Radical Shift Disciples

Radical Shift Disciples This page was created for Jesus Christ our Lord and Savior. It was created through Him and for Him. 🙏📖✝️🌻🦋🐟

DO NOT, UNDER NO CIRCUMSTANCES LEAN ON YOUR OWN UNDERSTANDING. Most of us today rationalize a situation in our minds and...
03/09/2026

DO NOT, UNDER NO CIRCUMSTANCES LEAN ON YOUR OWN UNDERSTANDING.

Most of us today rationalize a situation in our minds and weigh the pros and cons against each other as if we have the outcome of the situation in our hands and know exactly what is going to happen. This is very arrogant and self-confident of humanity. Sometimes you also ask for the opinions of others to make your decision sound more convincing. The irony of it all is, if you have set your mind on something, and someone gives their opinion in a direction that you no longer agree with, then you follow your own head anyway. In my opinion, this is how humanity causes their own downfall.

Today's verse that I want to focus on is the following:

Proverbs 3:5-6
Trust in the Lord with all your heart,
And lean not on your own understanding;
In all your ways acknowledge Him,
And He shall direct your paths.

Many people know this verse, which is wonderful, but do you REALLY trust the Lord with your WHOLE heart to make your decisions for you? He knows exactly what will happen in the future, so why wouldn't you want to do it? The Lord knows when you trust Him, yourself or someone else to help you make big decisions. God knows everything. So why not make Him a part of everything? We are so caught up in our own world, that we only let God in when we feel like we want to, then people wonder why their world is falling apart.

God knows what is best for us. It is not always exactly what we want, but what is better. We must learn to trust God in every area of our lives. I think when your brain is so busy you can't sleep because you have all these plans in your mind, God sit and wait for you to hand it over to Him. He is not going to take it from you. The best quality we have from God is that we have free will to do whatever we want to do, and that includes free will to carry the burden or to hand the burden over to Him.

We must not be wise in our own eyes, but be willing to listen to and be corrected by God's Word and wise counselors. Bring your decisions to God in prayer, use the Bible as your guide, and then follow God's leading. He will direct your paths by both guiding and protecting you.

He promises that when you acknowledge Him in EVERYTHING you do, He will show you the right path. God is not a man who changes his mind as He feels. When He says He is going to do something, He is going to do it. Why then do you want to rely on your own strength and ability when God is willing to give you His strength and ability freely. It is that "me, myself and I" attitude and controlling spirit inside you that always wants to be in control of everything, and then when things don't go the way you planned, there is big trouble and everyone just has to stay out of your way so that you can sort out the mess you have caused yourself. It doesn't make sense! Ask the Lord for help from the beginning so that there is no mess to fix later. When God's blessing is on it, I can guarantee you it will be a success.

Matthew 6:33
But seek first the kingdom of God and His righteousness, and all these things shall be added to you.

God knows exactly what you need even before you ask Him. We regularly pray to God for what we want and ask Him to provide for our needs. Many people wonder, why should they pray when God already knows what they want to pray for? This is the beauty of prayer. God gives us the chance to make Him a part of our needs. The most important part of prayer is this: "Lord, you know what I need, but not my will, but your perfect will be done in my life." This shows God that no matter what we WANT, we give Him the freedom to do in our lives what He wants to do because He knows what is best. Sometimes what we think we need is not what we really need.

Proverbs 16:9
A man's heart plans his way,
But the Lord directs his steps.

Isaiah 55:8-9
"For My thoughts are not your thoughts,
Nor are your ways My ways," says the Lord.
"For as the heavens are higher than the earth,
So are My ways higher than your ways,
And My thoughts than your thoughts.

James 4:13-17
Come now, you who say, "Today or tomorrow we will go to such and such a city, spend a year there, buy and sell, and make a profit"; whereas you do not know what will happen tomorrow. For what is your life? It is even a v***r that appears for a little time and then vanishes away. Instead you ought to say, "If the Lord wills, we shall live and do this or that." But now you boast in your arrogance. All such boasting is evil. Therefore, to him who knows to do good and does not do it, to him it is sin.

The Word of God clearly says that we do not think as God thinks and our ways are not God's ways. We cannot even speak with certainty about the day of tomorrow. There is nothing wrong with planning, but do not be so sure about it that you simply cut God out completely.

Many times we quickly plan in the car how the day will go and connect different feelings to the different scenarios, that we cause our own anxiety even before we even know what exactly is going to happen. Then you get to work, and everything goes exactly as you didn't think it would go. It's exhausting. The Lord goes before you. He is already where you want to be. Allow His perfect will to be done in your life. Sit back and watch how the Lord works. You will see how drastically your life changes when you make God part of everything. The peace that the world cannot provide, but that only God can provide will wash over you like a stream of fresh water and you will permanently sit with the thought: "God is in control" and this will restore your peace.

✝️🐟🦋🙌♥️🙏🌻

BOODSKAP VAN HOOPVandag se boodskap gaan uit aan almal wat God met mond EN hart dien. Gelowiges wat die pad stap wat Jes...
02/09/2026

BOODSKAP VAN HOOP

Vandag se boodskap gaan uit aan almal wat God met mond EN hart dien. Gelowiges wat die pad stap wat Jesus gestap het. Gelowiges wat in Gees en waarheid stap. Gelowiges wat die tipe swaarkry verduur terwyl hul in God se PERFEKTE wil stap. Die gelowige wat hulle vleeslike begeertes prys gee, sodat die Gees van God hulle kan vat waar Hy hulle wil hê. Die gelowiges wat nie net die kerkbanke warm sit nie, maar wat die Kerk van Christus aan die brand praat deur om die Goeie Nuus onvoorwaardelik te versprei, tenspyte van vervolging. Die gelowige wat sy aardse skatte prys gee vir sy hemelse skatte. Die gelowige wat nie perfek is nie, maar elke dag heiligmaking sy doelwit maak. Die gelowige wat dit sy "mission" maak om Jesus se verteenwoordiger te wees. Die gelowige wat sy kruis optel en Jesus volg, al is dit swaar. Die gelowige wat wedergebore is in die gees, en die Heilige Gees toelaat om hom te lei. Die gelowige wat WEET hy is nie dieselfde soos hy was voor hy Jesus ontmoet het nie. Die gelowige wat streef om die vrug van die Gees uit te beeld, maak nie saak wat die prys is nie. Die gelowige wat WEET sy salving kom in werking net deur verdrukking en beproewing.

God weet wat jy op die stadium moet verduur om Sy naam te verheerlik. Dit is immers hoekom jy geskape is. Lees mooi deur die volgende verse, en gaan raak stil voor God se voete, dit is die hoogste plek waar jy ooit kan wees.

SEFANJA 3:14-20
Sing, Sion! Juig, Israel! Wees met alles wat jy is, vrolik en bly, Jerusalem! Die Here het 'n einde gemaak aan jou straf, Hy het jou vyande laat padgee. Die Koning van Israel, die Here, is by jou; jy hoef geen ramp meer te vrees nie. Daardie dag sal daar vir Jerusalem gesê word: Moenie bang wees nie, Sion, moenie jou hande moedeloos laat hang nie! Die Here jou God is by jou, Hy, die krygsman wat red. Hy is vol vreugde oor jou, Hy is stil-tevrede in sy liefde. Hy jubel en juig oor jou: Ek maak dié bymekaar wat treur, ver van die feestelikheid af, dié wat uit jou uit kom en ter wille van jou die smaad gedra het. Ek gaan nou optree teen almal wat jou verdruk het, Ek gaan die kreupeles help, die verstrooides bymekaarmaak en die vernedering wat hulle moes ondergaan, in eer verander, in roem oor die hele aarde. Wanneer die tyd daar is, laat Ek julle kom, maak Ek julle bymekaar en gee Ek aan julle roem en eer onder al die volke op aarde; dit is die tyd wanneer Ek julle lot verander, julle sal dit met julle eie oë sien, sê die Here.

HEBREËRS 12:12-13
Versterk daarom die slap hande en die lam knieë en loop die reguit pad. Dan sal wat lam is, nie uit lit raak nie, maar gesond word.

1 PETRUS 2:21-23
Juis hiervoor is julle ook geroep, omdat Christus self vir julle gely en so vir julle 'n voorbeeld gestel het, sodat julle in sy voetspore kan volg. “Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nie, toe Hy gely het, het Hy nie gedreig nie, maar alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel.

Ek weet dinge gaan ongelooflik rof onder die Een Liggaam van Christus. Nie net vleeslik nie, maar in die Gees ook. Die vyand loop soos n brullende leeu opsoek na iemand om te verslind. Wanneer jy so aangeval word dan loop jy die regte pad. Die vyand gaan nie sy eie koninkryk aanval nie. Hy wil jou breek met al sy mag en krag. Staan vas op God se beloftes, en weet die volgende:

ROMEINE 8:28
Ons weet dat God alles ten goede laat meewerk vir dié wat Hom liefhet, dié wat volgens sy besluit geroep is.

Goed en sleg val onder "alles". Hierdie is vir my die kragtigste belofte vir elke opregte, WARM, christen hier buite. Hou jou fokus op Jesus, en NIKS anders nie.

✝️🌻🐟🦋🙌♥️🙏

DIE GEBED VAN DIE GELOWIGESHANDELINGE 4:23-31Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe...
01/09/2026

DIE GEBED VAN DIE GELOWIGES

HANDELINGE 4:23-31
Nadat Petrus en Johannes losgelaat is, het hulle na hulle medegelowiges toe gegaan en vir hulle vertel wat die priesterhoofde en die familiehoofde alles vir hulle gesê het. Toe hulle dit hoor, het hulle almal saam tot God gebid en gesê: “Here, dit is U wat die hemel en die aarde en die see en alles wat daar is, gemaak het. En U het deur die Heilige Gees by monde van ons voorvader Dawid, u dienaar, gesê: “Waarom het heidennasies te kere gegaan, en het volke sinlose planne beraam? Die konings van die aarde het in opstand gekom, en die heersers het saamgespan teen die Here en teen sy Gesalfde. “Dit is wat werklik in hierdie stad gebeur het. Herodes en Pontius Pilatus het met heidennasies en die volk Israel saamgespan teen u heilige Dienaar, Jesus, wat deur U gesalf is, en hulle het alles gedoen wat U vooruit beskik en besluit het. “En nou, Here, kyk hoe dreig hulle ons. Gee dat u dienaars met volle vrymoedigheid u woord sal verkondig. Laat u hand genesing bring, en laat daar tekens en wonders plaasvind deur die Naam van u heilige Dienaar, Jesus.” Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.

Petrus en Johannes was in gevangene geneem omdat hulle die wonderwerk wat met Jesus gebeur het, verkondig het. Hulle was getuies van hierdie wonderwerk en het dit in werklikheid gesien gebeur. Die priesterhoofde het hulle beveel om nie meer hierdie getuienis te lewer nie, en hulle antwoord was:

HANDELINGE 4:19-20
Maar Petrus en Johannes het vir hulle gesê: “Julle moet maar self besluit wat voor God reg is: om aan júlle gehoorsaam te wees of aan God. Wat ons betref, dit is onmoontlik om nie te praat oor wat ons gesien en gehoor het nie.”

Soms is mense bang om oor hulle geloof te praat omdat hul bang is wat mense gaan sê of hulle is bang mense raak kwaad. Petrus en Johannes was so gretig om hulle getuienis oor Jesus te versprei dat hulle eenvoudig nie kon stil bly nie. Hulle was bereid om in die tronk gesit te word. As die wêreld jou moed vandag onderdruk om oor jou getuienis te praat moet jy bid dat God jou vreesloos sal maak. Onthou wat Jesus gesê het:

MATTEUS 10:32-33
“Elkeen wat hom voor die mense openlik vir My uitspreek, vir hom sal Ek My ook openlik uitspreek voor my Vader wat in die hemel is. Maar hom wat My voor die mense verloën, sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemel is.”

Ek sê nie jy moet enige tyd en plek net uit bassyn oor wat jy weet van Jesus en oor Hom getuig nie. Doen jou getuiging deur die leiding van die Heilige Gees. Dit is immers die Gees in jou wat van Jesus getuig.

Kyk na die eerste vers bo aan hoe die gelowiges gebid het. Hulle het God eers al die lof en eer gegee, en toe hulle probleem voor Hom neergelê en gevra vir hulp. Hulle het Hom nie gevra om die probleem weg te vat nie, maar om hulle te help om deur die probleem te werk. Hoe gaan jou geloof groei as God al jou probleme weg vat wanneer jy Hom vra om dit te doen? Soms vat God nie ons probleme weg nie, maar bou ons geestelik op om deur die probleme te werk en ons genade te gee om aan die ander kant uit te kom.

EFESIËRS 6:10-20
Verder nog dit: Soek julle krag in die Here en in sy groot mag. Trek die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle op julle pos kan bly ondanks die listige aanslae van die duiwel. Ons stryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen elke mag en gesag, teen elke gees wat heers oor hierdie sondige wêreld, teen elke bose gees in die lug. Trek daarom die volle wapenrusting aan wat God julle gee, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle die stryd tot die einde toe gevoer het, nog op julle pos kan bly staan. Bly dan op julle pos, toegerus met die waarheid as gordel om julle heupe, die vryspraak deur God as borsharnas, en die bereidheid om die evangelie van vrede te verkondig as skoene aan die voete. Daarby moet julle altyd geloof as skild in die hand hê, want daarmee sal julle al die brandpyle van die Bose kan afweer. Sit verlossing as helm op en vat die swaard van die Gees, dit is die woord van God. Doen dit alles biddend en smeek God by elke geleentheid deur die Gees. Wees waaksaam en bid gedurig vir al die gelowiges. Bid ook vir my dat wanneer ek preek, God my die woorde gee dat ek die geheimenis van die evangelie met vrymoedigheid kan bekend maak. Ter wille van hierdie evangelie is ek 'n gesant in boeie. Bid dat ek dit met vrymoedigheid kan verkondig soos dit my opgelê is.

God het aan Paulus openbaar dat God se opregte kinders hierdie wapens nodig gan hê om God se perfekte wil uit te voer. Ons moet elke liewe dag die Skoene van bereidwilligheid aantrek om die Woord van God te versprei, maar ons moet dit doen met die Swaard wat God se Woord en leiding is vir ons. Ons kan dit nie uit ons eie krag doen nie.

Doen elke dag hierdie gebed van die gelowige wat heel bo staan en wag vir God se leiding. Sorg dat jy deur die Heilige Gees gelei word en nie uit jou eie uit praat nie. Daar is altyd vrug en seën waar God jou stuur.

The will of God will never take you where the grace of God will not protect you.

✝️🌻🐟🦋🙌♥️🙏

31/08/2026

God is in beheer.

Psalms 103:19
Die Here het sy troon in die hemel gevestig,
sy heerskappy strek oor alles en almal.

Die lewe kan soms chaoties voel - planne verander, uitdagings ontstaan en ons voel soms magteloos. Maar Psalm 103:19 herinner ons daaraan dat God nie ver of onbewus is nie. Hy regeer oor alles vanaf Sy Hemelse troon. Niks verras Hom nie, en niks is buite Sy bereik nie.

Self wanneer ons nie verstaan wat aan die gebeur is nie, kan ons rus in die waarheid dat God soewerein is. Hy is nie net in beheer nie, maar Hy is goed, getrou en liefdevol. Sy planne is hoër as ons planne, en Sy doelwitte is altyd vir ons eie beswil.

In oomblikke van vrees, angs of twyfel, kan ons ons harte anker in die vertroue dat ons lewens gehou word in die hande van die Een wat die heelal beveel.

Staar jy 'n situasie in die gesig wat buite beheer voel?

Neem 'n oomblik om dit aan God oor te gee, met die vertroue dat Hy sien, Hy weet en dat Hy omgee.

Here, dankie dat U in beheer is van alle dinge. Wanneer my wêreld onstabiel voel, help my om op U volmaakte heerskappy en liefdevolle leiding te vertrou. Gee my vrede in die wete dat U altyd agter die skerms werk, vir my beswil en U eer. Amen.

✝️🌻🙏🐟🦋🙌♥️

PAUL'S PRAYER FOR SPIRITUAL GROWTHEphesians 3:16-19 I pray that from his glorious, unlimited resources he will empower y...
28/08/2026

PAUL'S PRAYER FOR SPIRITUAL GROWTH

Ephesians 3:16-19
I pray that from his glorious, unlimited resources he will empower you with inner strength through his Spirit. Then Christ will make his home in your hearts as you trust in him. Your roots will grow down into God’s love and keep you strong. And may you have the power to understand, as all God’s people should, how wide, how long, how high, and how deep his love is. May you experience the love of Christ, though it is too great to understand fully. Then you will be made complete with all the fullness of life and power that comes from God. Now all glory to God, who is able, through his mighty power at work within us, to accomplish infinitely more than we might ask or think. Glory to him in the church and in Christ Jesus through all generations forever and ever! Amen

Colossians 1:9-14
So we have not stopped praying for you since we first heard about you. We ask God to give you complete knowledge of his will and to give you spiritual wisdom and understanding. Then the way you live will always honor and please the Lord, and your lives will produce every kind of good fruit. All the while, you will grow as you learn to know God better and better. We also pray that you will be strengthened with all his glorious power so you will have all the endurance and patience you need. May you be filled with joy, always thanking the Father. He has enabled you to share in the inheritance that belongs to his people, who live in the light. For he has rescued us from the kingdom of darkness and transferred us into the Kingdom of his dear Son, who purchased our freedom and forgave our sins.

🦋🙌🌻♥️🐟🙏✝️

27/08/2026

(Coert) AS JOU GELOOF JOU NIKS KOS NIE DAN BETEKEN DIT OOK NIKS NIE

JOHANNES 12:12-19
Die volgende dag het die groot menigte mense wat na die fees toe gekom het, gehoor dat Jesus na Jerusalem toe kom. Hulle het palmtakke gevat en Hom tegemoet gegaan en uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom!” en: “Die Koning van Israel!” Jesus het toe op 'n jong donkie geklim wat Hy daar gekry het, soos daar geskrywe staan: “Moenie bang wees nie, Sion! Kyk, jou Koning kom, en Hy ry op 'n donkie.” Jesus se dissipels het hierdie dinge eers nie verstaan nie, maar nadat Hy verheerlik is, het hulle daaraan gedink dat wat daar geskrywe staan, op Hom betrekking gehad het en dat dit met Hom gebeur het. Die mense wat by Jesus was toe Hy vir Lasarus uit die graf geroep en hom uit die dood opgewek het, het gedurig daaroor gepraat. Daarom het die menigte vir Jesus tegemoet gegaan: hulle het gehoor dat Hy hierdie wonderteken gedoen het. Die Fariseërs het toe vir mekaar gesê: “Sien julle, julle rig niks uit nie! Kyk, die hele wêreld gaan agter hom aan!”

BETEKENIS/UITLEG:
Die ware profete hier buite is n bedreiging vir die kerke – dit is hoekom hulle teenstand kry

BLY IN DIE WINGERDJOHANNES 15:1-8 AFR83“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vru...
27/08/2026

BLY IN DIE WINGERD

JOHANNES 15:1-8 AFR83
“Ek is die ware wingerdstok en my Vader is die boer. Elke loot aan My wat nie vrugte dra nie, sny Hy af; maar elkeen wat vrugte dra, snoei Hy reg, sodat dit nog meer vrugte kan dra. Julle is alreeds reg gesnoei deur die woorde wat Ek vir julle gesê het. Julle moet in My bly en Ek in julle. 'n Loot kan nie uit sy eie vrugte dra as hy nie aan die wingerdstok bly nie; en so julle ook nie as julle nie in My bly nie. “Ek is die wingerdstok, julle die lote. Wie in My bly en Ek in hom, dra baie vrugte, want sonder My kan julle niks doen nie. As iemand nie in My bly nie, word hy weggegooi soos 'n loot en hy verdroog. Die mense maak sulke lote bymekaar en gooi dit in die vuur, en dit verbrand. As julle in My bly en my woorde in julle, vra dan net wat julle wil hê, en julle sal dit kry. My Vader word juis daardeur verheerlik dat julle baie vrugte dra en my dissipels is.”

Jesus is die wingerdstok en Sy Vader die boer wat sorg dat die ranke vrug dra. Die ranke is die gelowige navolgers van Jesus en die vrug is die sigbare bewys dat iemand n navolger van Christus is. Deur n persoonlike verhouding met Jesus dra die lote vrug. 'n Wingerdstok is baie vrugbaar, aangesien 'n enkele loot baie vrugte kan dra. In die Ou-Testamentiese tyd is Israel dikwels met n wingerdstok vergelyk wanneer die volk die wil van God gedoen het, aangesien hulle dan net so vrugbaar soos die wingerdstok was.

Omdat Israel so wisselvallig was en een dag God gedien het en die volgende ander afgode, het die Boer (God), die ware Wingerdstok gestuur, naamlik Jesus. 'n Wingerdstok wat nooit sonder vrug sal wees nie, dit is hoekom Jesus hier sê Hy is die ware Wingerdstok.

Daar vind twee soorte snoei prosesse plaas: afsnoei en règsnoei. Vrugbare takke word règgesnoei sodat hulle nog meer vrug kan dra. Dit beteken dat dit soms vir die Here nodig is om ons te dissiplineer of te tugtig sodat ons geloof en karakter daardeur versterk kan word, en ons meer vrug kan dra. Dit gebeur wanneer gebede gebid word waar jy vra God moet jou dieper vat en meer aan jou openbaar. God gaan nie net vir jou inligting gee soos jy vra nie, Hy gaan jou deur dieptes vat wat jy nie geweet het bestaan nie, maar jou geloof gaan tot die uiterste getoets word. Hierdie règsnoei beteken op jou doel en roeping soos God dit aan jou openbaar het, getrou na te kom en te voltooi. Takke wat geen vrug dra nie, word teen die stam afgesnoei. Hulle is nutteloos en word as dood beskou. Hulle is net goed genoeg vir vuurmaakhout. Dit is gewoonlik die mense wat sê hulle glo in Jesus en die kerkbanke warm sit op n Sondag, maar hul lewe bewys nie hulle bekering nie. Hulle dra nie die vrug wat ons lees in Galasiërs 5 nie.

Om vrug te dra, beteken dat n dissipel sy of haar Goddelike opdrag moet nakom. Ons sien verder dat gebed, blydskap en liefde ook as deel van vrugdra beskou word.

GALASIËRS 5:22-26
Die vrug van die Gees, daarteenoor, is liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedhartigheid, getrouheid, nederigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge het die wet niks nie. Dié wat aan Christus Jesus behoort, het hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig. Ons lewe deur die Gees; laat die Gees nou ook ons gedrag bepaal. Ons moenie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar afgunstig wees nie.

2 PETRUS 1:5-9
En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis,
die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense. As julle dit alles besit en dit neem steeds toe, sal julle met ywer en met vrug ons Here Jesus Christus beter leer ken. Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger, hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig is.

Soms is dit ongelooflik moeilik om hierdie opdragte uit te voer, veral met mense naby jou soos familie of jou eie huisgesin. Wanneer God jou geestelik verdiep, dan besef jy hoe baie die vlees die gees wil beheer, dan raak die geestelike oorlog n realiteit. Dit is n daaglikse proses waardeur die die Christen gaan, om steeds die vrug van die Gees uit te beeld en steeds die oorlog in gees te veg.

Om in Christis te lewe, beteken onder andere die volgende:

Om te glo en te bely dat Hy die Seun van God is (1 Johannes 4:15)

Om Hom as verlosser en Here te KEN (Johannes 1:12)

Om te doen wat God van ons verwag (1 Johannes 3:24)

Om in geloof te volhard (1 Johannes 2:24)

Om deel te hê aan die gemeenskap van die gelowiges, die Een Liggaam van Christus (1 Johannes 1:3, 1 Korintiërs 12:12-31)

Daar is so baie goeie mense hier buite, mense wat altyd die regte ding wil doen en altyd eerlik wil wees. Jesus sê egter dat daar net een manier is waarop n mens werklik n betekenisvolle lewe kan lei, en dit is deur in n geloofsverbintenis met Hom te leef. Jy kan nie jou geloof en vertroue in enige iets anders op hierdie aarde plaas as jy in n intieme verhouding saam Jesus wil wees nie. As ons vêr van Hom af is, dit wil sê ons geloof op ander dinge plaas, is al ons pogings onvrugbaar.

Die oes en die vrug strek in die eerste plek tot eer van God, die Here van die oes en die vrug, want dit is Hỳ wat die sonskyn en die reën op hulle tyd stuur sodat die gewasse kan groei en vrug kan dra. Hy rus mense toe om in die wingerdstok te bly en as dissipels te leef. Om vrug te dra, is die sigbare kenteken en bewys van ware navolgerskap.

Vra joeself vandag die volgende vrae:

Wat doen ek om aan God te wys ek wil n verhouding met Hom bou?

Het ek al my roeping van God ontvang?

Is ek werklik tot inkeer?

Gebruik God my?

Watse soort vrugte dra ek?

Hoe verteenwoordig ek my Skepper?

As jy nie die vrae kan antwoord nie, sal jy terug moet gaan na die tekenbord toe en God nader. Begin jou Bybel elke dag lees en begin God leer ken deur Sy Woord. Jy kan nie n verhouding met iemand hê as jy hulle nie ken nie. God kan jou nie gebruik as jy nie Sy Woord ken en nakom nie.

Die Woord sê, "nader tot God en Hy sal Hom deur jou laat vind". God gaan nie n oorlas van Homself maak nie. Vat die eerste stap en kry jou hart inlyn met God se Woord.

✝️🦋🙌🌻♥️🐟🙏

Address

Pretoria

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Radical Shift Disciples posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Shortcuts

Share