Outreach WA

Outreach WA Kerklike bediening aan Afrikaanssprekendes op die platteland van Wes Australie

10/04/2026
03/04/2026

Ons herdenk vandag Goeie Vrydag. Dit is ‘n dag van diep emosie en refleksie oor dit wat Christus vir ons aan die kruis kom doen het. Dit is ‘n dag waar ons weer gekonfronteer word met die seer, die pyn en die onreg van wat aan Jesus gedoen is, maar in dit is daar ook ‘n diep besef van die hoop wat die kruis gee. Ons Almagtige God, wat ons as belangrik genoeg geag het, dat Hy Sy Seun na die wêreld gestuur het sodat Hy ons kan kom red.

Mag hierdie boodskap van onvoorwaardelike liefde en genade van ons Here jou hart vul op hierdie dag.

Ons nooi jou ook uit na Sondag se erediens waar ons Jesus se oorwinning oor die dood sal vier. Ds Marius sal die diens lei met die tema “Sonder die opstanding is ons niks!” vanuit 1 Korintiërs 15.

14/03/2026

Ons is baie opgewonde en met groot dank dat ons kan laat weet dat Ds Marius en sy gesin se visum goedgekeur is! Hulle nou is besig om hul finale reëlings te tref vir die groot trek na Australië toe. Ons sien uit om Ds Marius, Corlia en Marli binnekort by ons te kan hê.

27/11/2025

Ds Peter en Lizelle het verlede naweek ons Northam gemeente gaan besoek, en skryf die volgende oor hul tyd daar:

"Ons (ek, Lizelle en Fido) was weer bevoorreg om ons geliefde mense in Norham te besoek. Hierdie keer het twee nuwe pare by die geleentheid aangesluit: Herman en Celeste Smalberger, asook Heinrich en Angelique Horn. Na die byeenkoms het ons, soos gebruiklik, heerlik saam geëet en gekuier. ’n Groot dankie aan Kobus en Marthie wat ons so gasvry ontvang het. Ons sien met groot verwagting uit daarna om hulle DV weer volgende jaar te besoek."

Dis vir ons so lekker om op so manier bande te bou met al ons gemeentes reg oor WA.

Dis regtig so wonderlik om al ons jongmense van al ons bedieningspunte saam te sien! Ons hoop om nog meer sulke gelenthe...
02/10/2025

Dis regtig so wonderlik om al ons jongmense van al ons bedieningspunte saam te sien! Ons hoop om nog meer sulke gelenthede te skep.

Die afgelope naweek was Ds Gawie in Albany vir die gebruiklike Afrikaanse erediens wat toe ook 'n troosdiens geword het ...
29/08/2025

Die afgelope naweek was Ds Gawie in Albany vir die gebruiklike Afrikaanse erediens wat toe ook 'n troosdiens geword het vir Barend Jordaan wat oorlede is.Tydens die diens hou Wilna ook altyd kinderkerk.
Albany se mense waardeer altyd die dienste en kry geleentheid om heerlik te kuier en saam te eet na die tyd.

Tyd vlieg vinnig verby! Ds Marius is al bietjie meer as 'n maand al besig om al ons plattelandse bedieningspunte besoek ...
10/07/2025

Tyd vlieg vinnig verby! Ds Marius is al bietjie meer as 'n maand al besig om al ons plattelandse bedieningspunte besoek en skryf die volgende:

Verwonderd en bevoorreg! Dis hoe ek die afgelope twee weke se bediening van Outreach WA op die platteland wil opsom! Wat ‘n voorreg om in Esperance ‘n hele klomp jong gesinne te kon ontmoet wat entoesiasities die kinders bedien en met met warmte meegeleef het in die erediens en saamwees ná die tyd! In Northam het die opregte openhartigheid en gasvryheid van mede broers en susters my met verwondering getref! Ek kan met eerlikheid bely: “ek glo aan die gemeenskap van die heiliges”!
Dankie vir elkeen se bydrae tot die etes, bywoon van die eredienste, en Rukus in Esperance en Marthie en Kobus Nieuwoudt in Northam wat telkens die ruimtes van aanbidding in gereedheid bring!

Dankie Outreach WA en Perth Afrikaanse Kerk vir die voorreg om kerkwees op hierdie manier te leer ken!

~ Ds. Marius

Ds Marius en Corlia de Beer het hulle heel eerste besoek af gelê in die platteland van Wes Australië! Ds Marius en Corli...
23/06/2025

Ds Marius en Corlia de Beer het hulle heel eerste besoek af gelê in die platteland van Wes Australië! Ds Marius en Corlia het die gemeente op Katanning besoek en na afloop van die diens, het hulle lekker saam met die plaaslike gemeentelede gekuier.

Eerskomende Sondag gaan Ds Marius ons Esperance gemeente bedien so as jy, of iemand wat jy ken, in die omgewing bly dan nooi ons jou graag uit om die diens by te woon!

Welkom aan Ds Marius en Corlia de Beer wat verlede week in Perth gearriveer het! Ds. Marius en Corlia gaan by ons wees t...
13/06/2025

Welkom aan Ds Marius en Corlia de Beer wat verlede week in Perth gearriveer het!

Ds. Marius en Corlia gaan by ons wees tot 1 Augustus 2025 en in die gemeente bedien tweryl Ds Gawie met lang verlof is. Hy en Corlia sal in Clarkson tuis gaan en op die platteland asook in PAK eredienste waarneem.

Ds Marius se eerste diens op die platteland sal in Katanning wees en ons nooi almal hartlik uit om dit te kom bywoon.

Ds Marius is ook beskikbaar vir pastorale versorging. Indien jy daaraan 'n behoefte het, stuur gerus vir ons 'n privaat boodskap en dan sal ons jou in kontak met hom sit.

Goeie Vrydag is nie net 'n dag om te herdenk en of aan terug te d**k nie. As ons vandag Goeie Vrydag vier, dan vier ons ...
18/04/2025

Goeie Vrydag is nie net 'n dag om te herdenk en of aan terug te d**k nie. As ons vandag Goeie Vrydag vier, dan vier ons die voortgaan van God se genade wat tot 2000 jaar nadat Jesus aan die kruis was, deur ons voortvloei na ander mense. Luister na vandag se diens waar Ds. Peter dieper kyk na wat dit beteken om vir mekaar so diensbaar te wees en so lief te hê dat daardie persoon nie anders kan as om ander mense weer lief te hê nie.

Tema: Voete Was - Inspirerende Diensbaarheid
Skriflesing: Johannes 13:1-17
Skakel na die diens: https://bit.ly/4jEL9ax

Address

5 Cheney Loop
Secret Harbour, WA
6173

Telephone

+61415846599

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Outreach WA posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share