24/10/2026
My Daaglikse Brood
Jona 4:1-4
Jona 4:2b (1983 vertaling) Ek het geweet U is ‘n genadige en barmhartige God, lankmoedig en vol liefde. U sien maklik af van die straf wat U aangekondig het.
- “Oor my dooie liggaam!” is spreekwoordelik Jona se reaksie op God se genade.
- Hoe vinnig het hy nie vergeet nie, in Jona 2:1-10 besing Jona God se genade omdat hy self gered is, maar wanneer ander ook genade ontvang, wil Jona eerder doodgaan as om dit te aanskou.
- Hy was gelukkig toe hy self gered is, maar kwaad toe Nineve gered word.
- Die grense van God se genade val toe ongelukkig vir Jona nie saam met die grense van sy eie volk nie.
- Meer nog, God se genade sluit selfs Jona se vyande in.
- Jona erken dat hy juis hieroor vir God kwaad is, dit is asof hy verbitterd is omdat al sy dogmas oor God nou aan skerwe lê.
- Hy het geweet God is genadig maar hy het dit nie geglo soos wat God dit bedoel het nie.
- En God antwoord hom met ‘n vraag wat hom behoort te stop in sy spore, “Het jy rede om kwaad te word?”
Gebed: Here God, U is genadig en barmhartig, lankmoedig en vol liefde! Help my om nooit te vergeet dat U my Skepper is en ek net die skepsel, U weet alles en U weet die beste, Amen.