Die Spoorwegbode

Die Spoorwegbode Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Die Spoorwegbode, Religious Center, Boksburg.

30/05/2026

Kontaknommer vir Spoorwegbodes -
Annelie 082 343 3164

04/01/2025

DIE WONDER VAN WEERGEBOORTE

‘N MENS MAG miskien tot ‘n groot mate daarin slaag om ‘n goeie, godsdienstige en voorbeeldige lewe te ly, maar niemand kan met welslae die WEERGEBOORTE na-aap nie. Jy kan die Bybel uit jou kop ken en al die moontlike eksamens in teologie geslaag het, maar as jy nie weergebore is nie, kan hierdie dinge die feit nooit verberg nie.
Die weergeboorte is ‘n bonatuurlike werk van God, en geen mens kan in sy eie krag iets daartoe bydra nie. Dit is ‘n wonderwerk wat op geheimsinnige wyse in die siel van ‘n sondaar plaasvind sodra hy sy sondes in ware berou voor die Here bely en Hom in die geloof as sy persoonlike Saligmaker aanneem, terwyl hy homself onvoorwaardelik aan Christus oorgee en hom heelhartiglik aan die wêreld onttrek. As hy dit doen is God getrou en regverdig om Sy deel te doen (1 Joh 1:9) en siedaar! ‘n NUWE skepsel met ‘n NUWE natuur wat spontaan en sonder enige inspanning die weë van die Here bewandel, die wil van God soek en hom in die dinge van die Here verlustig, terwyl hy die sonde verafsku waarin hy vroeë behae gehad het (2 Kor 5:17).
Die evangelie van die Kruis is en bly die Krag van God tot saligheid vir die een wat glo (1 Kor 1:18)
Mense kan die waarhede van die Bybel in twyfel trek en godsdienstige oortuigings weg redeneer, maar hulle kan die weergeboorte nie verklaar of weerlê nie. Waaragtige bekering en ‘n daadwerklike weergeboorte is ‘n absolute noodsaaklikheid as u meen om die ewige lewe te beërwe (Joh 3:5). “As IEMAND nie Weer Gebore word nie, kan hy die Koninkryk van God nie sien nie.” (Joh 3:3)

04/01/2025

‘N NUWE SKEPSEL

ONS LEWE IN ‘N TYD waarin mense tot bekering kom sonder om weer gebore te word. Die ou dinge het nie verby gegaan nie – alles het nie nuut geword nie. Daar is geen verandering by hulle te bespeur nie.
Die moderne opvatting is dat dat ‘n mens sommer so van kleins af in dié dinge ingroei – dat jy maar altyd ‘n kind van die Here was en dit net moet glo en aanvaar. En nou lewe jy onbekommerd voort, want jy is op pad hemel toe, al verskil jy niks van ‘n wêreldling nie! Hierdie onsin is egter strydig met God se Woord. Iemand wat weer gebore word uit die Gees van God, ondergaan ‘n radikale verandering – hy word ‘n NUWE SKEPSEL (2 Kor 5:17) Hy haat wat hy voorheen bemin het, en bemin wat hy voorheen gehaat het. Hy het ‘n getuienis van sy redding, en die Heilige Gees getuig saam met sy gees dat hy ‘n kind van God is. (Rom 8:16)
Hoe kan ‘n mens dood wees en lewendig word sonder om daarvan te weet? Hoe kan ‘n mens uit die duisternis oorgaan in die lig sonder dat jy dit agterkom? Die Bybel stel die eis vir die verwerwing van die Ewige Lewe so hoog dat die ONWEERGEBORE mens geen hoop het om daar by te kom nie. “Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is MIN wat dit vind.”

04/01/2025

Address

Boksburg

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Spoorwegbode posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share