05/01/2021
Hi Maats
Ek lees die gedeelte waar Moses besig was om as veewagter die vee op te pas. Waar Moses alleen was met sy taak kom die Engel van die HERE aan hom. Maats, ek merk dat alhoewel die bos brand, word dit nie verteer nie. Ek is seker jul het al gesien wat doen βn veldbrand met die veld nΓͺ!
"Exo 3:1 En Moses het die kleinvee opgepas van sy skoonvader Jetro, die priester van MΓdian. En toe hy die kleinvee agter die woestyn gedryf het, kom hy by die berg van God, by Horeb.
Exo 3:2 Daarop verskyn die Engel van die HERE aan hom in βn vuurvlam uit βn doringbos. En toe hy weer sien, brand die doringbos in die vuur, maar die doringbos word nie verteer nie!"
Net so iets oor Moses...., Moses het gedien in Faroo se hof, hy het βn mags posisie beklee. Na Moses βn egiptenaar dood geslaan het (Ex 2:12), vlug hy en word βn veewagter vir sy skoonpa (Ex 2:21).
Gedurende hierdie tyd was God se volg heeltyd onder verdrukking as slawe....!
Maats, soms vind ons onsself vasgevang in omstandighede, soos God se volk! Dit beteken egter nie dat God dit nie opmerk nie, God sien en hoor jou uitroep net soos Hy die uitroep van Sy volk gehoor het....! (Ex 2:23-24 & Ex 3:9)
Maats, as vergelyking, merk op dat alhoewel die volk vasgevang was in slawerny en verdrukking het hul egter staande gebly en vermeerder en sterker geword....! (Ex 1:7-11)
Maats, net soos die volk, ons kan en moet ook onder verdrukking groei..., met ons oΓ« geanker op Christus...!
Maats, net soos Moses as veewagter geroep is om as leier op te staan....., met ons oΓ« geanker op Christus , so ook ons...!
Maats, sien dat in die teenwoordigheid van God kan niks jou verteer nie, nie omstandighede, siekte, dood of wat ookal nie.....! (Rom 8:37-39)
Maats, soos Moses, staan vas in die krag van God, Christus, wees nederig en bruikbaar...!
Maats, ek sluit af met die volgende gedeelte.. :
"Rom 12:1 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as βn lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens.
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wΓͺreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is."
Maats, sien God raak in jou brandende bos, jou omstandighede waarin jy vasgevang is..., sien ook die verlosing raak, sien jou oorwing en bo als, sien jou Verlosser en maak seker dat Hy (Christus) jou oorwinning is...!!