Diamant Vroue

Diamant Vroue Diamante word gevorm deur gasse wat geweldige hitte & druk ondergaan. Die woord "DIAMANT" kom van di

19/04/2026
Saterdagoggend 14 Mrt 2026 het ʼn paar van ons Diamant dames sommer vroeg-vroeg al geskitter. Sommige van ons het nog ges...
14/04/2026

Saterdagoggend 14 Mrt 2026 het ʼn paar van ons Diamant dames sommer vroeg-vroeg al geskitter. Sommige van ons het nog geslaap terwyl hulle al oppad was na die Helderberg Natuurreservaat in Somerset-Wes.

Daar is verskillende roetes om jouself te verloor in die natuur en sommer ʼn bietjie vars lug en oefening in te kry. Dis ʼn geval van ʼn paar vlieë met een klap slaan... iets waarvoor daar nie altyd tyd is nie.

ʼn Stap is ook nie afgehandel sonder ʼn paar peuselhappies na die tyd nie. Vir party was dit ontbyt. Vir ander was dit sommer net ʼn lekker bederf. Sommige het die rus geniet saam met die etery, want die spiere en die gewrigte wil eintlik maar naweek hou...

Kosbare Diamant-vrou!Ons kuier weer lekker saam op Maandag, 20 April wanneer ons ‘n bietjie prakties raak rondom die Woo...
14/04/2026

Kosbare Diamant-vrou!
Ons kuier weer lekker saam op Maandag, 20 April wanneer ons ‘n bietjie prakties raak rondom die Woord. Ons wil baie graag met jou gesels en nooi jou ook om gerus jou bybel saam te bring. Sien jou Maandagaand!

Ons vroue kuier weer lekker rondom die woord. Sien jou by Missio Dei!
09/03/2026

Ons vroue kuier weer lekker rondom die woord. Sien jou by Missio Dei!

Die lang wag is uiteindelik verby! Die Diamant Vroue skop die jaar op ʼn baie kleurvolle noot af met voete oral waar jy k...
25/02/2026

Die lang wag is uiteindelik verby! Die Diamant Vroue skop die jaar op ʼn baie kleurvolle noot af met voete oral waar jy kyk. Die lug was gevul met die reuke van koffie, tee en vars springmielies.

Ons tema vir die jaar is Dissipelvrou, wat ook aansluit by Missio Dei se tema "Volg My". Ons nuwe T-hemde is ten toon gestel deur top modelle.

Welkom aan die nuwe Diamante. Ons is bly om julle te verwelkom. Ons glo julle gaan net soveel getuienisse hê aan die einde van die jaar.

Een tree wat ek ervaar God my nooi om hierdie jaar te neem soos ek Hom volg...is die uitdaging waarmee elkeen huistoe gestuur is.

Kosbare Diamantvrou, ons skop Maandagaand, 16 Februarie om 19:00 ons 2026 program af. Ons is opgewonde om jou daar te si...
13/02/2026

Kosbare Diamantvrou, ons skop Maandagaand, 16 Februarie om 19:00 ons 2026 program af. Ons is opgewonde om jou daar te sien en om ons hartklop vir 2026 met jou te deel.

As jy nog nie voorheen ʼn Maandagaand bygewoon het nie, nooi ons jou spesiaal. Ons is ʼn wonderlike groep vroue van alle ouderdomme en die program wat aangebied word is spesiaal vir ons as vrou.

Kom asb n bietjie vroeër sodat ons die “papierwerk” kan afhandel.

Sien uit om jou daar te verwelkom!💐

Dames ons Leierskap het gisteraand saam gekom en ons volgende tema beplan en bespreek en dit is een ongelooflike inspire...
27/05/2025

Dames ons Leierskap het gisteraand saam gekom en ons volgende tema beplan en bespreek en dit is een ongelooflike inspirerende tema. Book nou al 23 Junie uit op jou kalender!


Wat 'n amazing aand!
20/05/2025

Wat 'n amazing aand!

Address

Corner Dirkie Uys & Retief Road
Cape Town
7530

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Diamant Vroue posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Diamant Vroue:

Share