14/08/2026
MALEAGI PREEKREEKS
Hierdie Sondag skop ons af met ons nuwe preekreeks uit die boek Maleagi.
Maleagi herinner ons daaraan dat God meer verwag as net woorde of uiterlike godsdiens.
Ons eerste boodskap:
"God kies om ons lief te hê.”
📖 Maleagi 1:1–5
Kom ontdek saam met ons wat dit beteken om vas te staan in God se liefde, selfs wanneer ons omstandighede ons laat twyfel.
Bring gerus familie en vriende saam. Ons sien uit daarna om hierdie besondere reis deur Maleagi saam met u aan te pak!
Die reeks sal regstreeks uitgesaai word op ons Youtube kanaal:
https://www.youtube.com/