NG Kerk Philippolis

NG Kerk Philippolis Van sendingstasie, oorlog, verlies, vrede en heropbou.

Daar is nog plek om deel te wees van hierdie spesiale stap!  Alles wat jy wil weet oor die stap kan jy vind by:  www.sti...
18/05/2026

Daar is nog plek om deel te wees van hierdie spesiale stap! Alles wat jy wil weet oor die stap kan jy vind by: www.stillepolis.com

Historiese Dagboek: 8 Mei 1869Die hoeksteen van die nuwe kerkgebou in die plek van die ou Griekwakerk word deur Ds Frase...
08/05/2026

Historiese Dagboek: 8 Mei 1869
Die hoeksteen van die nuwe kerkgebou in die plek van die ou Griekwakerk word deur Ds Fraser gelê. Die preekstoel, wat vandag nog in gebruik is, is deur Mnr ET Schmidt van olienhout gemaak. Die hout is deur twee ouderlinge in die berge naby Fauresmith uitgesoek. Die orrel en klok is deur 'n ene Mynhardt geïnstalleer. Mej Rörich van Fauresmith het 'n sierlike kanselkleed geskenk.

8 Mei 1998
Die Waenhuis Gastehuis word as wenner aangewys van die AA en SAA se landswye akkommodasie toekenning erfenisse.

Philippolis hou basaar! Daar is aktiwiteite vir die hele gesin van Vrydag 8 Mei tot Sondag 10 Mei. En natuurlik is daar ...
07/05/2026

Philippolis hou basaar!
Daar is aktiwiteite vir die hele gesin van Vrydag 8 Mei tot Sondag 10 Mei.
En natuurlik is daar die staatmaker verkope van vleis, pannekoek en poeding. Ons eindig Saterdagaand met ‘n hoogtepunt: “Platteland is groot” verskeidenheidskonsert.
Ons sien jou daar!!

Historiese Dagboek: 6 Mei 1872Op 'n kerkraadsvergadering word besluit om die ou Pastorie met 'n nuwe te vervang.  Robert...
06/05/2026

Historiese Dagboek: 6 Mei 1872

Op 'n kerkraadsvergadering word besluit om die ou Pastorie met 'n nuwe te vervang. Robertson van Colesberg het die nuwe pastorie, steeds vandag in gebruik, vir 3700 pond gebou. Die kerkraad rapporteer op die kerkraadsvergadering dat hulle graag 'n sierlike huis vir Ds Fraser wil bou, aangesien hy reeds drie beroepe na Kaaapstad en een na die Paarl bedank het. Die ou Pastorie, waar die huidige Transgariep Museum staan, is vir 595 pond as ER Grobbelaar verkoop.

06/05/2026
Philippolis hou basaar!!! Moenie  hierdie geleentheid misloop nie! 🚴‍♂️ FIETSRY IN DIE STOFPAD 🚴‍♀️Kom ry saam met ons "...
05/05/2026

Philippolis hou basaar!!! Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
🚴‍♂️ FIETSRY IN DIE STOFPAD 🚴‍♀️
Kom ry saam met ons "locals" op Saterdag 9 Mei!
Vertrektyd: 07h00 by die kerk
Dit gaan heerlik en ontspanne wees!
💰 Kostes: R30 per persoon
Bespreek jou plek nou:
📞 051 773 0014 (Maandag tot Vrydag, 09:00 – 13:00)
of
🔗 https://forms.gle/dmdLPjX2czHPLwTp7

Philippolis Basaar 2026!En die pret hou net nie op nie.  Hierdie een moet jy nie mis nie!  Kom doen 'n skattejag deur on...
05/05/2026

Philippolis Basaar 2026!
En die pret hou net nie op nie. Hierdie een moet jy nie mis nie! Kom doen 'n skattejag deur ons pragtige dorp en kom ontdek die geheime van sy geskiedenis. Sien jou Saterdagoggend 9 Mei, 8h00 by die kerk!

Philippolis hou Basaar:  Kom wees deel van die Philippolis straatmyl!!1. Kom stap net saam in ons karnaval straat optog ...
04/05/2026

Philippolis hou Basaar: Kom wees deel van die Philippolis straatmyl!!
1. Kom stap net saam in ons karnaval straat optog (500m). Kaartjies is R10 per persoon en R30 vir 4 kaartjies! Jy trek mooi aan, snaaks aan en stap saam met jou dorp se mense waar ons saam gaan wag vir die atlete. Pryse vir die mooistes, snaakstes, oorspronklikstes, oudstes en jongstes.
2. Skryf in as 'n span van 4 vir aflos myl. Elke deelnemer hardloop dan 400m. Hier daag ons skole, besighede, plase, wyke ens uit om 'n span in te skryf. R100 inskrywingsfooi vir 'n span van 4. En weer lekker pryse om te wen!
3. Kom wys jou staal en kom hardloop die myl!

Bel 051 773 0014 om in te skryf of volg die skakel en skryf aanlyn in.
Gebruik die skakel om in te skryf: https://forms.gle/dmdLPjX2czHPLwTp7

Sien jou 8 Mei by die PHILIPPOLIS MYL

Philippolis hou Basaar!Bespreek nou jou plek in een van ons gastehuise!
26/04/2026

Philippolis hou Basaar!
Bespreek nou jou plek in een van ons gastehuise!

Address

Voortrekkerstraat 12
Philippolis
9970

Opening Hours

09:00 - 11:00

Telephone

+27517730014

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Kerk Philippolis posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Kerk Philippolis:

Share