08/09/2026
My Daaglikse Brood
Lees Handelinge 2:29-47
Handelinge 2:42 (1983 vertaling) Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebooie.
- Van die belangrikste kenmerke van die eerste gemeente word hier uitgewys.
- Dit is opvallend dat gemeenskap (“koinonia”), samehorigheid en eensgesindheid vir hulle belangrik was (verse 42, 44 - 47).
- Dit is ook duidelik dat die gemeente in Jerusalem met hulle toewyding aan die Here en hulle onderlinge liefde en ywer aansteeklik in hulle gemeenskap gewerk het.
- Vir die wat nuut tot geloof in Christus kom is kontak met medegelowiges van uiterste belang.
- Die beste getuienis oor Christus is steeds wanneer gelowiges met hulle léwens wys dat Hy 'n daadwerklike verskil bring.
Gebed: Abba Vader, help my om die belangrikheid van kerk-familie te verstaan. Skep in my 'n honger om met mede-gelowiges te wil aanbid en saam U koninkryk te bou, Amen.