Lux Mundi Gemeente Official

Lux Mundi Gemeente Official Lux Mundi is ’n NG gemeente in die ooste van Pretoria. Ons is ’n gemeente waar geloof lewe word en waar ons wil hê jy moet tuis kom in ons familie.

Ons is ’n makrogemeente waarvan die meeste van ons lidmate uit die omliggende woongebiede van Garsfontein, Pretoriuspark, Woodhill, Mooikloof en The Wilds kom. Die gemeente se kampus is by Florisstraat 685, Garsfontein. Ons fokus tans veral daarop om ’n gemeente te wees waar nuwe mense maklik tuiskom. Ons lidmate moet voel dat hulle hier behoort, in geloof groei en dien. Ons wil ook graag ’n kerk

wees waar jong volwassenes en gesinne effektief bedien word volgens hulle eie behoeftes en waar gelowiges leer om praktiese Christene te wees. Ons jeugbediening begelei jongmense om uit te reik, hulle geloof prakties in die wêreld uit te leef en in ’n opwindende lewende verhouding met God te staan. Ons berei jongmense voor om lewenslank as toegewyde volgelinge van Jesus te leef. Die gemeente het ’n sterk fokus van diens aan die gemeenskap en Pharos Gemeenskapsentrum (Jacqueline rylaan 777) is ons hande en voete in die gemeenskap.

Wil jy hierdie September ’n verskil in ander se lewens maak?  Kom wees deel van die Ligweg Uitreik! Hierdie uitreik gaan...
15/09/2026

Wil jy hierdie September ’n verskil in ander se lewens maak? Kom wees deel van die Ligweg Uitreik! Hierdie uitreik gaan nie net ander se lewens raak nie – dit gaan jóú ook verander en nuut laat dink oor wat regtig saak maak. Graad 10, 11 en studente is welkom om saam te gaan! Bid ook saam vir die groei geleenteheid.

Die Kreatiewe Kerstafel is om die draai! Kom kuier saam op 31 Oktober van 09:00–15:00 by Lux Mundi Gemeente en ontdek ’n...
14/09/2026

Die Kreatiewe Kerstafel is om die draai!

Kom kuier saam op 31 Oktober van 09:00–15:00 by Lux Mundi Gemeente en ontdek ’n heerlike verskeidenheid kreatiewe en unieke produkte.

Ons is op soek na interessante uitstallers, met voorkeur aan handgemaakte produkte. Of jy nou wil maak, proe of koop – daar is iets vir almal!

Belangstellende uitstallers: Meld aan via die skakel/QR-kode op die advertensie of kontak: [email protected] Rayline: 082 924 6401
Freddy: 083 345 2117

Kom ondersteun plaaslike kreatiwiteit en begin sommer vroeg met jou Kersinkopies!

Ons sluit die Verhelder die Lig-veldtog af met die tema van Verhoudings (Koinonia). Ons hele leraars­pan gaan ons Sondag...
11/09/2026

Ons sluit die Verhelder die Lig-veldtog af met die tema van Verhoudings (Koinonia). Ons hele leraars­pan gaan ons Sondag meer leer oor hierdie belangrike tema.

Kom sluit die veldtog saam met ons af! 🙌

Ons is amper aan die einde van die veldtog dagboek solank die 16 Sep 15:30-20:30 vir die veldtog deurloopnagmaal.
09/09/2026

Ons is amper aan die einde van die veldtog dagboek solank die 16 Sep 15:30-20:30 vir die veldtog deurloopnagmaal.

Die tema van Sondag se veldtogboodskap is tweeledig. Daan gaan ons help om nuut te dink oor Pastorale sorg (Paraklesis) ...
04/09/2026

Die tema van Sondag se veldtogboodskap is tweeledig. Daan gaan ons help om nuut te dink oor Pastorale sorg (Paraklesis) en Uitreik (Marturia).

Ons sien jou Sondag! 🙌

Die lente is hier en hier is wat jy kan uitsien na in September by LuxMundi.
03/09/2026

Die lente is hier en hier is wat jy kan uitsien na in September by LuxMundi.

01/09/2026

Address

685 Floris Street, Garsfontein, Posbus 38236
Potgietersrus
0060

Opening Hours

Monday 08:00 - 14:00
Tuesday 08:00 - 14:00
Wednesday 08:00 - 14:00
Thursday 08:00 - 14:00
Friday 08:00 - 13:00
Sunday 07:00 - 21:00

Telephone

+27129988801

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Lux Mundi Gemeente Official posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Lux Mundi Gemeente Official:

Shortcuts

Share