NG Kerk Horison-Noord

NG Kerk Horison-Noord Ons nooi jou uit om deel te wees van ons verhaal en die opwinding te ontdek.

NGK Horison-Noord is nie net 'n gemeente nie; dit is 'n gemeenskap wat daartoe verbind is om in geloof te groei, mekaar te ondersteun en 'n positiewe impak in die wêreld te maak.

03/07/2026
JONA 1: Storms kom oor jou lewe, of jy dit nou vra of nie. Elke storm het 'n effek en 'n gevolg. Maar elke storm het ook...
03/07/2026

JONA 1: Storms kom oor jou lewe, of jy dit nou vra of nie. Elke storm het 'n effek en 'n gevolg. Maar elke storm het ook 'n uitkoms - soms op die mees onverwagte manier.

Hierdie is die tweede deel in die reeks oor God se onlogiese genade:

NGK Horison-Noord - erediens gelei deur ds Noël SchreuderJONA 1: S...

NGK Horison-Noord - erediens gelei deur ds Noël SchreuderOns gaan vir die volgende paar Sondae saam deur JONA stap in 'n...
03/07/2026

NGK Horison-Noord - erediens gelei deur ds Noël Schreuder
Ons gaan vir die volgende paar Sondae saam deur JONA stap in 'n preekreeks: ONLOGIESE GENADE.

Die boek Jona gaan nie net oor God en Jona nie, maar ook oor God en ons... Ons skop af deur na Jona te kyk, dan na onsself in die spieël - net om uit te vind: ONS IS MAAR NET SOOS JONA!

NGK Horison-Noord - erediens gelei deur ds Noël SchreuderOns gaan ...

Ons leef in ’n wêreld waar baie mense net vir hulleself leef — my behoeftes, my geluk, my planne. Maar die Woord van God...
17/05/2026

Ons leef in ’n wêreld waar baie mense net vir hulleself leef — my behoeftes, my geluk, my planne. Maar die Woord van God wys ons as gelowiges tot ’n ander manier van leef. Petrus herinner ons in 1 Petrus 4 dat ’n Christen nie doelloos leef nie. Jy moet 'n keuse maak oor vir wie jy volg en wie jy dien.

NGK Horison-Noord - erediens gelei deur ds Noël SchreuderOns leef in ’n wêreld waar baie mense net vir hulleself leef — my behoeftes, my geluk, my planne. Ma...

Ons vier Jesus se hemelvaart, en dis baie belangrik! Hoekom? Daar is drie redes...
15/05/2026

Ons vier Jesus se hemelvaart, en dis baie belangrik! Hoekom? Daar is drie redes...

Ons vier Jesus se hemelvaart, en dis baie belangrik! Hoekom? Daar is drie redes...

Goddelike invloed lê nie in uiterlike krag nie, maar in die innerlike Geestelike krag van 'n heilige vrou. Jou man of ki...
15/05/2026

Goddelike invloed lê nie in uiterlike krag nie, maar in die innerlike Geestelike krag van 'n heilige vrou. Jou man of kinders hoor dalk nie altyd wat jy sê nie… maar hulle sien altyd hoe jy leef... jou reaksie in konflik, jou geduld in moeilike tye, jou onwrikbare geloof in God wanneer dinge swaar raak. Dit vorm hulle harte. Die krag van heilige vroue verander huise, dit verander gesinne, dit verander generasies. Uiterlike skoonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie; wanneer 'n vrou die Here dien, dán verdien sy om geprys te word.

NGK Horison-Noord - erediens gelei deur ds Noël SchreuderGoddelike invloed lê nie in uiterlike krag nie, maar in die innerlike Geestelike krag van 'n heilige...

KOORFEES Vrydag 22 Mei! Dit gaan 'n GROOT FEES wees wat jy nie moet misloop nie.  Vier kore tree op, waarvan Horison Lae...
15/05/2026

KOORFEES Vrydag 22 Mei!
Dit gaan 'n GROOT FEES wees wat jy nie moet misloop nie. Vier kore tree op, waarvan Horison Laerskool een is met ongeveer 70 leerders in die koor!

Daar sal kos en drinkgoed vooraf te koop wees vanaf 16:30.

Kaartjies is Sondag by die kerk beskikbaar, of skakel Freda by die kerkkantoor (071 257 2744) om jou kaartjies te bespreek.

Nooi jou familie en vriende en kom geniet 'n wonderlike aand van sang en vreugde!

Volwassenes slegs R60pp, en skoolgaande kinders slegs R30pp.

GOEIE VRYDAG-EREDIENS NGK Horison-NoordTEMA: Die beker wat ek moes drink, het Jesus namens my gedrink, sodat ek die beke...
22/04/2026

GOEIE VRYDAG-EREDIENS NGK Horison-Noord
TEMA: Die beker wat ek moes drink, het Jesus namens my gedrink, sodat ek die beker van genade kan drink - Matteus 26:39
Wat is die lydensbeker wat Jesus in Getsemane bloed laat sweet het? Wat beteken dit dat Jesus dit namens my en jou gedrink het? Wat het jy alles vrygespring? En wat is die ander beker wat Jesus vir ons laat drink? Daar is geen beter Goeie Nuus as Goeie Vrydag nie!

GOEIE VRYDAG-EREDIENS NGK Horison-Noord gelei deur ds Noël Schreuder

STERLIG-DAMES 'N WARE LIGDie dames van Sterlig-aftreeoord se breispan, het 'n klompie truie en mussies gebrei wat hulle ...
22/04/2026

STERLIG-DAMES 'N WARE LIG
Die dames van Sterlig-aftreeoord se breispan, het 'n klompie truie en mussies gebrei wat hulle aan mense in Munsieville gaan oorhandig het. Op hierdie manier maak hulle die liefde van Jesus baie prakties sigbaar aan mense wat dit regtig nodig het. Baie dankie vir Engela, Judy en Sarie van ons gemeente vir hierdie inisiatief. Dis liefde wat nie maar net woorde is nie, maar met die daad bewys word. Baie dankie, ons waardeer julle!🙏🏻🙏🏻🙏🏻 Baie dankie ook aan Gideon en Deon wat gehelp het met die verspreiding.

Knoop solank hierdie datum vir ons KOORFEES op Vrydag 22 Mei! Dit gaan 'n GROOT FEES wees wat jy nie moet misloop nie.  ...
20/04/2026

Knoop solank hierdie datum vir ons KOORFEES op Vrydag 22 Mei! Dit gaan 'n GROOT FEES wees wat jy nie moet misloop nie. Meer inligting volg binnekort.

Kaartjies sal vanaf Sondag by die kerk beskikbaar wees. Volwassenes slegs R60pp, en skoolgaande kinders slegs R30pp.

Address

H/v Hawk/en Cranestraat, Horison, Roodepoort (ingang In Pigeonstraat)
Roodepoort

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Horison-Noord posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Horison-Noord:

Shortcuts

Share