02/12/2025
Namens NHK Alberton baie geluk, Doris Bester, met jou verjaarsdag. Ons bede is dat jy 'n heerlike bederfdag sal hê en dat almal wat vir jou lief is en omgee, jou op die hande sal dra. Mag die nuwe lewensjaar 'n baie mooi en geseënde een wees wat net die beste en mooiste in die lewe met hom saambring en aan al jou verwagtinge voldoen, die beste jaar tot nog toe. Mag vrede, vreugde, goeie gesondheid en talryke seëninge in die volgende jaar jou deel wees. Lekker verjaar.