06/12/2025
‘n Kerssangdiens kan sinvol ingerig word rondom die 1700- jarige viering van die Ekumeniese Geloofsbelydenis van Nicéa (325nC).
Dit raakpunt is nie dat St Nicolaas (Sinterklaas, die man met die rooi oorpak en takbokke en slee! wat geskenke deur skoorstene laat afgly), die biskop van Maya, by die Konsillie teenwoordig was nie! Legende lui dat hy uit magteloosheid Arius tydens vurige debat oor die ontstaan van Jesus, en soos wat Arius geglo het, Jesus nie altyd God was nie, met die vuis op die neus geslaan het. St Nicolaas is toe uit die konsilliie verban. Kort voor sluitingstyd het hy berou getoon en is weer toegelaat tot die vergadering!
Nee, daar is n diepgewortelde rede vir n sterk verband tussen Nicéa en Kersfees.
Die grootste teologiese stryd in die bykans 2000 jaar van die bestaan van die Christelike kerk is deur Arius aangewakker toe hy sê die Vader alleen is God. Die Logos of die Seun, is deur God uit niks geskep nog voordat Hy enige iets geskep het. Daar was dus n tyd dat die Seun nie bestaan het nie. Daarom is die Logos die eerste en grootste van alles wat God geskep het. Hy was die naaste aan God van alles wat geskep is, en deur Hom het God alles geskep. Maar net die Vader was God, ewiglik, ongeskep. Deur hierdie lering het Arius geglo dat hy die fundamentele waarheid van die monoteisme handhaaf: daar is net één God, ewig, ongeskep.
Om die goddelike natuur van Jesus Christus te bely, beteken om naas God die Vader, n tweede God te bely, naamlik Jesus Christus. En dit is n ooglopende weerspreking van alles wat ons in die Skrif leer!
Dit was n jong man genaamd Athanasius (hoe benodig ons net nie in die kerk mense met vlymskerp insig nie!) wat buite die Bybel om, vanuit die Griekse filosofie, navore kom met die begrip ‘homoousios’, (homo = dieselfde; oudios = wese).
Daarmee het Athanasius n belydenis oor Jesus Christus bed**k: Jesus is van dieselfde wese as die Vader! Jesus is God! Die woord ‘homoousios’ kan byvoorbeeld uitgedruk word in n kers war deur n ander kers verlig word: twee kerse, maar een en dieselfde lig! Soortgelyk die son en sy ligstrale! Een wese en onskeibaar. Augustinus se beeld is ook aangrypend: ek kan in my verbeelding my verbeelding verbeeld!
Daarom het die Konsillie tot formulering kon oorgaan: “ … en in een Heer, Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, gebore uit die Vader voor alle tye; (God uit God) Lig uit Lig, waaragtige God uit
waaragtige God, verwek, nie gemaak nie,een in wese met die Vader; deur wie alle dinge ontstaan het; wat ter wille van ons, die mense, en ter wille van ons saligheid, neergedaal het uit die hemel, vlees geword het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria,
en mens geword het, wat selfs vir ons gekruisig is…”
Dit is die diepste rede vir kersfeesviering! God word mens! Een Heer… God uit God, Lig uit Lig, waaragtige God uit waaragtige God, …