die waarheid te hoor te midde van ‘n gejaagde wêreld. "It is finding God in all things - the visible world is plunged with invisibility. God is in creation as I am in my body"
InAlles fasiliteer groei geleenthede soos stiloggende, retreats, stilword sessies, en geestelike begeleiding. Indien jy belangstel in enige van hierdie kan jy gerus op die WhatsApp knoppie klik of aansluit by die InAlles WhatsApp groep (sien uitnodiging hieronder) om op hoogte te bly van al die gebeure. InAlles WhatsApp Groep Uitnodiging:
https://chat.whatsapp.com/L6QZpdr9JffJSQzWzsBM4F