09/09/2026
Goeie middag geseëndes in Jesus.
In vandag se lewe is daar soveel invloede wat mense weg vat van dit wat God se woord ons leer. Mense hang eerder ander mense se opinies en leerstellings aan in plaas van om God-Drie-Eenheid se leering te leer en te leef. Koning Salomo skryf aan ons in
SPR.4:23 "Bewaak jou hart meer as alles wat bewaar moet word, want daaruit is die oorspronge van die lewe." Wat vir ons leer om ons self te vereenselwig met wat God van ons as Sy kinders verlang en deur om gehoorsaam te wees bewaak ons ons hart teen die valsheid van die wêreld. As ek iets bewaak wat vir my gegee is kyk ek self daar na en hou dit veilig. As ek nie soveel waarde daaraan heg nie gee die bewaring aan iemand anders wat nie soveel waarde daaraan heg soos ek self nie.
So, bewaak u hart, volhard in u geloof en wees die mens wat God u bestem het om te wees.
Seën en liefde in Jesus.
Pastoor Sakkie Roux
Arukah Evangelisasie