Voetspore vir Jesus Evangelisasie

Voetspore vir Jesus Evangelisasie How did God touch you? Be a witness and share your encounter with Jesus or your miracle.

02/04/2026

Die Here is my herder, ek kom NIKS kort nie... dankie Jesus đŸ’„

✝ Die betekenis van PalmsondagPalmsondag wys vir ons:Nederigheid – Jesus kom nie op ’n perd soos ’n koning van oorlog n...
29/03/2026

✝ Die betekenis van Palmsondag
Palmsondag wys vir ons:
Nederigheid – Jesus kom nie op ’n perd soos ’n koning van oorlog nie, maar op ’n donkie
Aanvaarding – Die mense verwelkom Hom, maar baie sou later teen Hom draai
Begin van die lydensweek – Dit lei na Goeie Vrydag en uiteindelik na Paasfees
🙏 Wat beteken dit vir ons vandag?
Palmsondag herinner ons om:
Jesus as Koning in ons lewens te aanvaar
Hom met opregte harte te volg
Nie net vir ’n oomblik opgewonde te wees nie, maar getrou te bly

18/03/2026

DIE KRUIS
I KORINTHIËRS 1:17-18
[17] WANT Christus het my nie gestuur om te doop nie, maar om die evangelie te verkondig, nie met wysheid van woorde nie, sodat die kruis van Christus nie verydel mag word nie. [18] Want die woord van die kruis is wel dwaasheid vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God;

Paulus wou nie mense beĂŻndruk met slim praatjies nie. Hoekom?
Want menslike “wysheid” kan die krag van die kruis wegvat.
As die boodskap afhanklik raak van hoe mooi jy praat, kyk mense na jou — nie na Jesus nie.

Die krag lĂȘ nie in die spreker nie, maar in die boodskap van die kruis.

Mooi loop
✝JESUS IS THE SON OF GOD✝

JESUS VERGEET MY NIELUKAS 23:42-43[42] En hy sĂȘ vir Jesus: D**k aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom. [43] En Jesu...
14/03/2026

JESUS VERGEET MY NIE

LUKAS 23:42-43
[42] En hy sĂȘ vir Jesus: D**k aan my, Here, wanneer U in u koninkryk kom.
[43] En Jesus antwoord hom: Voorwaar Ek sĂȘ vir jou, vandag sal jy saam met My in die Paradys wees.

Die een het Jesus bespot.
Die ander een het erken dat Jesus onskuldig is en dat Hy ’n Koning is.
Hy wys geloof en berou op die laaste oomblik van sy lewe.

Jesus se antwoord beteken die volgende belangrike dinge.

1. Genade
Die man kon niks meer doen om sy lewe reg te maak nie.
Maar Jesus se genade red hom.
2. Geloof red
Hy is nie gedoop of het goeie werke gedoen nie — hy het net geglo.
3. Versekering van ewige lewe
Jesus gee onmiddellik sekerheid van redding

Mooi loop
✝JESUS IS THE SON OF GOD✝

✝JESUS IS THE SON OF GOD✝
07/03/2026

✝JESUS IS THE SON OF GOD✝

Dankie, Here Jesus, vir die voorreg en geleentheid om U te dien by School of Fire en Herbou. Dankie vir die werk wat U d...
06/03/2026

Dankie, Here Jesus, vir die voorreg en geleentheid om U te dien by School of Fire en Herbou. Dankie vir die werk wat U daar doen en dat ek deel daarvan kan wees. Gebruik my lewe tot eer van U Naam. Amen.
✝JESUS IS THE SON OF GOD✝

MAAK OOPGoeie mĂŽre almal.OPENBARING 3:20Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak...
04/03/2026

MAAK OOP

Goeie mĂŽre almal.

OPENBARING 3:20
Kyk, Ek staan by die deur en Ek klop. As iemand my stem hoor en die deur oopmaak, sal Ek ingaan na hom toe en saam met hom maaltyd hou, en hy met My.

Om die deur oop te maak beteken persoonlik om Jesus binne te laat — om Hom te vertrou, te volg, en ‘n verhouding met Hom te hĂȘ. Gaan jy vandag oopmaak?*

Mooi dag
✝JESUS IS THE SON OF GOD✝

DIE KRUISGoeie mĂŽre almal,Die pad van die kruis is nie maklik nie. Om die kruis op te neem beteken nie om jou sonde self...
03/03/2026

DIE KRUIS
Goeie mĂŽre almal,

Die pad van die kruis is nie maklik nie. Om die kruis op te neem beteken nie om jou sonde self te dra nie. Dit beteken dat ons elke dag leef soos Jesus geleef het.

MATTHÉÜS 16:24
TOE sĂȘ Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloĂ«n en sy kruis opneem en My volg.

Mooi loop.
✝Jesus is the Son of God✝

Goeie mĂŽre almal hier vanuit n vroeg warm Noord Kaap, ek groet julle vanoggend in die wonderlike Naam van Jesus. As jy d...
03/02/2026

Goeie mĂŽre almal hier vanuit n vroeg warm Noord Kaap, ek groet julle vanoggend in die wonderlike Naam van Jesus.

As jy dalk vanoggend nog gewonder het oor wat jou doel hier is dan *is* hierdie ook vir jou! Verder gee Jesus vir ons die "wen resep" verniet! Wow kyk net hier.

1983 vertaling
JEREMIA 29:11-12

[11] Ek weet wat Ek vir julle beplan, sĂȘ die Here: voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!
[12] Dan sal julle My aanroep, tot My kom bid, en Ek sal julle gebede verhoor.

*Gebed*
Vader ons dank U vanoggend vir hierdie skrif en bid vir U leiding. Al wat U vra is dat ons U sal volg en voluit dien. Amen

GeseĂ«nde dag vir almal 🙌

16/01/2026
30/12/2025

MATTHÉÜS 4:19-20 1953 Vertaling

[19] En Hy sĂȘ vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal julle vissers van mense maak.
[20] En hulle het dadelik die nette laat staan en Hom gevolg.

Kerssangdiens Living Christian Church.
21/12/2025

Kerssangdiens Living Christian Church.

Address

3 Jan Greyling
Burgersdorp
9744

Opening Hours

18:30 - 21:00

Telephone

+27792114205

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Voetspore vir Jesus Evangelisasie posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Voetspore vir Jesus Evangelisasie:

Share