ACK Pukekohe

Call Directions Website Contact the place of worship

ACK Pukekohe Serving God in New Zealand with a focus on the Afrikaans speaking community.

04/10/2026

Ds Shawn Will

04/10/2026

Prediker:
Ds Shawn Will

Skriflesing:
Skriflesing: Joh. 15:1–5

“EK IS: Die Ware Wingerdstok”Wat beteken dit wanneer Jesus sê: "Ek is die ware wingerdstok" volgens Johannes 15?  Tydens...
01/10/2026

“EK IS: Die Ware Wingerdstok”

Wat beteken dit wanneer Jesus sê: "Ek is die ware wingerdstok" volgens Johannes 15?

Tydens Jesus se laaste gesprek met sy dissipels, beklemtoon Hy die noodsaaklikheid dat die dissipels in Hom moet bly. Hierdie waarheid is 'n waarheid vir gelowiges vandag nog. Jesus gee ook twee gevolge: Daar is die wie uitgesny word en die wat gesnoei word. Hoekom is hierdie sny- en snoei-proses belangrik vir ons?

Kom skakel gerus komende Sondag in wanneer ons saam ontdek hoe om in Christus te bly met toewyding en deernis.

"Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe." Ons gaan voort met ons preekreeks oor Jesus se "Ek is"-uitsprake, en hierdie ...
25/09/2026

"Ek is die Weg, die Waarheid en die Lewe."

Ons gaan voort met ons preekreeks oor Jesus se "Ek is"-uitsprake, en hierdie week delf ons dieper in Johannes 14:6. Waar twyfel en vrae ons dikwels kan oorval, staan Christus as ons vaste fondament en die enigste weg na die Vader.

Kom skakel gerus komende Sondag by ons in wanneer ons saam ontdek hoe hierdie kragtige uitspraak ons hoop anker en ons troos gee in God se onwankelbare beloftes.

20/09/2026

Prediker:
Ds Shawn Will

Skriflesing:
Johannes 11:25–26

"EK IS die Opstanding en die Lewe"Toe Jesus vir Martha ontmoet het buite Lasarus se graf, omring deur roubeklaers, het H...
17/09/2026

"EK IS die Opstanding en die Lewe"

Toe Jesus vir Martha ontmoet het buite Lasarus se graf, omring deur roubeklaers, het Hy haar perspektief vir altyd verander met die woorde: "Ek IS die Opstanding en die Lewe."

Hierdie kragtige uitspraak herinner ons daaraan dat die ewige lewe nie bloot ’n toekomstige gebeurtenis is nie, maar ’n lewende Persoon. Christus het absolute gesag oor sowel liggaamlike as geestelike dood. Wanneer ons in Hom glo, vind ons vandag al ons hoop en vrede in Sy teenwoordigheid.

Ons nooi jou hartlik uit na komende Sondag se diens, waar ons dieper gaan delf in hierdie wonderlike tema en skrifgedeelte.

13/09/2026

Prediker:
Ds Shawn Will

Skriflesing:
Johannes 10:11–14

In die volgende deel van ons preekreeks fokus ons op Jesus se vierde "Ek Is"-uitspraak in Johannes 10:11–14: "Ek is die ...
10/09/2026

In die volgende deel van ons preekreeks fokus ons op Jesus se vierde "Ek Is"-uitspraak in Johannes 10:11–14: "Ek is die Goeie Herder."

Anders as 'n huurling wat vlug wanneer gevaar dreig, lê die Goeie Herder Sy lewe af vir Sy skape. Jesus beskerm ons nie net nie, maar Hy ken ons op 'n diep, intieme manier en eis ons op as Sy eie. Beleef jy reeds die rus en vrede om te weet jy behoort aan die Een wat alles vir jou opoffer?

Ons sien uit om saam jou te groei in die genade en kennis van ons Here Jesus.

In die volgende gedeelte van ons preekreeks kyk ons na Jesus se uitspraak: "Ek is die Deur vir die skape" (Johannes 10:7...
03/09/2026

In die volgende gedeelte van ons preekreeks kyk ons na Jesus se uitspraak: "Ek is die Deur vir die skape" (Johannes 10:7–9).

Wat beteken hierdie belofte van vryheid, veiligheid en verlossing vir jou alledaagse lewe in vandag se wêreld?

Kom skakel komende Sondag in en ontdek hoe hierdie uitspraak jou geloof en vertroue in God vernuwe!

“Ek is die Lig van die wêreld.” Ons leef in 'n stukkende wêreld, maar Jesus se tweede “EK IS” uitspraak bring 'n keuse: ...
27/08/2026

“Ek is die Lig van die wêreld.”

Ons leef in 'n stukkende wêreld, maar Jesus se tweede “EK IS” uitspraak bring 'n keuse: Is Sy lig net 'n mooi gedagte, óf verander dit regtig my lewe?

Kom vind saam ons uit hoe intensioneel Jesus is met Sy volgende uitspraak.

Address

St James, 30 West Street
Auckland

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when ACK Pukekohe posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to ACK Pukekohe:

Shortcuts

Share

Category