Getuienisaksie / Witness Ministry

Getuienisaksie / Witness Ministry Getuienisaksie koördineer en bestuur ’n aantal belangrike sinodale getuie To serve and witness in unity in and from Africa

Congregational Witness celebrates and empowersPastors were introduced to the Heartstyles leadership tool, designed to st...
23/03/2026

Congregational Witness celebrates and empowers

Pastors were introduced to the Heartstyles leadership tool, designed to strengthen leadership capacity in line with URCSA Cape priorities, while also attending to the inner well-being of pastors in ministry. The workshop was preceded by a thanksgiving service and Holy Communion, celebrating 35 years of Witness Ministry as a united ministry of the URCSA-DRC-RCA church family. The weekend concluded with meaningful conversations on the work and future focus of Witness Ministry in the Eastern Cape.

”It was a blessed and enriching gathering,” says Rev. Stephen Pedro. “We look forward to taking this tool further into our presbyteries and congregations.”

Congregational Witness, a task team of Witness Ministry, hosted its second Heartstyles leadership workshop at URC East London with pastors from the Eastern Cape presbyteries of URCSA Cape as well as neighbouring presbyteries Colesberg and George. This event was held in partnership with Jessie Orwin from Innervate.

To read more about this memorable event, click here:
https://kaapkerk.co.za/congregational-witness-celebrates-and-empowers/

Die nuutste uitgawe van Die Getuie / The Witness Newsletter is nou beskikbaar!“Ongelykheid is nie ‘n abstrakte konsep in...
04/02/2026

Die nuutste uitgawe van Die Getuie / The Witness Newsletter is nou beskikbaar!

“Ongelykheid is nie ‘n abstrakte konsep in Suid-Afrika nie. Dis deel van die pad wat mens daagliks loop,” skryf dr. Daniël de Wet.

In hierdie uitgawe van Getuie/Witness hoor ons stories uit ruimtes waar geloof nie verduidelik word nie, maar geleef word tussen mense, gemeenskappe en moeilike werklikhede. Daniël vertel dat Miga 6:8 ’n uitnodiging is om saam te bly stap: nederig, getrou en teenwoordig, met God se Woord as lamp vir elke volgende tree. Mag jy ook iets daarvan beleef in Getuienisaksie se jongste nuus.

Lees die volledige uitgawe hier:https://kaapkerk.co.za/wp-content/uploads/2026/01/Desember-2025-DIE-GETUIEWITNESS-NUUSBRIEF-V4_compressed.pdf

Gemeentes vat hande oor kontinente heenDie Kix Kleuterskool in Malingunde, Malawi was vir meer as ’n dekade ’n veilige h...
14/01/2026

Gemeentes vat hande oor kontinente heen

Die Kix Kleuterskool in Malingunde, Malawi was vir meer as ’n dekade ’n veilige hawe vir jong kinders. Wat in 2008 as ’n vroeëontwikkelingsprojek begin het, het vinnig ’n noodsaaklike deel van die gemeenskap geword. Maar ná die verhoging van die Kamuzu-dam se walle in 2018 het die skool stadig onder die waterlyn verdwyn. Vir jare moes onderwysers rondtrek en kreatief oorleef om onderrig steeds moontlik te maak.

Nou staan twee gemeentes, NG Kerk Bellville-Wes en Bellie & Speymouth in Skotland, saam om die skool weer op te bou. Onder leiding van oud-kollegas Willie Badenhorst en Eduard Enslin word daar gedroom om ’n volhoubare skool met klaskamers, toilette, kombuis en kantoor teen 2026 tot stand te bring.

Gemeentes word genooi om te bid, te gee en deel te word van hierdie belangrike projek wat die toekoms van Malingunde se kinders kan verander. “Ons bid dat die Here se wil sal seëvier. Ons kort tans nog bykans R500 000 om hierdie droom waar te maak en finansiële bydraes is welkom. Dan kort ons ook mense om saam te reis tydens ons uitreik van 4-26 Julie 2026. Ons het vervoer nodig vir ongeveer 12 Skotte wat hierdie reis gaan meemaak,” verduidelik Willie.

Lees meer hier: https://kaapkerk.co.za/wanneer-gemeentes-hande-vat-oor-kontinente-heen/

Die kultuur voor en agter die skerms in JapanAnime, manga, boeddhistiese tempels en krygskuns is vir baie Westerlinge di...
12/01/2026

Die kultuur voor en agter die skerms in Japan

Anime, manga, boeddhistiese tempels en krygskuns is vir baie Westerlinge die venster na Japan. Maar ná 16 jaar hier besef sendelinge Stéphan en Carina dat daar ’n Japan ágter Japan is. Dit is as’t ware ’n kultuur wat nie maklik sigbaar is nie, soms selfs vir die Japannese self.

“Alhoewel hierdie antieke samelewing ons steeds verstom, stamp ons nog gereeld ons koppe teen ongeskrewe reëls, moeilike kanji en die subtiele kodes van stilte en harmonie in ’n hoë-tegnologie, lae-misdaad nasie,” skryf hulle in Missie Japan se nuusbrief. Intussen bly ’n diep vraag by hulle opkom: Het ’n hoogs ontwikkelde land soos Japan die evangelie nodig? En durf ons vra of óns nie ook weer die evangelie moet herleer nie? Kyk die twee video’s en gesels saam.

Vind meer uit hier:
Part 1: https://www.youtube.com/watch?v=AIX7k5iBO78
Part 2: https://www.youtube.com/watch?v=sQemdfE1XGA

Missie Japan versterk bande met sinodes in Japan‘n Nuwe samewerkingsooreenkoms vir sendingwerk is tussen Missie Japan en...
09/01/2026

Missie Japan versterk bande met sinodes in Japan

‘n Nuwe samewerkingsooreenkoms vir sendingwerk is tussen Missie Japan en die Ring van Shikoku op te stel. Op Dinsdag, 28 Oktober is die nuwe ooreenkoms amptelik onderteken. Dit baan nou die weg vir hulle voortgaande werk saam met die Ring van Shikoku.

Lees meer in Missie Japan se nuusbrief: https://mailchi.mp/d42c9f0bae0e/f3z9a5ygrj-8343352?e=e76ca1bcb7

Hoekom wêreldsending?Ons leef in ’n ingewikkelde wêreld, maar God se gestuurde werk bly getrou voortgaan. Die afgelope p...
07/01/2026

Hoekom wêreldsending?

Ons leef in ’n ingewikkelde wêreld, maar God se gestuurde werk bly getrou voortgaan. Die afgelope paar weke het die span van Missie Japan tyd in Takayama benut om te ontspan, maar terselfdertyd ook nuwe ontmoetings en bedieningsgeleenthede te verken.

Wêreldsending is nie net vir spesialiste nie, dit is die kern van elke gemeente se roeping. Dit bied ons die kans om die diversiteit van mense en kulture in God se wêreld te waardeer en vir hulle ’n seën te wees. Getuienisse soos dié van Me. Masako Suzuki in Kobe toon hoe die Heilige Gees oor grense werk, generasie op generasie en mense lewens radikaal kan verander.

Lees meer hieroor in Missie Japan se nuusbrief: https://mailchi.mp/6d0390b5d9a9/f3z9a5ygrj-8342429?e=e76ca1bcb7

Missional leadership in the African contextIn collaboration with the Department of Practical Theology at the Faculty of ...
05/01/2026

Missional leadership in the African context

In collaboration with the Department of Practical Theology at the Faculty of Theology, Ekklesia offers a two-year MTh programme that focuses on missional congregations and transformative leadership.

“We live in a VUCA world with unexpected changes. Our churches need the capacity to respond faithfully in these challenging times. Missional leadership will flourish through discernment that explores the opportunities the Triune God offers the church.”

Lees meer hierhttps://kaapkerk.co.za/wp-content/uploads/2025/09/MTh-Ministry-Practice-Info-Pamphlet-2026.pdf

Morgenster Eeufees: Waar bome fluister en voete dansSoms stap jy ’n plek binne en jy weet sommer: God werk al lank hier....
19/12/2025

Morgenster Eeufees: Waar bome fluister en voete dans

Soms stap jy ’n plek binne en jy weet sommer: God werk al lank hier. Morgenster in Zimbabwe is so plek. "Dis nie net ’n eeufees nie, dis ’n heilige ontmoeting,” so beskryf Daniël de Wet die 100-jaarviering van Murray Teologiese Kollege.

“Nog voordat die program begin of die eerste toespraak weerklink, kom die mense. Hulle sing. Hulle dans. Nie uit gewoonte nie, maar uit vreugde. Hier is iets wat groteris as ’n program, groter as ’n fees. Hier straal die lig van God se getrouheid."

Lees meer hier: https://getuienis.christians.co.za/2025/12/17/morgenster-eeufe…er-en-voete-dans/

Sendelinge onthou God se getrouheid, guns en genade“Toe ek gehoor het dat die program vir vanjaar se Waarderingsonthaal ...
17/12/2025

Sendelinge onthou God se getrouheid, guns en genade

“Toe ek gehoor het dat die program vir vanjaar se Waarderingsonthaal vir oud-sendelinge hoofsaaklik oor die Murray Teologiese Kollege en hulle eeufeesvieringe gaan handel, het ek net eenvoudig geweet dat ek dit moes bywoon,” vertel Marianna de Jager (née Brand) wat gebore is en grootgeword het op Morgenster in Zimbabwe.

Vir Marianna is hierdie byeenkomste vol genade - ’n plek waar herinneringe en stories kruis en waar oud-sendelinge weer hoor hóé die Here sy werk in Afrika-lande laat voortgaan.

Lees meer hier: https://getuienis.christians.co.za/2025/12/17/sendelinge-ontho…d-guns-en-genade/

‘n Geloofsgemeenskap wat grense oorsteekDie 27ste algemene vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke ...
15/12/2025

‘n Geloofsgemeenskap wat grense oorsteek

Die 27ste algemene vergadering van die Wêreldgemeenskap van Gereformeerde Kerke (WGGK) het in Chiang Mai, Thailand afgeskop met ’n vurige soeke na God se wil. Afgevaardigdes het ’n vlugtelinggemeenskap in Mao Sot besoek, waar geloof, gasvryheid en hoop teen die agtergrond van geweld floreer. Jongmense daar droom van onderwys en ’n beter toekoms.

Lees meer hier:https://getuienis.christians.co.za/2025/12/17/n-geloofsgemeens…-grense-oorsteek/

RFF 2025: A vital network of leadersFrom 31 August to 3 September, leaders of reformed sister churches across Africa gat...
13/12/2025

RFF 2025: A vital network of leaders

From 31 August to 3 September, leaders of reformed sister churches across Africa gathered in Benoni for the 2025 Reformed Family Forum (RFF).

Watch a summary here:

The Reformed Family Forum (RFF) is a vital network where leaders of Reformed sister churches across Africa find encouragement, share wisdom, and support each...

RFF 2025: Bridging generations, facing challenges, nurturing hopeFrom 31 August to 3 September, leaders of reformed sist...
12/12/2025

RFF 2025: Bridging generations, facing challenges, nurturing hope

From 31 August to 3 September, leaders of reformed sister churches across Africa gathered in Benoni for the 2025 Reformed Family Forum (RFF). Under the chairmanship of Dr. Luka Ariko, they wrestled with generational gaps, economic hardships and political instability while discovering fresh courage.

Delegates spoke honestly about the challenges facing their contexts, from unemployment and migration to corruption and sectarian pressures. Yet, they also testified to the encouragement they found in hearing one another’s stories.

“I have found that we are one church,” one participant said. “We are experiencing many of the same struggles, but we are also helping each other. I go home with new ideas and new courage.”

Lees meer hier: https://witnessministry.christians.co.za/2025/12/17/rff-2025-bridgin…s-nurturing-hope/

Address

Pastoriestraat 11
Cape Town
7535

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 16:00

Telephone

+27219577204

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Getuienisaksie / Witness Ministry posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Getuienisaksie / Witness Ministry:

Share