Caledon Moedergemeente

Caledon Moedergemeente Deel van die NGK familie. Ons gee graag God se hoop en liefde aan!

28/06/2021
24/05/2021
19/01/2021

Geroep deur Jesus om Hom na te volg deur Sy hoop en liefde aan te gee daar waar jy en ek nou leef!

Gebruik gerus as deel van jou navolging van Jesus!
18/01/2021

Gebruik gerus as deel van jou navolging van Jesus!

Die reeks meditasies vir die Week van Gebed 2021 is vanjaar voorberei deur dr Eddie Orsmond van Wellington.

Die reeks besin vanuit die Skrif oor gebed in ons “binneste kamer” – die wesenlike fasette van ‘n . Dit is goed as individuele gelowiges, gemeentes in die NG Kerkfamilie en gerus ook gemeentes uit ander kerkgenootskappe die jaar 2021 kan ingaan met ‘n nadenke oor en ‘n oefening in die intimiteit van gebed in ons binneste kamer. Vandaar uit kan ons dan elke dag die nuwe uitdagings van 2021 aanpak, getroos, versterk, gelei en geborge in ‘n innige verhouding met ons Here.

Oor die samesteller:
Edward Orsmond het ‘n DPhil graad in Filosofie en ‘n MTh graag in Nuwe Testament Studies aan die Universiteit Stellenbosch behaal. Hy werk tans aan die Fakulteit Teologie van die Universiteit van Stellenbosch as leraar in diens van die Wes-Kaap Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NG Kerk). In hierdie pos is hy verantwoordelik vir die bestuur van die seminarie-programme met die oog op geloofs- en bedieningsvorming ter voorbereiding van NG Kerk se studente vir die gemeentelike bediening. Tot aan die einde van Januarie 2018 het Orsmond die NG Gemeente Simondium, geleë tussen die Paarl en Franschhoek in die Westelike Provinsie van Suid Afrika, as leraar bedien. Hy neem leiding in ‘n projek wat elke jaar bedieningsmateraal, wat gebaseer is op die Revised Common Lectionary, vir leraars/pastors en gemeentes ontwikkel. Die projek is reeds vir 25 jaar aan die gang. Huidig stel dit jaarliks twee produkte beskikbaar: ‘n preek en liturgiese werksboek vir leraars en dan ook daaglikse oordenking met riglyne vir geloofsvorming.

Laai die AFRIKAANS hier af: https://bit.ly/2LXSG9Z
ENGELS: https://bit.ly/3nT6kZb

04/01/2021

A blessing for 2021!

24/12/2020

Erediens op Kersdag om 09:00.
Prediker: ds Jannie Hougaard
Ons handhaaf steeds Covid-riglyne!

24/12/2020

COVID is met ons dié Kersfees. Lees meer oor die vergadering wat Llewellyn MacMaster (URCSA CAPE), Nioma Venter (Diaconia Weskaap), Braam Hanekom (Sentrum vir Publieke Getuienis) en ander geloofsleiers met senior lede van die Wes-Kaap regering bygewoon het.

Ons bly steeds by die Covid protokol!
21/12/2020

Ons bly steeds by die Covid protokol!

Kom ons geniet ’n veilige somer deur te sorg dat ons onsself & mekaar beskerm. Hier is ’n paar eenvoudige wenke vir die doeltreffendste maniere om te keer dat die virus versprei. Dis somer! 🌞 Kom ons hou ons geliefdes veilig & versprei net vreugde in die feestyd. ⬇️ Besoek https://bit.ly/3oNIGyf vir meer hulpbronne.

Address

Hoopstraat 3
Caledon
7230

Telephone

+27282121202

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Caledon Moedergemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Caledon Moedergemeente:

Share