Oudtshoorn Gereformeerde Kerk

Oudtshoorn Gereformeerde Kerk Die eredienste vir die winter seisoen, begin weer om 9:30!

31/05/2026

30 Mei 2026 Stoom Trein Rit.

Gedeelte 2: Paar videos van die dag se heerlike gemeente uitstappie aanboord Patricia —109 jaar oue stoom trein wat weer vir die 1st keer passasiers aanboord neem.

30 Mei 2026 Stoom Trein Rit.Gedeelte 1: Heerlike gemeente uitstappie aanboord Patricia —109 jaar oue stoom trein wat wee...
31/05/2026

30 Mei 2026 Stoom Trein Rit.

Gedeelte 1: Heerlike gemeente uitstappie aanboord Patricia —109 jaar oue stoom trein wat weer vir die 1st keer passasiers aanboord neem.

Jes 40:8 "Ja, gras verdor, 'n blom verwelk, maar die woord van ons God hou stand vir altyd."Kyk om jou heen, en sien hoe...
31/05/2026

Jes 40:8 "Ja, gras verdor, 'n blom verwelk, maar die woord van ons God hou stand vir altyd."

Kyk om jou heen, en sien hoe verganklik die wêreld is. Die gras wat vandag groei, sal môre verdor. Die blomme wat nou pragtig is, sal gou verwelk. Maar weet dat My woord ewig is: dit hou stand vir altyd. Dit is 'n anker in die storm van die lewe, 'n fontein van troos en hoop. Vertrou op My, want my woord sal jou nooit teleurstel nie.

Here Jesus, laat my op U woord vertrou.
(Prof Faan Denkema)

This stream is created with

Jes 30:15 "In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag."Kom na My toe. Ek gee jou al...
30/05/2026

Jes 30:15 "In bekering en rustigheid lê julle redding, in kalmte en vertroue lê julle krag."

Kom na My toe. Ek gee jou alles wat jy nodig het om as 'n verloste mens te lewe. Ek gee jou rus en Ek vra jou om na My om te draai. As jy dit nou doen, ontvang jy nuwe krag. Dan vul Ek jou met kalmte en met vertroue. Só kan jy die lewe aanpak. Leef vandag met My!

Here Jesus, gee my kalmte en vertroue.
(Prof Faan Denkema)

DOELSTELLINGS VAN DIE GEREFORMEERDE KERK OUDTSHOORN Visie: Ons wil 'n gemeente wees wat die Here verheerlik deur Sy Koningkryk uit te dra. Persoonlike groei: 'n Passievolle persoonlke verhouding met die Here. Groei in die liefdevolle gemeenskap met die gelowiges: Aan die hand van ons Geesgewe gawes....

Ps 119:159 "Sien tog raak dat ek u opdragte liefhet, Here, maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde."Ek is bl...
24/05/2026

Ps 119:159 "Sien tog raak dat ek u opdragte liefhet, Here, maak my lewend in ooreenstemming met u troue liefde."

Ek is bly om te sien hoe jy my opdragte liefhet. As jy op die pad van my gebooie gaan, vind jy nie alleen die lewe nie, maar ook seën en vreugde. My woorde is 'n fontein van wysheid en lei jou op die pad van geregtigheid. Vertrou op My en weet dat Ek trou is aan my beloftes. Ek sal jou nooit in die steek laat nie.

Here Jesus, maak my lewend met U troue liefde.
(Prof Faan Denkema)

This stream is created with

Ps 119:142 "U geregtigheid is regverdig vir ewig en u wet is betroubaar.My geregtigheid is nie alleen vir vandag nie. Va...
20/05/2026

Ps 119:142 "U geregtigheid is regverdig vir ewig en u wet is betroubaar.

My geregtigheid is nie alleen vir vandag nie. Van ewigheid tot ewigheid is Ek die regverdige. Ek sien 'n wêreld voor My vol van reg en eerlikheid. My weg en my wet toon die waarheid van die nuwe wêreld. Gaan daarom elke dag opnuut op pad. Honger en dors na geregtigheid. Só kom my nuwe wêreld in beeld. Jy kan sonder skroom binne gaan.

Here Jesus, U geregtigheid is vir ewig. Halleluja!
(Prof Faan Denkema)

‼️ Tyd raak min!Potgieter toere bied aan:  ‘n Stoomtrein rit, op 30 Mei 2026 aan boord van die oudste werkende stoom lok...
15/05/2026

‼️ Tyd raak min!

Potgieter toere bied aan: ‘n Stoomtrein rit, op 30 Mei 2026 aan boord van die oudste werkende stoom lokomotief in Suid-Afrika “Patricia”, oorspronklik gebou in 1897. U gaan reis in klassieke, gerieflike en uitnemende gerestoureerde waens, perfek vir families en spoorweg-entoesiaste. Ten bate van die Gereformeerde Kerk Oudtshoorn. (R350/persoon slegs plek vir 12/22 persone)

⭐ WAT JOU REIS INSLUIT:

• Bus vervoer vanaf die Gereformeerde Kerk Oudtshoorn. Vertrek 09:00 en sal ongeveer 16:00 terug wees in Oudtshoorn (Koffie stop by Drie Magrietjies Padstal as die tyd dit toelaat).

• 12:00 Gaan aan boord, by ’n regte stasie met ’n kaartjiekantoor, restaurant en perron (Etes slegs op trein beskikbaar vir U eie rekening).

• Roete: Hartenbos ↔️ Mosselbaai Retoer.

• Foto geleenthede met Patricia by Hartenbos-stasie en Santosstrand.

• Asemrowende kus uitsigte langs die roete.

• Sien hoe Patricia water inneem by Santos — ’n seldsame en fassinerende ervaring.

• VERKEN NOG MEER (vir eie U rekening):
🍽️ Restaurante by Santosstrand
🏛️ Dias Museum kompleks
🌳 Poskantoorboom

Om jou sitplek te verseker kontak vir Johan by WhatsApp 083 629 3859. Finale bespreking by Atlantic Rail is onderhewig aan beskikbaarheid van sitplekke.

‼️ Vergewis u asb. van Atlantic Rail se Reëls en Regulasies.

Ps 119:123 "My oë smag na u verlossing, na u belofte van geregtigheid."Ek het gekom om geregtigheid te bring: 'n lewe wa...
15/05/2026

Ps 119:123 "My oë smag na u verlossing, na u belofte van geregtigheid."

Ek het gekom om geregtigheid te bring: 'n lewe wat vol is van integriteit en opregtheid. So het die Vader sy belofte vervul. Kyk daarom met die oë van jou hart vol verlange na die verlossing wat Ek bring - elke dag opnuut. Gelukkig is jy as jy honger en dors na geregtigheid! Ek belowe dat jy versadig sal word.

Here Jesus, ek verlang na U geregtigheid in my lewe.
(Prof Faan Denkema)

Gemeente, môre vier ons die Hemelvaart van ons Here Jesus.‼️ Die feesdag is besig om die vergete feesviering van die ker...
13/05/2026

Gemeente, môre vier ons die Hemelvaart van ons Here Jesus.

‼️ Die feesdag is besig om die vergete feesviering van die kerk te word.

Kom ons gebruik die dag om die Oorwinnaar in groot vreugde te eer.

✝️ Ons erediens is om 18:30.

Daars nog ñ paar plekkies beskikbaar.🚂 Bespreek by Johan jou sitplek en kom geniet die dag saam met ons.
13/05/2026

Daars nog ñ paar plekkies beskikbaar.

🚂 Bespreek by Johan jou sitplek en kom geniet die dag saam met ons.

Address

H/V Oranje En Parkweg Suid
Wesbank
6620

Opening Hours

09:30 - 10:30

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Oudtshoorn Gereformeerde Kerk posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Oudtshoorn Gereformeerde Kerk:

Share