Ooshoek ngk

Ooshoek ngk Ooshoek NGKerk lies to the east of Bloemfontein in the Shannon and Bloemspruitarea. The pastor is Ds Pikkie Maritz and can be contacted on 0823354433.

Church office : 0824108341 A Dutch Reformed Church

Dankie aan die Woensdag werksklas wat ons ingangs portaal so mooi maak!!!
03/12/2025

Dankie aan die Woensdag werksklas wat ons ingangs portaal so mooi maak!!!

Kerssangdiens 2025
30/11/2025

Kerssangdiens 2025

28/11/2025
Die tyd het aangebreek..... Ons hou fees!!!Kom ons geniet mekaar se geselsskap..... Kuier lekker saam.... Eet saam..... ...
03/09/2025

Die tyd het aangebreek..... Ons hou fees!!!

Kom ons geniet mekaar se geselsskap..... Kuier lekker saam.... Eet saam..... En prys die Here vir ons geloofsgemeenskap hier by Ooshoek.....

Sien julle hierdie Saterdag 6 September by Koot Niemand skool.

Opwindende nuus!!!! Ons is bevoorreg om te begin met drukwerk by Ooshoek Gemeente.Die doel van die projek is om werk te ...
31/08/2025

Opwindende nuus!!!! Ons is bevoorreg om te begin met drukwerk by Ooshoek Gemeente.
Die doel van die projek is om werk te skep vir ons kosbare rand figure en hoop te bring in hierdie gebroke wereld.

Maak asseblief gebruik van hierdie dienste want dit sal weer help om iemand anders se uitkyk op die lewe te verlig.

Dit weer tyd vir Ooshoek fees!!!Ek d**k sommer vandag terug aan verlede jaar se fees.... Lekker kos, familie pret, tromp...
13/08/2025

Dit weer tyd vir Ooshoek fees!!!
Ek d**k sommer vandag terug aan verlede jaar se fees.... Lekker kos, familie pret, trompoppies, bulletjie rugby..... Die kerkraad wat netbal en rugby speel.....

En die lekker van hierdie heimwee..... ONS DOEN DIT WEER!!!

Met my hoed in die hand wil ek graag vra vir die laaste goedtjies wat ons gaan nodig kry.
Ek plaas die lys hieronder.... Al kan jy net help met 'n koppie suiker.... Dit sal voldoende wees....

Die tyd raak nou min!!!!Kom geniet die dag saam met ons.... Groot pryse om te wen..... Maar die lekkerste is die saam ku...
04/06/2025

Die tyd raak nou min!!!!
Kom geniet die dag saam met ons.... Groot pryse om te wen..... Maar die lekkerste is die saam kuier!!!
Sien julle daar!!!!

Saterdag 29 Mei kom die vroue van Ooshoek bymekaar. Net om te.... Deel... Kuier... Hande te vat en mekaar te bemoedig. D...
03/06/2025

Saterdag 29 Mei kom die vroue van Ooshoek bymekaar. Net om te.... Deel... Kuier... Hande te vat en mekaar te bemoedig. Dr. Elrieke van Bybelhuis gesels saam met die konteks : vrouwees.... Spreuke 31.

Onwillekeurig d**k ek aan die gebrokenheid daar buite.... Die sonder stem.... Die wat...alles gee vir haar kinders...Die wat al die houe moet vat en net weer opstaan....
------------------------------------

Ek is die lappop wat nie praat,
ek maak net op jou liefde staat

Saans le ek blimd en stil en doof
en lig nie meer my semel-hoof

My hande roer nie en my lyf
word met jou weggedaan koud en styf

Somder jou hulp kan ek nie loop:
jy het my sommerso gekoop

en sal my nog een Guy Fawkes-nag
goedsmoeds verbrand en daaroor lag

Ek is die lappop sonder gees
My pyn jou luid gevierde gees

(Ingrid Jonker... Lappop....)
----------------------------------

Mag ons as Ooshoek Gemeente nooit die waarde en liefde van ons ma's, sussies, oumas, oumagrootjies, niggies en ons huweliks maats verbykyk nie!!!

En Ooshoek doen..... Wat hulle goed doen.... Saam eet.... Saam lag en saam eet.Ons tema vanoggend..... "Kyk, ek maak all...
13/04/2025

En Ooshoek doen..... Wat hulle goed doen.... Saam eet.... Saam lag en saam eet.
Ons tema vanoggend..... "Kyk, ek maak alles nuut".....
Dankie aan almal wat soveel moeite gedoen het
Aan die Here al die lof!!!!

Address

Posbus 19312, Plot 13, Bardenstreet, Lakeview. Bloemspruit
Bloemfontein
9301

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Ooshoek ngk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Ooshoek ngk:

Share

Category

Ooshoek se Reis

Die Ned.Geref.Gemeente Ooshoek is geleë in die Bloemspruit hoewegebied aan die oostekant van Bloemfontein. Die gemeente is 67 jaar oud, gestig op 29 Mei 1951. Hoewel dit vroeër ‘n florerende gebied was met goeie infrastruktuur, het dit oor die jare baie agteruit gegaan agv die groeiende informele plakkerskampe wat dorpstigting voorafgegaan het, met die gevolglike ontvolking en verhuising van baie lidmate na stadsgemeentes.

Huidiglik het Ooshoek 200 ingeskrewe lidmate, maar die erediens Sondae word bygewoon deur ongeveer 150 persone, waarvan 45 met twee bussies vervoer word. Ooshoek is baie trots daarop om enigeen wat aanmeld onvoorwaardelik met Jesus se liefde te aanvaar, en deel te maak van ons geestelike familie.

Agv armoede wat hoogty vier, verskaf ons elke Sondag kospakkies aan 30 gesinne, en eenkeer per maand eet die hele gemeente saam ‘n gratis maaltyd. Die verskillende bedieninge fokus voortdurend op werkskepping, armoedeverligting en lidmaatbemagtiging. Omdat die lidmate nie in die vermoë is om volhoubare substansiële maandelikse bydraes te maak nie, word die gemeente grootliks finansieel gedra deur die Vrystaatse Sinode van die NG Kerk, tesame met verskeie vennote wat hulself daartoe verbind het om volhoubaar betrokke te wees. Ooshoek lê die breër gemeenskap in Bloemfontein en die Vrystaat baie na aan die hart, en daarom hulle volgehoue ondersteuning.