Leeuwenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool

Leeuwenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool Christelike Afrikaanse Privaatskool Leeuwenhof Akademie is 'n Afrikaanse privaatskool met 'n Christelike etos. Die Hoërskool is dubbelmedium.

16/09/2026

Leeuwenhof Akademie word 30 op 19 September!

Ons Voorskool en Babasentrum vier hierdie besondere mylpaal met 'n spesiale konsert en ons Welpies is gereed om dit onvergeetlik te maak!

Hulle het hard geoefen aan hul danspassies en kan nie wag om hul harde werk met julle te deel nie.

Kom geniet hierdie spesiale dag saam met ons en vier 30 jaar van Leeuwenhof Akademie!

Hoërskool: LEEUWENHOF 7’s RUGBY & NETBAL FAST FIVEWat ’n ongelooflike dag op Leeuwenhof Akademie se sportkalender!Ons wi...
16/09/2026

Hoërskool: LEEUWENHOF 7’s RUGBY & NETBAL FAST FIVE

Wat ’n ongelooflike dag op Leeuwenhof Akademie se sportkalender!
Ons wil graag ’n hartlike dankie sê aan al die borge, organiseerders, afrigters, beamptes en almal wat agter die skerms gewerk het om die Leeuwenhof 7’s Rugby- en Netbal Fast Five-dag so ’n groot sukses te maak. Julle harde werk, entoesiasme en toewyding het gesorg vir ’n sportdag om te onthou.
Die 7’s-rugby het deurgaans opwindende en spanningsvolle wedstryde opgelewer, met Leeuwenhof se spanne wat uitstekend presteer het. Die O/17-span het ’n puik 4de plek uit 12 spanne behaal, terwyl die O/15A-span met ’n uitstekende 3de plek uit 12 spanne geëindig het.
Op die netbalbane was die aksie net so indrukwekkend, met kookwater Fast Five-netbal wat vir groot opwinding gesorg het. Leeuwenhof se O/15-spanne het besonder goed gevaar: die Wit span het 2de, die Groen span 3de en die Geel span 4de geëindig.
Die O/17-afdeling het nóg ’n hoogtepunt opgelewer toe die Leeuwenhof O/17 Groen span as toernooiwenners gekroon is! Die O/17 Geel span het ook uitstekend gevaar en ’n verdienstelike 4de plek behaal.
Baie geluk aan al ons spelers en afrigters met hierdie uitstekende prestasies, en baie dankie aan elke persoon wat tot die sukses van die dag bygedra het.
Dit was voorwaar ’n ongelooflike dag op ons sportkalender, gevul met talent, spanwerk, sportmanskap en Leeuwenhof-gees!
Ons sien reeds uit na ’n nog groter en beter Leeuwenhof 7’s Rugby- en Netbal Fast Five-toernooi in 2027!

Hoërskool: Sport buite skoolverband – IPT TennisLeeuwenhof Akademie is baie trots op Kade du Plessis wat ’n uitstekende ...
16/09/2026

Hoërskool: Sport buite skoolverband – IPT Tennis

Leeuwenhof Akademie is baie trots op Kade du Plessis wat ’n uitstekende prestasie tydens die O/15 GETA IPT-tennisproewe behaal het.
Kade het algeheel 1ste geëindig tydens die proewe en daarmee sy plek in die GETA O/15 IPT-tennisspan verseker.
Hy sal vanaf 3 tot 7 Januarie in Pretoria aan die IPT deelneem, waar hy teen van die beste jong tennisspelers sal meeding.
Baie geluk, Kade, met hierdie besondere prestasie! Ons is baie trots op jou harde werk, toewyding en deursettingsvermoë en wens jou alle sterkte toe vir die IPT in Pretoria.

Hoërskool: Sport buite skoolverband – IPT HokkieLeeuwenhof Akademie is baie trots op Renette Strydom, Micari Jackson, Ka...
16/09/2026

Hoërskool: Sport buite skoolverband – IPT Hokkie

Leeuwenhof Akademie is baie trots op Renette Strydom, Micari Jackson, Kaylee van der Merwe, Caitlyn Fourie en Lezei Roux, wat gekies is vir die Eastern Gauteng O/23 Dames Aksiehokkiespan.
Hierdie talentvolle spelers sal Eastern Gauteng by die Interprovinsiale Toernooi verteenwoordig, wat vanaf 22 tot 26 September in Kaapstad plaasvind.
Ons wens Renette, Micari, Kaylee, Caitlyn en Lezei alle sterkte toe met die toernooi. Geniet elke oomblik van hierdie besondere geleentheid en speel met trots en passie. Die hele Leeuwenhof-gemeenskap staan bankvas agter julle.
Baie geluk met hierdie uitstekende prestasie! Ons is baie trots op julle!

Laerskool: Hokkie 🏑Ons Eerste Span Hokkie dogters het as wenners van die liga uit die stryd getree! 🏆Ons is ongelooflik ...
15/09/2026

Laerskool: Hokkie 🏑

Ons Eerste Span Hokkie dogters het as wenners van die liga uit die stryd getree! 🏆

Ons is ongelooflik trots op elke speler vir hul harde werk, deursettingsvermoë, spanwerk en passie. Julle het gewys wat moontlik is wanneer ’n span saamstaan en nooit ophou glo nie! 👏🏻

Ons dogters neem Dinsdag en Donderdag aan die uitspele deel.

Die Leeus hou styf duime vas en glo in julle! 🦁

Gaan wys hulle wat julle kan doen, meisies! Ons staan agter julle! 🏑🔥

GO LEEUS! 💚💛

Hoërskool: Sport buite skoolverbandBaie geluk aan Keanu Mendes met ’n uitmuntende prestasie by die SA Jagters Nasionale ...
15/09/2026

Hoërskool: Sport buite skoolverband

Baie geluk aan Keanu Mendes met ’n uitmuntende prestasie by die SA Jagters Nasionale Kampioenskappe in kleiduifskiet.
Keanu het die Junior Nasionale Kampioenskappe gewen met ’n uitstekende telling van 88 uit 100. Hierdie besondere prestasie het aan hom die gesogte SA Jagters Groen Baadjie besorg. ’n Besondere eer en bewys van sy talent, toewyding en harde werk.
Keanu het ook uitstekend in die Ope Afdeling gevaar, waar hy ’n plek onder die Top 6 uit 106 deelnemers behaal het.
Ons is ongelooflik trots op Keanu en wens hom van harte geluk met hierdie besondere prestasie. Mag dit die begin wees van nog vele hoogtepunte en suksesse in sy kleiduifskietloopbaan.

Hoërskool: Landloop Baie geluk aan Megan Waller met haar uitstekende prestasie by die Gauteng Landloopkampioenskappe, wa...
15/09/2026

Hoërskool: Landloop

Baie geluk aan Megan Waller met haar uitstekende prestasie by die Gauteng Landloopkampioenskappe, waar sy as Gauteng-kampioen gekroon is!
Met hierdie besondere prestasie het Megan haar plek in die Gauteng-span verseker en sal sy Gauteng by die Nasionale Landloopkampioenskappe op 2 en 3 Oktober by Curro Sagewood verteenwoordig.
Hierdie prestasie is die resultaat van harde werk, deursettingsvermoë en toewyding. Ons is ongelooflik trots op Megan en wens haar alle sterkte toe vir die Nasionale Kampioenskappe.

15/09/2026

Vrolike klere, groot glimlagte en hope lentevreugde! Ons welpies het Lentedag gevier deur die nuwe seisoen met kleur en vrolikheid te verwelkom.

Elke dag is 'n nuwe geleentheid om te ontdek, te groei en jou vlerke te sprei.

Personeelverjaarsdag 🎁🎈Baie geluk Lydia Ndukulu. Mag die volgende lewensjaar gevul wees met vreugde en genade uit God se...
15/09/2026

Personeelverjaarsdag 🎁🎈
Baie geluk Lydia Ndukulu. Mag die volgende lewensjaar gevul wees met vreugde en genade uit God se hand!🦁

Leeuwenhof Akademie word 30! Kom vier hierdie spesiale dag saam met ons. Dit gaan ’n lekker aand vol musiek, kuier en go...
14/09/2026

Leeuwenhof Akademie word 30! Kom vier hierdie spesiale dag saam met ons. Dit gaan ’n lekker aand vol musiek, kuier en goeie herinneringe wees. Veervol en Jakkals Vibes is deel van die voorprogram, met Spoegwolf om 19:00. Daar sal ook lekker stalletjies wees om te geniet. Kom kuier saam en vier 30 jaar van Leeuwenhof!



Spoegwolf Jakkals Vibes

Address

Geldenhuis Road
Bedfordview
2008

Opening Hours

Monday 08:00 - 16:00
Tuesday 08:00 - 16:00
Wednesday 08:00 - 16:00
Thursday 08:00 - 16:00
Friday 08:00 - 14:00

Telephone

0116221806

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Leeuwenhof Akademie Christelike Afrikaanse Privaatskool posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share