NG Moedergemeente Bothaville

NG Moedergemeente Bothaville Die NG gemeente Bothaville is 'n gemeente in die Vrystaatse Sinode van die Nederduitse Gereformeerde Kerk met sy middelpunt op die dorp Bothaville. C.J.

Dit is die moedergemeente van die dorp, en is gestig in Oktober 1891 met Ds. Snyman as eerste leraar.

“Die God wat my sien.”Saterdag, 25 Julie 2026 het die NG Kerk Bothaville Moedergemeente se Vrouediens die voorreg gehad ...
30/07/2026

“Die God wat my sien.”
Saterdag, 25 Julie 2026 het die NG Kerk Bothaville Moedergemeente se Vrouediens die voorreg gehad om ‘n damesoggend vir 130 vroue aan te bied met Lizelle Coetzer wat tydens die geleentheid ‘n kragtige getuienis gelewer het.
‘n Vars reuk van gekneusde roosmaryn en vars suurlemoene🍋🍋 het die saal gevul. Die tafels was keurig met geel en groen gedek en die spyseniering was weereens uit die boonste rakke.
Aldine Venter het die geleentheid geopen met die voorlesing van die treffende woorde van die liedjie van Onbeskaamd –
“Die Een wat my sien”
en het ook verwys na Gen 16:13 met Hagar se woorde :
”U is die God wat my sien. Het ek werklik die Een gesien wat my sien?”.
Dit was dan ook Lizelle Coetzer se tema van haar getuienis. U kan Lizelle se getuienis volg op YouTube https://www.youtube.com/watch?v=d5UNtpvl5jc&t=22s
Ons dank aan elke vrou wat op ‘n koue Vrystraatse oggend die funksie bygewoon het, elke bestuurslid wat betrokke was met die voorbereidings en ‘n spesiale dank aan Corné Allen vir haar leiding en entoesiasme om van die oggend ‘n reuse sukses te gemaak het.💐💐

CAPRIVI 2026. So vertrek n klein groepie lidmate van Bothavillegemeentes, Vrede en Kroonheuwel-Noord op 2026 se uitreik ...
26/06/2026

CAPRIVI 2026. So vertrek n klein groepie lidmate van Bothavillegemeentes, Vrede en Kroonheuwel-Noord op 2026 se uitreik aan die Caprivi.

“Mag die Here julle ryklik seën en julle bewaar. Mag Hy Sy aangesig oor julle laat skyn en julle genadig wees. Ons bid dat Hy julle sal gebruik as 'n instrument van Sy vrede, genesing en hoop waar julle ook al gaan. Mag julle Sy teenwoordigheid in elke situasie ervaar en veilig terugkeer. Sterkte met die uitreik!"

Vrede : Ilse Lombard, Zurike Portwig Bothaville: Ds Dylan Allen, Elize Halliday, Liza Halliday ,Nicole Davids, Jan van Staden, Jandre Nel,
Bothaville-Noord : Carla Jooste
Kroonheuwel-Noord: Danie Brummer, Johan du Plessis, Wian Pienaar en Adian van Wyk

24/06/2026

TOEKA-TOT-NOU. Sondag, 21 Junie 2026 het die NG Kerk Bothaville Moedergemeente hul jaarlikse "Toeka-tot-nou" gevier. Hoede is afgestof en selfs n paar veteraan motors is blink gepoets vir die geleentheid.

Basaar 30 Mei 2026.
20/05/2026

Basaar 30 Mei 2026.

Address

Kerkstraat Nr 5
Bothaville
9660

Telephone

+27565152194

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Moedergemeente Bothaville posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Moedergemeente Bothaville:

Share