ACK North Shore Gemeente

ACK North Shore Gemeente Contact information, map and directions, contact form, opening hours, services, ratings, photos, videos and announcements from ACK North Shore Gemeente, Religious organisation, Long Bay College Arts Centre, Auditorium/30 Ashley Avenue, Long Bay, Auckland.

Ons wil 'n veilige tuiste skep waar ons met hart en hande kan uitreik na elkeen in ons geloofsfamilie en na ons medemens in die gemeenskap, met warmte, liefde en aanvaarding. Ons wil ook graag ruimte bied waar elkeen aktief kan bydra tot ons geloofsfamilie se doelstellings, volgens ons talente, gawes en inspirasie, en saam bou aan die uitlewing van ons drome.

06/09/2026

Dis nie net verkoue- en griepvirusse wat aansteeklik is nie; houdings is ook: '...slegte geselskap bederf goeie gewoontes.' Navorsers noem dit 'emosionele besmetting' en dit affekteer elke aspek van die lewe, soos 'n vrot appel die hele krat besmet. 'n Verhoudingskenner sê: 'Een negatiewe werknemer kan die hele span besoedel en 'n giftige werksomgewing skep. Een negatiewe leier kan die werk vir sy of haar span ellendig maak. 'n Werknemer in 'n slegte bui kan ontelbare kliënte afskrik. Mense wat die heeltyd kla is soos 'n kanker wat deur die hele organisasie trek en wat die moraal en uitsette van spanne met groot talent en potensiaal, saboteer. Jy is nie net 'n skepping van jou omgewing nie, jy skep ook elke dag jou omgewing deur jou gedagtes, oortuigings en optrede. Jy kan op 'n negatiewe manier aansteeklik wees, of op 'n positiewe manier. Jy kan 'n kiem wees wat jou organisasie se immuunstelsel aanval, of dit soos 'n dosis vitamiene C versterk. Jou emosies het 'n uitwerking op die wêreld rondom jou.' Paulus sê: '...[julle moet] die ou sondige mens soos vuil klere... uittrek... Julle moet op 'n nuwe, geestelike manier leer d**k' (Efesiërs 4:22-23 NLV). Hoe doen jy dit? Deur God te vra om jou '...'n ander mens...' (1 Samuel 10:6 NLV), te maak en jou houding van 'n negatiewe een na 'n positiewe een te verander, wat die mense rondom jou elke dag positief beïnvloed. Wees terselfdertyd selektief oor die geselskap waarin jy jou bevind. Jy weet uit ondervinding wie die mense is wat jou aftrek en jou energie dreineer. Bid vir hulle, maar spandeer mimimale tyd in hulle geselskap. - geleen

05/09/2026

Vaderlike Bemoediging. 1 Kor. 16: 10-14

04/09/2026
29/08/2026

Werk slimmer, nie harder. Eksodus 18:13-26

28/08/2026

Wat ’n besonderse dag van saamkuier, Nagmaal en heerlike kos! Baie geluk aan die Alikreukels met hul wen-biltongpot wat vanjaar die beoordelaars se harte (en mae!) gewen het! 🏆🍲 ’n Baie spesiale dankie aan al ons sjefs, helpers agter die skerms en elkeen wat bykosse en poedings gebring het. Julle bereidwilligheid en omgee maak ons geloofsfamilie so spesiaal! 🙏❤

Address

Long Bay College Arts Centre, Auditorium/30 Ashley Avenue, Long Bay
Auckland
0630

Opening Hours

9:30am - 11:30am

Telephone

+64272817602

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ACK North Shore Gemeente posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to ACK North Shore Gemeente:

Shortcuts

Share