Familiekerk NG Kameeldrif

Familiekerk NG Kameeldrif besoek ons by www.kameeldrif.org

BOEK NOU EN BETAAL LATER….Ons sien baie uit na hierdie nuwe tradisie in ons gemeente!Bespreek asseblief jou plek deur di...
18/08/2026

BOEK NOU EN BETAAL LATER….

Ons sien baie uit na hierdie nuwe tradisie in ons gemeente!

Bespreek asseblief jou plek deur die skakel hieronder in te vul indien jy Die Langtafel gaan bywoon.
https://forms.gle/X8EHEbpa19WfpsYZ7

18/08/2026

Die week se Lewende Water.

Liewe vriende

Hoe maklik raak ons nie gewoond daaraan om dinge maar net te aanvaar nie, of dalk bloot sekere dinge uit gewoonte of tradisie te doen? Iets so eenvoudig soos om te antwoord: “Goed, en jy?” wanneer iemand vra: “Hoe gaan dit met jou?”, selfs al is dit nie die waarheid nie.

Dalk een stappie dieper: Hoe maklik maak ons nie tradisionele geloofsuitsprake soos: “Die Here is my bron van krag” nie, maar neem ons die betekenis daarvan werklik ter harte?

Die vraag wat hiermee gepaardgaan, is: Waarom sê of doen ons iets, maar bedoel ons dit nie werklik nie, of bring dit ons nie tot beweging en verandering nie?

In Johannes 4 antwoord Jesus die Samaritaanse vrou soos volg:

“Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry, maar wie van die water drink wat Ek hom gee, sal tot in ewigheid nooit dors kry nie. Die water wat Ek hom gee, sal in hom ’n fontein van water word wat opborrel tot die ewige lewe.”

Wat hoor ons hier? Jesus bied self die water aan. Die water is van Hom afkomstig – nie van die put waarna die vrou verwys nie, en ook nie vanuit haarself nie.

Wat ook vir ons belangrik is om te hoor, is die vrou se antwoord:

“Meneer, gee vir my van daardie water, sodat ek nie dors word en hierheen hoef te kom om te skep nie.”

Wat sê dit vir ons? Ek en jy kan niks doen om hierdie water in die hande te kry nie. Ons moet eenvoudig in afhanklikheid kom. Daarna moet ons oorgee en nie aanhou om na die kraan te stap om dit steeds self vol te maak en sodoende alles in ons eie hande te wil hou nie.

Ons moet ons kant bring, maar ons kan nooit die Here inperk of alles uit Sy hande probeer neem nie.

Daarom: Wanneer jy iets lees, iets sê of iets doen, glo dit ten diepste. Gee oor en laat dit jou tot werklike verandering en beweging bring.

Gebruik jou stilwordtyd dalk hierdie week om te d**k oor wat dit vir jou beteken om werklik ten volle in afhanklikheid te leef. Om geloofsuitsprake te maak én dit te glo. Om hierdie week werklik, byvoorbeeld, aan die Here oor te gee.

Groete
Ds Drian

En so het ’n ongelooflike gemeentekamp tot ’n einde gekom! Wat ’n wonderlike naweek van saamkuier, lekker gesels, braai,...
16/08/2026

En so het ’n ongelooflike gemeentekamp tot ’n einde gekom!

Wat ’n wonderlike naweek van saamkuier, lekker gesels, braai, lag en sommer net tyd saam as gemeente. Ons harte is vol dankbaarheid vir elkeen wat deel was daarvan.

As jy hierdie jaar nie kon saammaak nie — maak seker jy is volgende jaar daar! Ons sien jou by die volgende gemeentekamp!

Dis Gemeentekamp die naweek by die pragtige Bosveld Oase naby Brits! Ons geniet die chalets en lekker kampplekke – die p...
15/08/2026

Dis Gemeentekamp die naweek by die pragtige Bosveld Oase naby Brits! Ons geniet die chalets en lekker kampplekke – die perfekte plek om saam te kuier en die natuur te geniet.

Gisteraand het die vure gebrand , ons het heerlik saam gebraai, gelag en gekuier.

Vanoggend het ons ’n lekker geselssessie deurgewerk – en kyk net na die foto’s! Ons jongste deelnemer het sommer ook haar opinie op die bord kom skryf.

Die weer speel gelukkig mooi saam, so later wag daar nog ’n bietjie super tube-pret!

Wat ’n lekker naweek van saamwees, kuier en geloof!

MuisbesoekErediens: Sondag 09:00 – Ds. Jacques HeymansLiewe Vriende’n Kerkregister kan vir ons sê wie lidmate is, maar d...
14/08/2026

Muisbesoek

Erediens: Sondag 09:00 – Ds. Jacques Heymans

Liewe Vriende

’n Kerkregister kan vir ons sê wie lidmate is, maar dit kan nie die gemeente se polsslag meet nie. Ek wilbietjie saam met julle kueir rondom die vraag wat Paulus vra oor, As een deel van Christus se liggaam seerkry, voel die res dit nog? Want ’n mens kan aan die kerk behoort sonder dat die lewe van Christus werklik deur jou na iemand anders vloei.

Sondag kuier ons saam rondom 1 Korintiërs 12:12–27 en die tema: Toe “lidmaat” nog lewe beteken het. Lees dit gerus vooraf en antwoord hierdie vraag eerlik vir jouself: Het die evangelie in my net woorde gekry, of het dit ook hande, voete en ’n hart gekry? Ek sien uit om saam met julle rondom die gedeelte te kuier.

Groete

Ds. Jacques

______

Kliek Sondag 09:00 op die volgende skakel vir die Lewendige Uitsending https://youtube.com/live/ZI360UKpe8E

Kliek op die skakel vir die voorafopgeneemde erediens https://youtu.be/LrvtyxeaGA0

Enjoy the videos and music that you love, upload original content and share it all with friends, family and the world on YouTube.

10/08/2026

Die week se Lewende Water.

Liewe Vriende
Ons leef in ’n tyd waarin almal vinnig kan sê waarvoor hulle staan. ’n Plasing word gedeel, ’n mening word gelug en ’n Bybelvers word aangestuur, maar geloof word nie uiteindelik gemeet aan hoe mooi ons dit verwoord nie.

Geloof word sigbaar wanneer dit begin voete kry.

Paulus skryf: “Al wat van belang is, is geloof wat deur liefde tot dade oorgaan” (Galasiërs 5:6).

Geloof het dus nie net ’n stem nie, dit het hande, voete en selfs ’n adres.
Dit daag op waar iemand eensaam is.
Dit gaan sit langs iemand wat swaarkry.
Dit kies om nie die skinderstorie aan te stuur nie. Dit maak vrede waar almal eerder wil wen.
Dit gee iets prys sodat iemand anders weer kan hoop.

Miskien is die vraag vir hierdie week daarom nie net, Wat glo ek? nie, maar, Waarheen neem dit wat ek glo my? Want as my geloof my nooit nader aan mense se pyn, nood en menswaardigheid bring nie, het dit dalk woorde gekry, maar nog nie voete nie.

Jy hoef nie hierdie week die hele wêreld te verander nie. Laat jou “ek glo” net êrens konkreet aankom. By ’n huis, ’n hospitaalbed, ’n moeilike gesprek, ’n oop hand of ’n mens wat nodig het om raakgesien te word.
Dalk begin God se nuwe wêreld juis daar waar jou geloof vandag sy eerste tree gee.
Mag jou geloof hierdie week nie net iets wees wat jy bely nie, maar iets wat iemand anders aan God se liefde laat raak.

Groete
Ds. Jacques

Vandag het ds. Jacques Heymans uit Handelinge 8 gepreek met die tema: “Ek glo… begin loop.”Hy het ons uitgedaag om eerli...
09/08/2026

Vandag het ds. Jacques Heymans uit Handelinge 8 gepreek met die tema: “Ek glo… begin loop.”

Hy het ons uitgedaag om eerlik na ons eie geloofspad te kyk. Waar het jou geloof begin? By jou ouers? By ’n spesiale gebeurtenis? Of dalk op ’n heel ander plek?

By ’n huwelik antwoord ’n bruidspaar: “Ja, ek wil.” Dit neem net ’n paar sekondes om dié woorde te sê, maar ’n leeftyd om dit uit te leef. So is dit ook met ons geloof. Dit is maklik om te sê: “Ja, ek glo,” maar om dit elke dag te leef, vra oorgawe en gehoorsaamheid.

Wat word van “Ek glo” wanneer die water opdroog en die lewe moeilik raak? Dit is juis daar waar ons geloof voete kry en begin loop.

Die Here werk met elke mens op ’n unieke manier. Niemand se geloofspad lyk dieselfde nie. Elkeen het sy eie vertrekpunt, sy eie reis en sy eie verhaal.

Ds. Jacques het afgesluit met ’n paar diep vrae om oor na te d**k:
• In wie se wa klim jy?
• In wie se wa moet jy nou klim?
• Wat is jou volgende tree van “Ek glo”?

Intussen het die kinders by Kleuterkerk hulself gate uit geniet terwyl hulle geleer en gespeel het. Die Senior Kletsers het saam na ’n leersame video gekyk, terwyl ouers heerlik by Kremetart koffie geniet en in die tuin saam gekuier het.

Wat ’n geseënde Sondag van aanbidding, geloofsgroei en kosbare saamkuier.

Vrydagoggend het ons 60+ groep weer vir hul maandelikse saamkuier bymekaargekom. Soos altyd het elkeen iets lekkers te e...
09/08/2026

Vrydagoggend het ons 60+ groep weer vir hul maandelikse saamkuier bymekaargekom. Soos altyd het elkeen iets lekkers te ete saamgebring, en daar is heerlik saam gekuier oor ’n koppie koffie of tee.

Ons het ook die voorreg gehad om vir Liezel Landman, bestuurder van Kamcare, te verwelkom. Sy het met die groep kom gesels oor die waardevolle werk wat Kamcare doen en die verskillende dienste en ondersteuning wat hulle aan die gemeenskap bied. Ds Drian het ook ingeloer om te hoor hoe dit nog met almal gaan.

Baie dankie aan almal wat die oggend so spesiaal gemaak het. Dit is altyd kosbaar om saam te kuier, nuwe dinge te leer en mekaar se geselskap te geniet.

MuisbesoekErediens: Sondag 09:00 – Ds. Jacques HeymansLiewe VriendeHierdie komende Sondag kuier ons saam rondom Handelin...
07/08/2026

Muisbesoek

Erediens: Sondag 09:00 – Ds. Jacques Heymans

Liewe Vriende

Hierdie komende Sondag kuier ons saam rondom Handelinge 8:26–40, die verhaal van Filippus en die Etiopiese amptenaar. Het jy al gewonder wie op ’n belangrike oomblik in jou “wa” geklim en jou gehelp het om God beter raak te sien?

Elkeen van ons stap ’n unieke geloofspad. God ontmoet ons waar ons is, maar ons word nie geroep om alleen te reis nie. Dalk is die vraag daarom ook: In wie se “wa” word ek geroep om te klim en ’n ent saam te reis?

Ek sien uit daarna om Sondag weer saam met julle te sit en rondom hierdie besondere gedeelte te kuier.

Groete

Ds. Jacques

______

Kliek Sondag 09:00 op die volgende skakel vir die Lewendige Uitsending https://youtube.com/live/QqvV_32JkHw

Kliek op die skakel vir die voorafopgeneemde erediens https://youtu.be/8wu1rR3Ixx0

Enjoy the videos and music you love, upload original content, and share it all with friends, family, and the world on YouTube.

Hoeveel mense gaan ons by die Kerssangdiens verwelkom? Laat weet asseblief as jy en jou gesin die gratis Kerssangdiens o...
06/08/2026

Hoeveel mense gaan ons by die Kerssangdiens verwelkom? Laat weet asseblief as jy en jou gesin die gratis Kerssangdiens op 29 November gaan bywoon deur die skakel te voltooi. Dit help ons met die beplanning.
https://forms.gle/bTHCxf3mcNFs68Kz9

Address

Nokeng Tsa Taemane
0035

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Familiekerk NG Kameeldrif posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to Familiekerk NG Kameeldrif:

Shortcuts

Share