Die Bediening van Die Weg

Die Bediening van Die Weg This is a NPC who spreads the good news of the gospel of JESUS CHRIST!

08/09/2026

Goeie môre geliefdes, wat 'n pragtige dag na die donker nag.

Vader, skenk ons krag om alles te kan vermag wat dié dag van ons verwag. Skenk ons geduld as ons moet WAG.

As ons kwaad raak, hou ons stemme sag. Leer ons om eerder vir ons self te lag, 'n glimlag te gee eerder as om vir een te wag.

Maak ons elke sekonde bewus van U Skepping se prag. Laat ons nooit twyfel aan U Liefde, Genade, Grootheid & Mag nie, amen?!!!

Geseënde dag!

06/09/2026

Hi geliefdes!

Ons tye het verander wanneer ons live gaan, dit is nou DV Woensdae om 20H00 en Vrydae om 20h00

JESUS liefde❤️

04/09/2026

As jy gelei voel om in ons bediening te saai, FNB NPO REK 6️⃣3️⃣0️⃣4️⃣2️⃣9️⃣0️⃣9️⃣1️⃣5️⃣1️⃣

04/09/2026

Ons sien uit om DV 20h00 vanaand saam julle die HERE se Naam groot te maak en Brood te breek 🙌

03/09/2026

Goeie môre geliefdes!

Vanoggend lê die HERE onverwags hierdie boodskap op my hart en ek lees 1 Petrus 1:16 wat sê;- omdat daar geskrywe is: Wees heilig, want Ek is heilig.

DAAR WAS 'n TYD GEWEES DAT DIT 'n BEDREIGING WAS VIR DIE DUIWEL OM HEILIG TE LEWE, MAAR VANDAG IS DIT 'n BEDREIGING VIR DIE MODERNE KERK OM HEILIG TE LEWE, AMEN?!!!

JESUS liefde aan elkeen ❤️

02/09/2026

Goeie naand geliefdes!

Ons sien uit om DV vanaand 20h00 weer om die Woord te kuier en die HERE se Naam groot te maak 🙌

30/08/2026

Hi geliefdes!

Sien uit om weer DV vanaand saam julle om 18h00 live om die Woord te kuier en die HERE se Naam groot te maak!

JESUS liefde!

29/08/2026

Goeie môre geliefdes!

Vanoggend lees ek, I Kor 10:10 wat sê;- En moenie murmureer soos ook sommige van hulle gemurmureer het nie, en hulle het deur die verderwer omgekom.

En ek deel met elkeen vanoggend soos ek dit in my gees ervaar:-

Die lewe sterf as jy ophou droom.....Hoop sterf as jy ophou glo.....Liefde sterf as jy ophou omgee.....Droom, glo, gee om en leef.....Doen moeite en waardeer jou geliefdes om jou elke dag.....Ons weet nie wanneer die doodsengel 'n geliefde kom haal nie.....Sy tyd is nie ons tyd nie.....Sê dankie uit jou hart en geniet elke dag wat God jou bied. Dit is GENADE!!!

Geseënde dag en JESUS liefde vir elkeen ❤️

28/08/2026

Goeie naand geliefdes!

Ons wil graag vanaand se live uitstel sodat ons volkome gesond kan wees en DV Sondag weer volstoom julle kan bedien, baie dankie.

Mooi aand en JESUS liefde aan elkeen ❤️

Address

Pretoria

Telephone

+27792578563

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Die Bediening van Die Weg posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share