Nederduitsch Hervormde Kerkargief

Nederduitsch Hervormde Kerkargief Argiefbewaarple, Nederduitsch Hervormde Kerk, Erfenis, Bewaring, Historiese Dokumentasie, Genealogie, Museums, SP Engelbrecht-museum

20/06/2017
20/06/2017
Nagmaal op kerkplein, Pretoria, vroeg 20ste eeu.  Let op die plasing van die waens en tente. Die foto is in noordelike r...
10/04/2017

Nagmaal op kerkplein, Pretoria, vroeg 20ste eeu. Let op die plasing van die waens en tente. Die foto is in noordelike rigting geneem, met links 'n deel van die Paleis van Justisie. Vanaf 1905 het daar nie meer 'n kerkgebou op kerkplein gestaan nie.

'n Interessante artikel van 'n groot kerk in Noord-Amerika wat verduidelik watter diens 'n kerkargief aan die gemeentes ...
26/03/2017

'n Interessante artikel van 'n groot kerk in Noord-Amerika wat verduidelik watter diens 'n kerkargief aan die gemeentes en lidmate van die kerk lewer:
http://network.crcna.org/church-admin-finance/telling-story-crc-one-record-time

Dr. Richard Harms has a unique relationship to the CRC, serving as Curator of Archives for the past 20 years. Before retiring, he shares his calling to this work and his hopes for the future of record management.

Die Hervormer nou digitaal toeganklik tussen 1909-1977.
02/02/2017

Die Hervormer nou digitaal toeganklik tussen 1909-1977.

In Konteks het daar byna 25 jaar gelede 'n pragtige beskrywing van die eertydse Nagmaalsnaweek verskyn. Hierdie wyse van...
31/01/2017

In Konteks het daar byna 25 jaar gelede 'n pragtige beskrywing van die eertydse Nagmaalsnaweek verskyn. Hierdie wyse van Nagmaalsviering was kenmerkend in die noordelike dele van Suid-Afrika. Lees wat prof APJ Breytenbach daaroor skryf.

Vandag 'n eeu gelede is 'n bekende Suid-Afrikaner oorlede. (Sien ook Historiese Kalender in die Almanak 2016, op bladsy ...
28/11/2016

Vandag 'n eeu gelede is 'n bekende Suid-Afrikaner oorlede. (Sien ook Historiese Kalender in die Almanak 2016, op bladsy 238).
Die openbare figuur van oud-president M.T. Steyn (1857-1916) was oral bekend. Sy laaste groot werk was sy insette vir die totstandkoming van die Vrouemonument in Bloemfontein in 1913. Ds. Kestell het dit op sy begrafnis so opgesom: " Hij schaarde zich tegen de sterken voor de zwakken.....Dit gevoel voor 't recht schaarde hem aan de zijde van vrouw en kind." Dus steeds aktueel. Terloops, ds. Kestell se oordenkingsteks was Klaagliedere 5:16 " De Kroon onzes hoofds is gevallen".

Pres Steyn het op 28 Nov 1916, vandag 100 jaar gelede, die Oranje Vrouevereniging in Bloemfontein toegespreek. Tydens sy toespraak het hy inmekaar gesak en weens 'n beroerte gesterf, 59 jaar oud. Die begrafnis het op 3 Desember 1916 uit die NG Kerk (Tweetoringkerk) in Bloemfontein plaasgevind voordat die stoet na die Vrouemonument vertrek het, waar waarskynlik 15 000 roubeklaers was.

In die Hervormde Kerk se historiese S.P. Engelbrecht Biblioteek word 'n stukkie Africana oor M.T. Steyn bewaar :
" President M.T. Steyn - Lewe en sterwe van die grote Afrikaner Staatsman." ( 72 bladsye met teks en foto's, slapband en uitgegee deur Het Volksblad, kort na die begrafnis.)
'n Foto van die plegtige begrafnis en 'n kort uittreksel uit die beskrywing van die gebeure verskyn hier. Opvallend is die musiek tydens die begrafnis, asook die prille ontwikkeling van geskrewe Afrikaans vanuit Nederlands.

Vakature Inligtingspesialis binne werkruimte Biblioteek/Argief NHK
25/11/2016

Vakature Inligtingspesialis binne werkruimte Biblioteek/Argief NHK

Die laaste kerkgebou op kerkplein Pretoria. Hierdie kerkgebou het tussen 1885 en 1905 op Kerkplein gestaan. Heelwat foto...
24/11/2016

Die laaste kerkgebou op kerkplein Pretoria. Hierdie kerkgebou het tussen 1885 en 1905 op Kerkplein gestaan. Heelwat fotomateriaal het van die kerkgebou behoue gebly, soos hierdie een uit die Kerkargief se fotoversameling.
Eén van die kleur glas-in-loodvensters is in die Kerk se SP Engelbrechtmuseum te sien.
Op hierdie foto is die kruisvorm van die neo-gotiese ontwerp met besonder hoë mure duidelik sigbaar. Die presiese redes vir die sloping het altyd in 'n waas gehul gebly. Sommiges het beweer dat die boukonstruksie swak was.
'n Ander merkwaardige brokkie kerkgeskiedenis is dat die grond van kerkplein tydens oprigting aan die Nederduitsch Hervormde Kerk behoort het. Dit is later eers aan die ZAR regering verkoop. Die kerkdienste was egter belê deur die Ned Herv of Geref Kerk (dus die NG Kerk in Transvaal), soos die naam na 1885 gelui het. 'n Ingewikkelde stukkie Pretoriase verlede.

10 Oktober is Krugerdag. By die Krugerhuis Museum (deel van Ditsong Museums, is vandag 'n klein uitstalling geopen. Dit ...
10/10/2016

10 Oktober is Krugerdag. By die Krugerhuis Museum (deel van Ditsong Museums, is vandag 'n klein uitstalling geopen. Dit bevat memorabilia van die Nederlandse Koningshuis uit veral die periode 1890-1950 toe die bande tussen Nederland en veral die ZAR baie heg was, deels danksy Pres Kruger se verblyf in Nederland.

Enkele kleiner voorwerpe oor die Oranjehuis is ook deur die SP Engelbrechtmuseum op bruikleen gegee vir die duur van die uitstalling, wat enkele maande ter besigtiging sal wees. Die uitstalling is geopen deur die Nederlandse ambassadeur en die voorsitter van Ditsong Museumraad. Vir 2017 word daar in Nederland én Suid-Afrika 'n groot uitstalling beplan wat die bilaterale kultuurverbintenis tussen die twee lande sal uitbeeld.

Meer inligting oor voorwerpe met Nederlands-Suid-Afrikaanse verbande kan gevind word op Ditsong se webwerf. www.ditsong.org.za of e-pos Krugerhuismuseum by [email protected]

GESKEURDE KLEED bied verhalend 'n blik op klein kerkgeskiedenis in die ZAR en betrek ds Dirk van der Hoff, die eerste He...
29/09/2016

GESKEURDE KLEED bied verhalend 'n blik op klein kerkgeskiedenis in die ZAR en betrek ds Dirk van der Hoff, die eerste Hervormde predikant in die pioniersstreek en die verhaal van ds Dirk Postma wat Gereformeerdes uit die Staaskerk uitgelei het.
Die skrywer dr JM van Tonder is kerkhistorikus en emeritus Geref predikant, en het self die boek uitgegee. Hy kan gekontak word by e-pos: [email protected]

Ds C Johann de Bruin het 'n resensie oor die boekie geskryf en meld onder meer dat danksy navorsing so na aan moontlik aan historiese feite gebly word en dat dit outentiek aanvoel deels weens die gebruik van ou plekname gebruiksartikels ens in Pioniers Transvaal.
Lastig is wel die oënskynlike gebrek aan taal-en teksversorging wat steurend inwerk op die leeservaring.

Zelda Rowan se verwerking van haar MA- verhandeling in Kultuurgeskiedenis in boekvorm oor Nonnie de la Rey, Pionier van ...
21/09/2016

Zelda Rowan se verwerking van haar MA- verhandeling in Kultuurgeskiedenis in boekvorm oor Nonnie de la Rey, Pionier van die Wes-Transvaal ,1856-1923- het in Augustus by Kraaluitgewers verskyn. Dit is die eerste titel in die reeks Kraal-Histories.

Vir die Hervormde Kerk interessant omdat Nonnie de la Rey, geb.Greeff, se vader in 1873 die stigter van die dorp Lichtenburg was. Nonnie self het in 1871 by ds Van der Hoff op Potchefstroom Belydenis van Geloof afgelê.(p. 36).Die families Greeff en De la Rey het hulle na die Kerkvereniging in 1885 by die Verenigde NG Kerk gevoeg.

In die boek is daar nog 'n Hervormde verbintenis. Die plaas Elandsfontein wat veral deur Nonnie self opgebou is buite Lichtenburg, is in die 1920's, waarskynlik kort na Nonnie se afsterwe deur die amateurskilder en Hervormde predikant van Lichtenburg, ds GE Alers geskilder. Dié kleurryke olieverf vorm deel van die Kerkargief en SP Engelbrechtmuseum se versameling, en is op p.131 in die boek in swart-wit afgedruk.

Address

Jeff Masemolastraat 224, Dirk Van Der Hoffgebou
Pretoria
0001

Opening Hours

Monday 08:30 - 16:00
Tuesday 08:30 - 16:00
Wednesday 08:30 - 16:00
Thursday 08:30 - 16:00
Friday 08:30 - 16:00

Telephone

0123228885 x204

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Nederduitsch Hervormde Kerkargief posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Nederduitsch Hervormde Kerkargief:

Share