Ooshoek NG-Kerk

Ooshoek NG-Kerk Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from Ooshoek NG-Kerk, Church of God, Middelwater Farm, R30, Bloemfontein.

08/04/2026

OOSHOEK GEMEENTE BY DIE AANDMARK! 🌟
Ooshoek Gemeente gaan eerskomende Vrydag ’n heerlike kosstalletjie hê by Langenhovenpark se aandmark 🍔🌭✨
Kom kuier gerus saam en ondersteun ons – daar gaan iets vir elke smaak wees!
Ons sien uit om julle daar te sien 🤗
Ooshoek groete

02/04/2026

Middag geliefdes.Ek nooi julle almal uit na môre(Goeie Vrydag)se nagmaalsdiens om 8:00.Saterdag is dit “stil Saterdag” waar ons Jesus se kruisdood oordink en daaroor bid.Sondag is dit Opstanding Sondag waar ons vir mekaar sê:” Jesus het opgestaan uit die dood!”Sondag se diens is weer normale tyd.
Ek bid dat ons elkeen stil sal wees en dat hierdie Paasnaweek vir ons ieder en elk n mooi geestelike naweek sal wees.
Kom ons bid dan ook vir almal op ons land se paaie…🙏🙏

Ooshoek Verjaar die 31ste Mei(Sondag) 2026🙌🥳 Kom vier dit saam ons die 29 ste Mei(Vrydag)Ons gaan 'n Gemeente Verskeiden...
30/03/2026

Ooshoek Verjaar die 31ste Mei(Sondag) 2026🙌🥳 Kom vier dit saam ons die 29 ste Mei(Vrydag)
Ons gaan 'n Gemeente Verskeidenheids Konsert hou(Enige een in die Gemeente wat 'n verskuilde talent het,is welkom om in te skryf vir die konsert-Name kan by Chrisna Groenewald +27 64 602 5261 in gegee word).
Of dit nou grappies vertel is of selfs dans en sing is-kom neem deel.💃🏻🎤
En dan word daar 'n Gemeente ete gehou(Gratis) net vir die Gemeente ook die 29 ste Mei😁🌻
Moet dit beslis nie mis loop nie😁
ONTHOU OM JOU NAAM DEUR TE GEE
Kom geniet die besonderse lekker aand saam Ooshoek Gemeente...
Die geleentheid begin 18:00-LAAT
*Let wel hierdie geleentheid is SLEGS vir Ooshoek gemeente.

Maar wag daar is nog☺️

31 ste Mei(Sondag)
Spesiale Erediens vir enige besoeker(Deel van Ooshoek se 75ste verjaarsdag)
09:30-10:30🥳

21/03/2026

🧸 NUUT – Geboorte Storie Teddies 🧸
Vang jou baba se eerste oomblikke vas… vir altyd 💛
✨ Naam
✨ Geboortedatum & tyd
✨ Gewig & lengte
✨ Opsioneel: ‘n spesiale gebed of boodskap
Perfek as geskenk of kosbare herinnering 🎁
Elke beer vertel ‘n storie… jou storie 🌿
Bestel nou:
Chrisna 064 602 5261
Oostelig Ontwerpe
“Ligdraers tot eer van God” ✨

17/03/2026

Hallo julle! 🌟
Ons het verlede jaar Oostelig Drukkers begin — ’n drukwerkprojek met ’n hart.
Ons doen: 👕 T-hemp drukwerk
🧵 Borduurwerk
☕ Personalized bekers
🔑 Sleutelhouers
🎨 Unieke ontwerpe vir kerke, skole en besighede
Maar dis nie al nie…
Elke bestelling help om mense op te lei en nuwe geleenthede te skep 🙌
As jy dalk iets nodig het (selfs net ’n kwotasie), laat weet gerus — ons help met liefde! 😊
📞 Chrisna 064 602 5261

Ek deel graag so paar fotos van gister se heerlike dag by Bevonkfees,waar Ooshoek NG-Kerk ook 'n stalletjie gehad het......
15/03/2026

Ek deel graag so paar fotos van gister se heerlike dag by Bevonkfees,waar Ooshoek NG-Kerk ook 'n stalletjie gehad het...
Dankie aan elke een wat deel was van hierdie dag,ek kon sommer sien so paar van julle se batterye is lekker pap,maar julle moeite word opreg waardeer..

Kom ondersteun Ooshoek NG-Kerk se salletjie more by die Bevonkfees terwyl jy die Show geniet.'N hele middag vol plesier,...
13/03/2026

Kom ondersteun Ooshoek NG-Kerk se salletjie more by die Bevonkfees terwyl jy die Show geniet.
'N hele middag vol plesier,bring sommer al jou vriende ook saam...

Address

Middelwater Farm, R30
Bloemfontein
9301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ooshoek NG-Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share