Gereformeerde Kerk Krokodilrivier

Gereformeerde Kerk Krokodilrivier Gereformeerde Kerk Krokodilrivier Die gemeente strek vanaf Brits tot anderkant Beestekraal.

Ons gemeente het die wonderlike voorreg om hier op die plaas (12 km noord van Brits) op die walle van die Krokodilrivier geleë te wees. Daar word elke Sondag by sowel Soutpansdrift as Beestekraal eredienste gehou. Ons streef daarna om hier in ons omgewing die Here se lig en sy liefde prakties sigbaar maak. Daarom stel ons die volgende as ons roeping:
OM MEKAAR IN CHRISTUS SO OP TE BOU DAT ONS SO

UT EN LIG KAN WEES. Ons glo dat die Here ons geroep het om die gereformeerde leer op so 'n manier te ondersoek en uit te leef dat ons, na binne en na buite, 'n verskil in mense se lewens kan maak. Ons stel onsself in ons Koning se diens en doen dit gedurig onder die kragtige leiding van die Heilige Gees. Om saam ons roeping uit te leef, bedien ons mekaar in wyke wat sommige as tradisionele wyke en ander as kleingroepe funksioneer. Ons het 'n sterk evangelisasie gerigtheid en daarom kan lidmate die opdrag van ons Here Jesus, om dissipels te maak, gehoorsaam. Lidmate kan op grond van hulle onderskeie gawes by verskillende diensgroepe inskakel wat in die gemeente en gemeenskap met uitreik-aksies besig is. Die jeug is die toekoms en daarom doen ons veral moeite om ons jongmense op 'n besondere wyse te bedien. Van kleuters tot naskoolse jeug word spesiaal bedien om in die geloof te kan groei en self diensbaar te word.

07/09/2026

Psalm 130:1-4 AFR20
[1] 'n •Pelgrimslied. Uit die dieptes roep ek na U, Here. [2] My Heer, hoor tog my stem, laat u ore aandagtig luister na my smeekbedes. [3] As U sondeskuld toereken, Here – my Heer, wie kan dan staande bly? [4] Maar by U is daar vergifnis, sodat U ontsag afdwing.

06/09/2026

Tema: Die room van God se beloftes is die motivering vir n heilige lewe.

05/09/2026

Psalm 129:5-8 AFR20
[5] Mag almal wat Sion haat, beskaamd staan en terugdeins. [6] Mag hulle wees soos gras op dakke, wat verdroog voordat dit uitgetrek word, [7] wat nooit die handpalm vul van een wat oes, of die vou van die kleed van een wat gerwe bind nie. [8] En mag verbygangers nie sê nie: “Die seën van die Here vir julle; ons seën julle in die Naam van die Here.”

05/09/2026

Sondag
6 September '26 DV.

Tema:
Die room van God se beloftes is die motivering vir 'n heilige lewe.

Skriflesing:
2 Korintiërs 6:14-7:1.

Teks:
2 Korintiërs 7:1.

03/09/2026

Psalm 129:1-4 AFR20
[1] 'n •Pelgrimslied. Van my jeug af het hulle my dikwels aangeval – laat Israel dit sê – [2] van my jeug af het hulle my dikwels aangeval, tog kon hulle nie oor my die oorhand kry nie. [3] Ploeërs het oor my rug geploeg, hulle ploegvore lank getrek; [4] maar die Here is regverdig – Hy het die goddeloses se toue stukkend gesny.

02/09/2026

Psalm 128:5-6 AFR20
[5] Mag die Here jou seën uit Sion, sodat jy al die dae van jou lewe die goeie van Jerusalem sal geniet, [6] en mag jy jou kinders se kinders sien. Vrede oor Israel!

01/09/2026

Psalm 128:1-4 AFR20
[1] 'n •Pelgrimslied. Gelukkig is elkeen wat vir die Here ontsag het, wat sy paaie volg! [2] Die vrug van jou hande sal jy beslis geniet. Gelukkig is jy! Dit gaan goed met jou. [3] Jou vrou is soos 'n vrugbare wingerdstok in die binnekamers van jou huis. Jou kinders is soos olyfboompies om jou tafel. [4] Kyk, so sal die man geseën word wat vir die Here ontsag het.

31/08/2026

Psalm 127:3-5 AFR20
[3] Kyk, seuns is 'n erfdeel wat van die Here kom; die vrug van die moederskoot is 'n beloning. [4] Soos pyle in die hand van 'n krygsheld, so is die seuns van jou jeug. [5] Gelukkig is die man wat sy pylkoker met hulle gevul het. Hulle sal nie beskaamd staan wanneer hulle met vyande in die stadspoort woorde wissel nie.

30/08/2026

30 Augustus 2026

30/08/2026

30 Augustus 2026

Address

Soutpansdrif Posbus 572
Brits
0250

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Krokodilrivier posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share