02/08/2026
Goeiemôre." Your mind is a powerful thing. When you fill it with positive thoughts,your life will start".Say yes to ...........Happiness,relationships,relaxation , prosperity ,more fun,Joy, abundance, laughter .Kindness,self believe,creativity,Mindfulness, friendship, enthusiasm,motivation,love, confidence ....."Wanneer laas het jy aandag aan jou denke en aan jouself gegee.Wanneer laas het jy iets gedoen wat jou n pure lekkerte in die siel en lyf gee,dat jy opgewonde en vrolik praat en uitbundig lag.Ons is so gewoond om vir ander om ons die lewe meer hanteerbaar te maak ,dat ons in die proses vergeet om self ook gelukkig te wees.Ons moet dalk almal vir n slag JA , sê vir die lewe en die lewe aangryp met albei hande en meer positiewe denke hê. Sodra n mens se gedagtes meer positief gerig word ,selfs in swaar en moeilike omstandighede,dan verander jou uitkyk ook op die lewe.Daarom moet n mens kyk met wie jy elke dag meng .Ou spreuk sê mos : meng jou met die semels ,dan vreet die varke jou op" So trap fyn in die lewe en kyk na jouself, veral in n tyd soos hierdie.Sodra jy jou denke positief verander( ander mense kan jou daarmee help, maar jy moet die besluit neem) ,BEGIN die lewe eers regtig.Gee jouself n kans op geluk,vreugde,kreatiwiteit,wees meer entoesiasties oor dit wat jy doen en wees trots op wie jy is,daar is net een van jou,niemand is dieselfde as jy nie, só druk jou stempel af ,leef so dat mense weet as jy daar is en beter voel as jy daar weg gaan ,o , gee hulle iets om oor te praat, gooi n klip in die bos en kyk watse hase spring daar uit.Neem deel aan gesprekke ,sê jou sê, praat met oorgawe en opgewondenheid, niemand hou van n gemompel nie.Praat duidelik en hoorbaar ,lag uit jou maag uit en geniet vir n slag die lewe.Moenie toelaat dat die lewe jou onder kry nie ,ek weet dis dalk makliker gesê as gedaan,maar probeer ten minste.Meng ook met jonger generasie mense as jyself, hulle sien die lewe op n ander manier as jy en ek,al irriteer hulle die wit waks uit jou uit ,ten minste skop daar n energie in jou wakker na die een of ander kant toe.Genade wat help dit tog as omstandighede neg*tief is ,dat jy ook nog neg*tiewe denkpatrone het ,dis n afwaartse spiraal wat jou die diepte insuig, dit suig jou lewensenergie uit jou uit , nog meer ,dit dreineer jou emosioneel.Net jy kan die keuse maak om dit te verander, só ,kies vandag om n verandering te maak Ontmoet nuwe mense, verander jou interieer ,jou gordyne,skuif jou meubels,verander jou skilderye,gooi nuwe duvet' s oor jou bed, maak jou vensters wawyd oop dat daar vars skoon winterslug kan inkom,ry oopbek op jou fiets ,dat daar vars suurstof oor jou brein kan vloei,dalk ,voel jy net beter. Staan vroeg op en oefen, stap, draf ,bid en eet n beskuit.Die lewe is kort, die lewe is nie aldag maklik nie, maar ons is nou hier ,leef hom.Die keuse is joune ,kies reg ,fokus en maak die beste van vandag ,more sal vir homself sorg.Mooi loop ,wees geseënd.Trap fyn .