30/10/2025
Altare.
Los die gevegte van altare vir altare. Altare is geestelik systems wat geeste bemagtig om op die aarde te kom( om dit so te stel). Die aarde is aan die mense gegee en die Hemel is vir die Here ensv. Dis geestelike wet wat God self nie breek nie.Enige iets wat God wil doen sal hy altyd Sy Boodskappers benader. Hy doen niks tensy Hy Sy diensknegte geraadpleeg het nie. Onthou toe Hy S***m en Gomorra verwoes het, het Hy met Abraham gepraat. Ons vertaling se God het wegedraai maar Griekse vertaling se Abraham het wegedraai. Elk geval die aarde is nie gegee aan demone nie, maar aan die mensekinders. Dis hoekom God ook deur n vrou na die aarde gekom het. Ja op dieselfde manier. Dis waar Altare inkom want n altaar is n poort wat geeste channel. Ons ken die verhaal van Jakob wat gevlug het, en op n sekere plek gekom het. Waar hy n klip gevat het en met sy kop daarop gerus het. Nou wat Jakob nie was dat dit was dieselfde plek waar sy oupa Abraham n altaar gebou het toe hy nog nie eens gebore was nie. Wat se dit vir my en u. Altare kan nie uitsterwe nie of word nie oud nie. Dit praat vir geslagte. So daardie selfde nag droom hy van n leer wat tot die Hemel reik en Engele sien op en af beweeg. En God staan bo die punt van leer en stel Homself voor aan Jakob en gee hom die generational beloftes. Toe hy wakker skrik toe se hy dis niks anders as die huis van God. Beteken die plek is n poort na die Hemel. Dis n heilige altaar waar Engele op en af beweeg. Nou netso is daar evil altare wat demone traffic. Altare is gates. Wanneer tokolosies, katte, of muise jou aanval kom dit van n altaar. Geeste is aangetrokke tot altare. Die Profeet of sangoma reguleer die geeste deur n altaar. Weet dit klink snaaks maar dis hoe dit werk. Ons sien n geval in 1Samuel 7 waar Profeet Samuel nie gebid het toe die Filistyne Israel aangeval het nie, want dit was nie n Fisiese aanval of n geveg nie. Die Filistyne kom in die naam van hul Gode. So dis geestelike geveg. Bybel se Profeet Samuel het n altaar opgerig en n suiglam op altaar gele en aan God geoffer. Die Filisstyne het toe gevlug voor Israel. Nie alle gevegte veg jy met gebed en vas nie. Dis waar geestelike wysheid en insig kom. Ons wil vlees gees beveg met vlees. Sommige gevegte moet jy benader met n offer. As jy al jare bid en niks verander nie, apply spiritual wisdom. Nie van die wereld nie maar van Bo. Los gevegte van Altare vir Altare.
............To be continue