Alberton Baptiste Kerk

Alberton Baptiste Kerk n Tuiste vir die Kind van God om meer van die Here en van mekaar te leer en Hom in waarheid te aanbid en mekaar te ondersteun. ALMAL WELKOM.

03/01/2025

En so breek 2025 aan. Spoedig is ons elkeen besig om stelselmatig roetine te hervat.

Ons keer terug werk toe en die kinders is eersdaags weer skool toe.

So maklik kan dit gebeur dat ons in al hierdie dinge kan vergeet dat God steeds op die Troon sit.

Hy is ten volle in beheer.

Gee aan Hom die lof, eer en aanbidding. Sommer so in jou dagprogram. Vir alles en oor alles.

Geen wonder die Psalmdigters is lief om te skryf oor Sy goedertierenheid wat bly tot in ewigheid nie.

Mag hierdie jaar vir ons elkeen 'n lof Psalm wees sodat die wêreld in ons lewens kan sien en ervaar wat 'n groot en wonderlike God ons aanbid.

Mooi loop.
Ds Francois

27/10/2024

DIE GRAF IS LEEG. WANNEER LAAS HET JY DIT HARDOP BELY?

18/04/2024

Soveel mense is vandag eerder opsoek na die byrodukte van geloof, eerder as die Here Jesus as Koning.

08/01/2024

GOD IS NOWHERE

OF

GOD IS NOW HERE

In Johannes 1:1 lees ons ... in die Begin was die WOORD.

Nuwe jaar, nuwe uitdagings, nuwe begin, nuwe beproewinge. En soos die Here Moses in sy begin hom ontmoet het in die brandende braambos...kon Moses sê ... God is now here.

Die Satan is briljant daarin om ons taalgebruik te verwar. Ons sê so maklik ... God is NOWHERE.

Ek ken nie jou omstandighede op die oomblik nie, liewe kind van die Here, maar wat ek wel weet is dat die Here Jesus naby is, naby aan jou en my en Hy is jaloers op Sy verhouding met ons.

So kom nou. Lig op jou kop, maak sterk daardie nerfaf kniee en bely saam met my ...GOD IS NOW HERE.

Dit maak nogal n verskil nê?

Mooi loop.

29/01/2023

Die nasies woel en regerings staan op teen mekaar. Die wêreld verval in hulle goddelose normes en al hierdie woelinge bring 'n koue greep om harte.

Soms wil ons as kinders van die Here ook wankel en ons struikel soms.

Staan dan net gou stil vir 'n kort oomblik.
Vestig weer by hernuwing jou oë op die Here Jesus Christus, die Voleinder van ons geloof.

Die gelowiges in die boek Openbaring was in dieper waters as ons. Hulle het onwrikbaar vasgehou aan die Here Jesus.

Miskien moet ons ophou om bv Openbaring te lees vir wat ons graag wil hê die boek vir ons moet sê .....en net lees om toe te laat wat die boek vir ons graag wil sê.

Daar is 'n groot verskil.

So kom
skep moed
God is steeds op die Troon en ten volle in beheer

Glo jy dit?

Vrede vir julle
Ds Francois.

16/06/2022

Waarin glo jy?

Die eerste antwoord wat ons hierop gee sonder om tweekeer te d**k is: "Ek glo in die Bybel?"

Die uitdaging hierop is: "Regtig?"

En dan kyk jy my skeef aan.
U sien, die "kerk" het vandag vir hulle 'n Jesus geskep wat by hulle goedkoop bekering en sogenaamde heiligheid pas. Geen erns met sonde en onreinheid nie, geen standaard nie, ek kan maar net maak wat ek wil!

As dit is hoe jou "Jesus" lyk, staan jy op baie gladde plekke!

Ek glo in die Bybel behels berou oor my sonde. O hoe maklik gly dit by ons verby dat ons eens VYANDE VAN GOD was.

Dawid roep uit, deurgrond my o God, en kyk of daar by my 'n weg is wat U nie behaag nie.

Ek glo in die Bybel behels dat ek berou het oor sonde. Vergifnis soek al is ek nie die skuldige nie
Ja maar dis nie my skuld nie.
O geliefdes, sê vir my hoeveel keer word ons "offer" nie aanvaar nie omrede die horisontale verhouding met my medemens troebel is.

As jy jou offer na die altaar bring en dit geval jou DAT JOU BROER IETS TEEN JOU HET, los dan jou offer en gaan versoen jou met jou broer.

"Ek glo in die Bybel!"
Bostaande stelling weeg nou skielik swaarder, is dit nie.

Gryp dan die Pinksterbetekenis vas geliefdes, wat meer is as net n preek oor die uitstorting van die Heilige Gees, dit is die Lewende God wat deur Sy Gees jou instaat wil stel om Hom te behaag. Om vrug te dra, om Heilig te lewe, om te groei.

Staan dan nou asb op van die geestelike kitskostafel en delf in die Woord, wat jy sê jy glo!
en kom ons dra vrug wat God verheerlik.

Kom...ons het werk om te doen.

Seën vir julle
Francois

30/05/2022

... sê vir my, waarom hinker jy op twee gedagtes om die heiligmaking na te streef, waarsonder niemand God sal nien nie ...

28/05/2022

Hemelvaart.

Ds dit was al Donderdag gewees?
Dit is so ja, maar is dit dan net daardie eendag waaraan jy d**k aan die wonderlike gebeurtenis?

Wat van Vrydag, Saterdag, die volgende week? As jy aan hemelvaart d**k, is die prentjie van die Kinderbybel dalk al wat jy onthou en dat dit in die verlede 'n vakansiedag was wat ek by die huis kon bly?

Wat beteken Hemelvaart vir jóú?
Geen antwoord nie, of dalk 'n mmm of 'n Jesus het opgevaar hemel toe.
Hoe arm is ons nie as dit al is waaroor dit gaan nie?

Sondagoggend dv hoor ons wat die Here met ons deel vanuit Sy Woord oor Hemelvaart.

Mooi aand.
Ds Francois.

19/05/2022

Ons sing... neem my lewe, laat dit Heer...Doen slegs U wil Heer U wil met my...waar Hy lei daar sal ek meegaan...I surrender all...

maar ek hardloop weg van die werkbank van genade?

ek vermy die altaar vir die offer wat Hy vra?

Address

H/V Spekboom En Arum Str
Alberton
1449

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Alberton Baptiste Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Alberton Baptiste Kerk:

Share