Gereformeerde Kerk Warmbad

Gereformeerde Kerk Warmbad Ons is gelee naby Aventura in Bela Bela; by die sirkel wat Thabazimbi toe gaan. Enige een is welkom. Gereformeerder

Heerlike kuier rondom Skaapkop(Nek)-ete by GKW.
02/08/2026

Heerlike kuier rondom Skaapkop(Nek)-ete by GKW.

Skaapkop-ete🐑🍲Haal die knipmesse uit, slyp hulle lekker skerp, en kom geniet ‘n gesellige aand saam met ons!Vir die wat ...
19/07/2026

Skaapkop-ete🐑🍲
Haal die knipmesse uit, slyp hulle lekker skerp, en kom geniet ‘n gesellige aand saam met ons!

Vir die wat nie so waaghalsig is nie, is daar keuse van ‘n halwe gebakte skaapnek. Verder eet jy alles van die spyskaart af.

Kom kuier saam met ons.
📆31 Julie 2026
📍Gereformeerde Kerk Warmbad, Oosthuizen straat 9 (kerk by die sirkel.

08/06/2026

🌿Christene is Koninkryksmense
📖Lukas 22: 24 – 30 & 1 Tim. 1: 15-17

Daar is ʼn verskil tussen die Koninkryk van God en die kerk. Ons Koning is Jesus Christus, die opgestane Here wat regeer. Die burgers van die Koninkryk van God is anti- en pro- mense. Ons is teen alles wat sonde en boos is, en ons is vir alles wat vir God reg en goed is. Ons bid vir die uitbreiding van God se koninkryk op aarde.

Baie dankie aan almal wat die naweek saam met ons die Dopper Karnavaal kom geniet het! ☺️Ons waardeer elke persoon wat g...
08/06/2026

Baie dankie aan almal wat die naweek saam met ons die Dopper Karnavaal kom geniet het! ☺️

Ons waardeer elke persoon wat gehelp het om die dag moontlik te maak, asook elke besoeker wat deel was van die feestelikheid.🎪🍭

31/05/2026

🌿Jesus Christus is die Leeu en die Lam
📖Openbaring 5: 5-6

Baie mense maak die fout om te d**k dat die Drie-enige God net liefde en genade en barmhartigheid is. Hy is beslis ook regverdig. Hy haat onreg en kom as Regter om te oordeel en te straf. Ons is diep dankbaar dat ons Here beide die Leeu van Juda en die Lam van God is. Hy is vir gelowiges wat in tye van onheil lewe, ons beskermende Here, die Lam van God wat ons heil bewerk. Die goddeloses sal Hom ontmoet as die verskeurende Leeu.

25/05/2026

🌿Doen goed aan die liggaam van Christus
📖Johannes 19: 38 – 42

God het vir Josef van Arimatea en Nikodemus beskik om die liggaam van ons Here Jesus te gaan afhaal, balsem en te gaan begrawe. Hierdie Josef was ‘n bekende en vermoende gelowige. Nikodemus was ‘n gesiene Fariseer. Beide was op daardie stadium geheime gelowiges, maar besluit om hul geloof en liefde vir hul Here te bewys. Hierdie daad van hulle het verrykende gevolge gehad. Hulle deins nie terug vir die kostes nie, en besef dat dit ‘n lewensveranderende keuse is. Dit was hulle duur offer uit dankbaarheid vir hul Here se baie duurder offer tot redding van almal wat glo. As gelowiges goed doen aan die Here se liggaam, sy kerk, is dit vir Hom soos ‘n aangename reuk offer.

🎉🎪Kom kuier saam by die Dopper Karnaval!🎪🎉Maak gereed vir ’n oggend propvol pret, heerlike kos, musiek en lekker saamkui...
22/05/2026

🎉🎪Kom kuier saam by die Dopper Karnaval!🎪🎉

Maak gereed vir ’n oggend propvol pret, heerlike kos, musiek en lekker saamkuier!🎶🥳

Kom bederf jouself met warm pannekoek en varsgebakte soetgoed en al daardie geliefde basaar-kos wat jou laat terugkom vir nóg!🍔🧁

📅 Saterdag, 6 Junie 2026
⏰ 08:00 – 13:00
📍 Warmbad Gereformeerde Kerk, Oosthuizenstraat 9, kerk by die sirkel

Bring jou familie, nooi jou vriende en kom maak deel van die pret!
Ons sien uit om JOU daar te sien!✨

📖JESAJA 53:5Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die str...
03/04/2026

📖JESAJA 53:5

Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

☕Bybelstudie elke Donderdag om 10:00Ons sien uit daarna om u te verwelkom en saam die dieper betekenis van die Skrif te ...
11/03/2026

☕Bybelstudie elke Donderdag om 10:00

Ons sien uit daarna om u te verwelkom en saam die dieper betekenis van die Skrif te ontdek.

As u belangstel om deel te wees van die bybelstudiegroep, kontak ons gerus by [email protected] vir meer inligting.📚

📖EFESIËRS 6Die Christen se wapenrusting10 Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. 11 Trek die vo...
09/03/2026

📖EFESIËRS 6
Die Christen se wapenrusting

10 Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag.

11 Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel.

12 Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug.

13 Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan.

14 Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas,

15 en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete.

16 Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer.

17 Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God.

18 Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges.

19 Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak.

20 Ter wille van hierdie evangelie is ek 'n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.

AFR83

Address

9 Oosthuizen Street
Bela-Bela
0480

Opening Hours

Tuesday 09:00 - 13:00
Wednesday 09:00 - 13:00
Thursday 09:00 - 13:00
Friday 09:00 - 13:00
Sunday 09:00 - 10:00

Telephone

+27147362590

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Gereformeerde Kerk Warmbad posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share