04/09/2026
Die Afrikaanse Christen Kerk van Nieu-Seeland se Tauranga-gemeente nooi jou hartlik uit na ons Erediens op Sondag 6 September 2026. Kom luister saam na die Woord van die Here. Ons sien daarna uit om jou te verwelkom.
Die ACK Tauranga is nie aan ’n spesifieke denominasie gekoppel nie - alle Christene is welkom.
Kom beleef ’n erediens waar ons suiwer Woordbediening toepas in jou Moedertaal en waar ons saam groei in geloof, gemeenskap en God se genade.
Ds. Jacques Joubert breek Efesiërs vir ons verder oop met 'n spesiale boodskap, 'Nie vir Mense nie, maar vir Christus' - uit Efesiërs 6:5-9
EREDIENS om 9 vm
Adres:
25 Moffat Road,
Bethlehem,
Tauranga
Jy kan ook lewendig inskakel by die diens op Facebook by hierdie skakel:
https://www.facebook.com/share/15dCarLhEa/
SONDAGSKOOL (Voorskool tot Jaar 6)
Tydens die diens.
Daar is 2 groepe:
Voorskool tot Jaar 3
En
Jaar 4 tot 6
Gesels gerus met Hannes Deacon as jy meer wil weet.
INTERMEDIÊRE KATEGESE (Jaar 7-9)
Tydens die diens.
Gesels met die Kategeet, Hannes Deacon, as jy meer wil weet.
C.R.E.W. - SENIOR KATEGESE (Jaar 9-11)
Die groep kom gewoonlik op 'n Donderdag aand om 18:30 bymekaar. Kontak asseblief vir Jacques Mostert op 022 456 1658 as jy by hulle wil inskakel.
VERBINTENIS KLAS
(Jaar 12-13 en 19- en 20-jariges wat nog nie hulle geloofsbelydenis afgelê het nie)
Direk na afloop van die Erediens.
Gesels gerus met Ds. Jacques Joubert as jy belangstel.
ACK TAURANGA OASE - BIDUUR
’n Plek van lafenis vir die siel!
Die kerkraad nooi alle gemeentelede en vriende hartlik uit na ons maandelikse gebedsuur. Kom vind hernuwing en rus aan die begin van ’n besige nuwe maand.
Wanneer:
Sondag 6 September 2026 om 17:00
Waar:
134 Sixteenth Avenue, Tauranga
Hierdie is ’n rustige, begeleide gebedstyd waar ons ook saam lofliedere sing. Daar is geen verwagting dat enigiemand hardop hoef te bid nie - jy is welkom om eenvoudig saam te luister, stil te bid en in die Here se teenwoordigheid verkwikking te vind.
Na die tyd kuier ons gesellig saam oor ’n koppie koffie of tee. Ons sien uit na hierdie kosbare tyd van gebed en gemeenskap saam met jou!
Almal, oud en jonk is baie welkom!
LEWENDE WATERS
Efesiërs Bybelstudie
Volgende Sondag aand, 13 September om 5 nm (17:00)
Adres:
134 Sixteenth Avenue, Tauranga.
Bring jou Bybel, pen of potlood en 'n notaboek saam. As voorbereiding vir “Lewende Waters” lees asseblief Efesiërs 4 deur.
Almal, oud en jonk is baie welkom!
BELANGRIKE DATUMS VIR SEPTEMBER
- Vrydag 4 September tot Saterdag 5 September - ACK Nieu-Seeland - Algemene Vergadering.
- Sondag 6 September - Vadersdag
- Sondag 6 September om 9 vm - Erediens by 25 Moffat Road, Bethlehem.
- Sondag aand 6 September om 17:00 - ACK Tauranga Oase - biduur by 134 Sixteenth Avenue, Tauranga. Kom vind hernuwing en rus aan die begin van ’n besige nuwe maand. Almal, oud en jonk is baie welkom!
- Woensdag 9 September 2026 - om 18:30 - Selgroep vir Vrouens by 95 Orange Lane, Bethlehem, Tauranga. Alle dames, jonk en oud is baie welkom!
- Donderdag 10 September om 18:30 - Young Adults by 17 Saltwood Lane, Bethlehem, Tauranga. Alle jongmense is baie welkom!
- Dinsdag 15 September 2026 om 18:30 - Kleingroep byeenkoms by Jaco en Anmarie Steyn - 17 Saltwood Lane, Bethlehem, Tauranga. Almal is baie welkom!
- Woensdag 16 September 2026 - om 18:30 - Selgroep vir Vrouens by 95 Orange Lane, Bethlehem, Tauranga. Alle dames, jonk en oud is baie welkom!
- Donderdag 17 September om 10 vm - Super 60's by 20 Mcdowell Street, Springfield, Rotorua. Almal is baie welkom!
- Donderdag 17 September om 18:30 - Young Adults by 17 Saltwood Lane, Bethlehem, Tauranga. Alle jongmense is baie welkom!
- Saterdag 19 September om 10 vm - 'n Spesiale Damesdag by Omokoroa Boat Club. Alle dames jonk en oud is baie welkom. Kontak asseblief vir Poppie Engelbrecht as jy belangstel.
- Woensdag 23 September 2026 - om 18:30 - Selgroep vir Vrouens by 95 Orange Lane, Bethlehem, Tauranga. Alle dames, jonk en oud is baie welkom!
- Donderdag 24 September om 18:30 - Young Adults by 17 Saltwood Lane, Bethlehem, Tauranga. Alle jongmense is baie welkom!
- Sondag, 27 September om 2:00 vm Daylight Saving begin - horlosies draai 1 uur vorentoe.
BEDIENINGS:
Bid Saam
- Waar ons saam met jou op ons knieë gaan.
- [email protected]
- of kontak Ds. Jacques Joubert op 021 836 649
Saam met Jou
- As dinge swaar gaan en jy iemand nodig het, Charles en Hyla Wallace is albei beskikbaar vir 'n koffie of in 'n krisis. Julle is welkom om hulle 'n lui te gee, te sms of 'n epos te stuur:
Charles: 021 027 49067
Hyla: 027 825 0317
[email protected]
MET DANK AAN ONS VRYWILLIGERS VIR HUL TYD EN ONBAATSUGTIGE DIENS:
Kerkraadslede vir September:
Hendrik Wentzel &
Jaco Steyn
Gasvryheidsdiens
6 - Kinders
13 - Hendrik Wentzel
20 -
27 -
Jaco Steyn is namens die Kerkraad beskikbaar. Kontak hom gerus op 0210 887 0395.
Vir pastorale hulp en sorg kontak Ds. Jacques Joubert op 021 836 649 of vir Hyla Wallace op 027 825 0317.
🌷💒🌷💒🌷
Voorspoed vir elkeen vir die week wat voorlê.
Onthou, God is in beheer!
ACK Tauranga Kerkraad
ACK Tauranga Bankbesonderhede:
ACK Tauranga Congregation Trust
03-0435-0746258-00
Naam en van as verwysing of kontak Wilma Pretorius by [email protected] vir 'n donasie nommer.