Afrikaanse Kerk Hawke's Bay

Afrikaanse Kerk Hawke's Bay Our church believe that the Holy Scripture or the Holy Bible is the Word of God.

This Word has no equal because it is: inspired by God the Holy Spirit who caused many different men to write it over a considerable period of time

Our early morning prayer for 15th of June is based on Ex.7:1-2: “ The Lord said to Moses, ‘ You shall speak all that I c...
14/06/2026

Our early morning prayer for 15th of June is based on Ex.7:1-2: “ The Lord said to Moses, ‘ You shall speak all that I command you ‘.”
Let us pray for wisdom to be able to hear God’s voice in our lives.
Dear Lord I know that I am at times scared and shy to talk. Give me the courage, clarity, love and peace in my heart to stand up and represent you.
Amen !

Source : https://www.facebook.com/ Koningsdogters En SeunsvirJesusKingdomDaughtersSons

14/06/2026

Dis die tweede naweek in Junie, en is ons nog bereid om “Laat U wil geskied” in ons lewe te aanvaar, ten koste van ons eie wil? Die 4de boodskap in die Heilige Gees-reeks boodskap wys op die noodsaaklikheid om die Leiding van die Heilige Gees in ons lewe te gehoorsaam! Ons moet gewillig, gehoorsaam en bereidwillig wees om die Heilige Gees se OOP en TOE deure in ons lewens-reisplanne, te aanvaar en uit te leef. Paulus het hierdie aanvaarding eersterhands ervaar tydens sy sendingreise. Voel vry om hierdie broodnodige geestelike pitkos aan familie, vriende en ander soekendes, bekend te stel en te deel. Besoek gerus ook die Afrikaanse Kerk New Zealand se YouTube kanaal vir ‘n groot verskeidenheid erediens-opnames. Wat julle ookal doen - Moet dit nie misloop nie! Ons verwelkom vrae en positiewe kommentaar.

Krediet:
Ds. Chris Liebenberg is verbonde aan die Afrikaanse Gemeente in Hawke’s Bay en Palmerston North.
Opname datum: 20260614
Teks: Handelinge 16
Skakel: https://youtu.be/nBNQwwuJY0k

Ds. Chris Liebenberg lei vandag, 14 Junie,  se vroeg-oggend erediensboodskap. Ons mense ken mos van wysheid, maar hoe ly...
13/06/2026

Ds. Chris Liebenberg lei vandag, 14 Junie, se vroeg-oggend erediensboodskap. Ons mense ken mos van wysheid, maar hoe lyk die wysheid waarmee ons as mens, leef? Ds. Chris vertel meer:” Die Jakobusbrief is 'n praktiese brief. Dit leer 'n mens hoe jou lewe as Christen te moet lyk.Ek weet daar is soms gedeeltes in die Bybel wat moeilik is om te lees - soos die naamlyste en die stambome... Dan is daar gedeeltes wat eenvoudig onverstaanbaar en baie maal onverklaarbaar is - eindtyd geskrifte. "Nou kyk ons nog in 'n dowwe spieel..." Maar die lesers van die brief van Jakobus het nie daardie probleem gehad nie. Jakobus se woorde is reguit, eenvoudig en eerlik. Opreg. Op die man af. Al is Jakobus se woorde maklik om te verstaan - want hy praat oor goed waaroor ons elke dag met mekaar praat - was dit beslis nie maklike woorde om na te luister nie. Want as Jakobus praat, praat hy asof hy iets van my weet wat ek 'n geheim wou hou. Dinge waarvan net ek weet. Eintlik is Jakobus se woorde ongemaklik reguit en gevaarlik eerlik. Regdeur die brief is Jakobus eintlik besig om vers vir vers te kyk na die uitlewing van ons geloof... In ons teksgedeelte wil hy vandag weet: hoe lyk die wysheid waarmee jy leef? “

Krediet:
Ds. Chris Liebenberg is verbonde aan die Afrikaanse Kerk Hawke's Bay en Palmerston North gemeentes.
Opname datum: 20170625
Teks: Jak.3
Skakel:

Die Jakobusbrief is 'n praktiese brief. ...

Ons erediens-boodskap uit Ierland se tema is “Hoe om met Jesus te leef”. Ons gasprediker is Ds. Rassie Erasmus, hier aan...
12/06/2026

Ons erediens-boodskap uit Ierland se tema is “Hoe om met Jesus te leef”. Ons gasprediker is Ds. Rassie Erasmus, hier aan die woord op 13 Junie 2022.

Krediet:

Irish Reformed Church
Skakel:

The Irish Reformed Church is a Christian church in Ireland for people all over.Please LIKE and SUBSCRIBE if this meant something to you. For details about th...

Vanmore vroegoggend, op 12 Junie,  gesels Ds. Chris Liebenberg ernstig oor wat ons as die KOSBAARSTE DINGE IN ONS LEWE b...
11/06/2026

Vanmore vroegoggend, op 12 Junie, gesels Ds. Chris Liebenberg ernstig oor wat ons as die KOSBAARSTE DINGE IN ONS LEWE beskou. Hy vertel verder meer hieroor:
“ Ek d**k nie altyd ons weet wat ons werklik het nie.
Want die goed wat ons het, wil ons met ons oë kyk –
ek wil my geld tel en sê ek het soveel geld;
of ek wil na my huis kyk en sê hoeveel messe en vurke;
of soveel klere;
of soveel karre.
DIT WAT ONS HET, WIL ONS MET ONS OË MEET.
En somtyds, as ons genoeg tyd het, wil ek dit kan tel.

MAAR EK EN JY WEET NIE WERKLIK WAT ONS NIE HET NIE.
WANT DIE KOSBAARSTE DING IN ONS LEWE, KAN JY NIE MET DIE OË MEET NIE.
Dit was ‘n oomblik wat alles vir jou verander het –
VOOR daardie oomblik was ek en jy verlore; NA daardie oomblik is ons gered,
VOOR daardie oomblik was ons soekend; NA daardie oomblik was ons gevind.

Maar kyk nou wat doen ons baie keer:
Nou fokus ons op wat ons NIE HET NIE, en dit hou my aan die gang:
Ek het nog nie soveel geld as wat ek wil hê nie, en daarom hou dit my besig;
ek het nie so ‘n mooi huis soos jy nie, en daarom is ek jaloers en hunkerend;
ek het nog nie ‘n mooi kar nie;
ek is nog nie ryk genoeg nie;
ek is nog nie mooi genoeg nie;
ek is nog nie jonk genoeg nie.

Die goed wat ons nie het nie, hou ons besig, soveel so dat dit die aandag aftrek van die kosbaarste ding wat ons wel het.

Krediet:
Ds. Chris Liebenberg is verbonde aan die Afrikaanse Kerk Hawke’s Bay en Palmerston North Gemeentes
Opname: 12 Junie 2016
Skakel:

Ds. Chris Liebenberg gesels ernstig oor wat ons as die KOSBAARSTE D...

Op die 11de Junie herbevestig die Woord ons van God se beloftes.  "Sy Woord is konstant en sy drome oor jou is gevul met...
10/06/2026

Op die 11de Junie herbevestig die Woord ons van God se beloftes. "Sy Woord is konstant en sy drome oor jou is gevul met hoop en verwagting. Hy wil jou in 'n nuwe dimensie inneem en jou hoog laat vlieg. Hy wil jou sterk anker in Hom sodat jy nie sal wankel wanneer die stormwinde kom ruk aan jou nie."

Krediet : Lux Verbi en - .blom uit

09/06/2026
The Most Powerful Prayer On Earth!  His purpose is that His creation is made whole - This is the most powerful prayer we...
08/06/2026

The Most Powerful Prayer On Earth! His purpose is that His creation is made whole - This is the most powerful prayer we can pray on earth: “Your will be done, on earth as it is in heaven.” (Matt. 6:10) What is it to pray His will? What is God’s will? God’s will is what is written in His word. So when we pray His word we pray His will to be done.
How else can we know His will? God has given us His word so that we may know His will. Will is to do with purpose. His purpose is that His creation is made whole.
Imagine the garden of Eden. Everything was in perfect harmony. There was no shame or disease. Adam and Eve were not aware that they were naked. Everything was transparent. The animals were at peace. There was abundance in everything. This was God’s original will and intent for His creation. Once sin entered, the scene changed dramatically. All creation tuned against itself. Love turned inward is lust. The Spirit of rebellion entered the heart and spoiled everything.
Jesus came to redeem us from our sin trapped souls. In Him we are restored to communion with our Heavenly Father. Jesus came to give us the way to redemption by laying down His life as a sacrifice for sin. This redemption is for all who receive His word. “If you confess with your mouth that He is your Lord and Saviour and believe in your heart that He is risen from the dead, you will be saved.” Romans 10:9.
Credit:
Christian learning.com

Ons vroegoggend oordenking op die 8ste Junie handel oor huise en huisvesting. Dis seker DIE item waarop mense meeste tyd...
07/06/2026

Ons vroegoggend oordenking op die 8ste Junie handel oor huise en huisvesting. Dis seker DIE item waarop mense meeste tyd , geld en aandag spandeer. Maar wat sê die Bybel van ons huise in die ewige lewe? DAAR’S BAIE WOONPLEK! Joh 14:1-2: “Julle moet nie onsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie woonplek. As dit nie so was nie, sou ek nie vir julle gesê het Ek gaan om vir julle plek gereed te maak nie”.
Jesus se trooswoorde is nie soos die magtelose vertroosting van mense wat dit goed bedoel, maar wat self nie die antwoord ken of die oplossing nie het nie. Jesus praat soos iemand wat uit ondervinding praat, nie soos iemand wat maar net ’n opinie gee nie.
Dít wat vir ons anderkant die grense van die dood wag, hou vir ons dikwels vrees en onsekerheid in. Maar hoeveel vertroosting bring dit wanneer Hy vir ons sê: “In die huis van my Vader …” Sy huis word ook óns huis. Soos ʼn kindjie van sy of haar ouerhuis praat as “my huis”, kan ons van die hemel praat as “ons huis”.
Jesus praat van die hemel as ʼn “plek”. En in hierdie hemelse huis is daar “baie woonplek”. Dit kan ook nie anders nie, want God se familie is baie groot. Openbaring 7:9 praat van “ʼn groot menigte … wat niemand kon tel nie. Hulle was van elke nasie, stam, volk en taal en het voor die troon en voor die Lam gestaan”.
Soms, wanneer ons ʼn paar vriende na ons huis wil nooi, moet ons ons uitnodiging beperk, want hoewel daar in ons hart plek vir baie is, is daar nie in ons huis soveel plek nie. God het egter genoeg plek in sy hart én in sy huis. Daar is plek vir elkeen wat wil kom. Sy huis sal eers vol wees wanneer die laaste een ingekom het.
“As dit nie so was nie …” Jesus het alles bedoel wat Hy gesê het. Alles wat nodig is vir ons om ook eendag in daardie huis te wees, het Hy gesê. Hoekom sal ons Hom dan nie glo nie?
GEBED: “Ek glo U, Here Jesus, want U weet waarvan U praat. Amen.”

07/06/2026

Lidmate wie graag na boodskappe van Perth Afrikaanse Kerk in Australië luister, volg gerus hierdie skakel hieronder. Ds. Marius de Beer se tema is”Beskikbaar! Dankbaar! Getrou!” Die teks is Matteus 20:20-28

Krediet:
Ds. Marius de Beer is verbonde aan die Perth Afrikaanse Kerk
Opname datum: 7 Junie 2026
Teks: Matteus 20:20-28
Skakel: https://youtu.be/OZRociSJoUQ

Address

Hastings

Opening Hours

Monday 9am - 9pm
Tuesday 9pm - 6pm
Wednesday 9am - 9pm
Thursday 6pm - 9pm
Friday 9pm - 5pm
Saturday 9am - 5pm
Sunday 12pm - 5pm

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Afrikaanse Kerk Hawke's Bay posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share