EG Kerk Benoni Jeug

EG Kerk Benoni Jeug Wie ook al jonk van gees is en wie God wil dien in die dae van hulle jonkheid (Pred 12:1) is meer as welkom. Wie is ons? Wat is ons doel en missie? Wat doen ons?

Die Evangelies Gereformeerde kerk Benoni gemeente Jeug bestaan uit ‘n klomp jong mense van ouderdomme 10 tot 112. Wie ook al jonk van gees is, vol energie en lus vir die lewe, en natuurlik wie ook al God wil dien in die dae van hulle jonkheid (Prediker 12 vers 1) is meer as welkom. Ons het selfs ‘n paar getroudes met kinders wat aktiewe Jeug vriende is. Ons doel is om God te verheerlik met ons lew

ens. Ons missie is om jong mense vir God te wen in ‘n wereld waar geld, materiele goed en vermaak bo alles gedien word. Ons doen ‘n wye verskeidenheid van dinge: Onder andere het ons lekker kuier, koffie en bybelstudie aande, uitreik aksies, inskakeling met ander gemeentes, Christelike film aande, braai's en bo als om altyd aktief mense na Christus te lei. Kom kyk gerus! Waar en wanneer? Ons hou jeug elke Vrydag aand vanaf 18:00 (ses uur). Hou ons Facebook blad dop vir die waar en wat van elke week. Jy kan ons laat weet indien jy vervoer nodig het en ons kom tel jou op. Al ons kontak besonderhede is op die kontak blad asook op ons webwerf.

Address

15 Malherbe Street, Rynfield
Benoni
1501

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when EG Kerk Benoni Jeug posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to EG Kerk Benoni Jeug:

Share