05/01/2025
Leer om mense te vergewe!
Ek verstaan dat mense jou so kan seer maak dat jy nie kans sien om mense te vergewe nie,maar kom ek sê jou dat God vergewe nie jou oortredinge as jy nie jou mede mense se oortredinge vergewe nie.(Matt 6:14)
Daar is mense wat nie kan ontvang van die Here nie,omdat hulle nog mense in hulle hart dra.
Vergewe mene,spreek hulle vry.
Wat as jy jou eie deurbraak vashou omdat jy weier om mense te vergewe?
Hoe kan jy sê dat jy God lief het, maar jy haat mense.
Vergewe daardie persoon al is hulle nie jammer nie,want vergifnis maak jou vry.