NG Muldersdrif

NG Muldersdrif Tradisionele familie gemeente met 'n passie vir Christus.

09/09/2026
Sondag 6 September 2026Die Kaart is Nie die Gebied Nie1 Johannes 5:21Ds. Pieter van ZylOns reageer nooit op God soos Hy ...
06/09/2026

Sondag 6 September 2026
Die Kaart is Nie die Gebied Nie
1 Johannes 5:21
Ds. Pieter van Zyl

Ons reageer nooit op God soos Hy werklik is nie, ons reageer op ons innerlike prent van Hom.

Daardie prent word gevorm deur filters soos ons agtergrond, opvoeding en ervarings, en dit is byna altyd verwronge.

Johannes skryf aan gelowiges wat sukkel met sekerheid, nie omdat God onbetroubaar is nie, maar omdat hulle die verkeerde kaart dra. Die oplossing is nie harder probeer nie. Dit is om te verander waarna jy kyk.

God gee ons sy eie getuienis oor sy Seun as die enigste betroubare kaart, want dit kom direk van die Gebied self.

Wanneer ons dié kaart vertrou, verander ons sekerheid, ons gebed en ons hele reaksie op die lewe.

NG MULDERSDRIF

Sondag 30 Augustus 2026Leef vanuit God se krag en oorwinning1 Johannes 5:1-12Ds. Sumari RedelinghuysDie apostel Johannes...
30/08/2026

Sondag 30 Augustus 2026
Leef vanuit God se krag en oorwinning
1 Johannes 5:1-12
Ds. Sumari Redelinghuys

Die apostel Johannes, die outeur van 1 Johannes, het Jesus se stelling in Johannes 16:33 aangehaal, waar hy gesê het: "In die wêreld ervaar julle swaarkry; maar hou moed, Ek het reeds die wêreld oorwin." - Joh 16:33

Die Griekse woord “Nike” beteken om te oorwin. Oorwinning veronderstel dat daar iets is wat jy moet oorkom, iets wat jou onwettig gyselaar hou, jou onderdruk, jou besit wat jou nie behoort te besit nie. En daarom is 1 Johannes 5 so krities, want dit sê dat elkeen wat in Jesus Christus glo uit God gebore is en dié wie die wêreld oorwin, is dié wat glo dat Jesus Christus die Seun van God is.

Johannes gebruik ook die woord oorwinning 'n aantal kere in hierdie openingsverse van 1 Johannes 5 om die feit te beskryf dat hierdie wêreldorde nie die laaste seggenskap in jou lewe hoef te hê nie. Ons as gelowiges leef vanuit ‘n ander werklikheid. Die wêreld bepaal nie ons lewe nie, maar wel ons geloof. Die wêreld het nie die laaste sê oor ons lewe nie, maar God!

Kom ons ontderk saam hoe ons reeds die oorwinnnig oor die wêreld in Jesus Christus het en kom ons vra onsself af: "Leef ek vir oorlewing, of vanuit die oorwinning?"

Onthou: Jesus het reeds oorwin. Ons kan vandag en elke dag vanuit Sy oorwinning en Sy krag leef!

NG MULDERSDRIF

Sondag 23 Augustus 2026Waar is die liefde?1 Johannes 4:7–21Ds. Sumari RedelinghuysOns wêreld is chaos, en laat ons makli...
23/08/2026

Sondag 23 Augustus 2026
Waar is die liefde?
1 Johannes 4:7–21
Ds. Sumari Redelinghuys

Ons wêreld is chaos, en laat ons maklik vra: Waar is die liefde?

En dit is presies waar 1 Johannes 4 ons kom ontmoet. Johannes het ook homself meer as tweeduisend jaar gelede in 'n gebroke wêreld bevind en sê nie bloot vir die eerstehandse hoorders: “Probeer om beter mense te wees” nie. Hy sê iets veel dieper. Hy neem hulle en uiteindelik vir ons terug na die Bron van liefde.

“God is liefde” en van alle ewigheid af bestaan God in 'n volmaakte verhouding van liefde. Die Vader het die Seun lief. Die Seun het die Vader lief. Die Heilige Gees is nie ’n krag nie, maar die Persoon in die Triniteit wat ons in hierdie liefdesverhouding intrek.

God het my eerste liefgehad. Ek verdien dit nie, maar Hy het my lief. Omdat ek Sy liefde ontvang het, kan ek liefde uitdeel. As God se liefde in my is, behoort Sy liefde deur my na ander te vloei.

Waar is die liefde? Dit begin by die Vader. Dit word aan ons bewys deur Jesus en dit word in ons verwek deur die Heilige Gees. Dan word dit deur ons lewens sigbaar.

Lig jou liefdesvlak, want niemand het God nog ooit gesien nie — maar mense kan Sy liefde deur jou sien.

NG MULDERSDRIF

Sondag 16 Augustus 2026Op julle merke, gereed, bly... Bly in die Liefde1 Joh 2:28-3:16Ds. Sumari RedelinghuysOns is kind...
16/08/2026

Sondag 16 Augustus 2026
Op julle merke, gereed, bly... Bly in die Liefde
1 Joh 2:28-3:16
Ds. Sumari Redelinghuys

Ons is kinders van God. Dis wie ons is en dit is waarin ons, ons identiteit kan vind. Ons weet ook dat Jesus weer kom. Ons het ’n vaste hoop en ’n verwagting om Hom te sien.

Maar dan vra Johannes eintlik in 1 Johannes 3: As ons weet wie ons is, en as ons weet Wie ons gaan sien — hoe behoort ons dan vandag te leef?

Wanneer ek weet my toekoms is veilig in Hom, verander dit hoe ek vandag leef. Dit vul my en jou met vertroue – dat ons nie alles hoef te verstaan nie. Vrede – dat ons nie alles hoef te beheer nie. En dit kom gee vir ons perspektief: My huidige omstandighede is nie my finale werklikheid nie.

Bly in Hom.
Bly in sy liefde.
En leef vandag soos ’n kind wat weet: my Vader wag vir my.

Is jy gereed vir as Hy weer kom?
Tot dan… Merke, gereed, bly!
Bly in Hom en bly in die liefde!

NG MULDERSDRIF

Sondag 9 Augustus 2026Bly. Moenie druk nie.Jy groei nie deur harder te druk nie, jy groei deur te bly.1 Johannes 2:27- D...
09/08/2026

Sondag 9 Augustus 2026
Bly. Moenie druk nie.
Jy groei nie deur harder te druk nie, jy groei deur te bly.
1 Johannes 2:27
- Ds. Pieter van Zyl

Is jy moeg?

Nie liggaamlik moeg nie. Die ander soort moeg. Die soort wat kom van harder probeer, meer doen, meer bid, en steeds voel of niks verander nie.

Kom kyk Sondag saam met ons na
1 Johannes 2. Johannes skryf aan mense wat presies daar gesit het. En sy antwoord vir hulle is nie "werk harder" nie. Sy antwoord is een woord: bly.

Ons gesels oor 'n teesakkie, oor 'n bord in die wasbak, en oor 'n belofte wat God seshonderd jaar voor Christus in Jeremia 31 gemaak het. En ons kyk na wat dit beteken dat elke gelowige reeds die salwing van die Heilige Gees ontvang het.

Die tema is eenvoudig: Bly. Moenie druk nie.

NG MULDERSDRIF

Sondag 2 Augustus 2026Wandel in die lig (van jou verhouding met God)1 Johannes 1Ds. Sumari RedelinghuysOns hoor uit 1 Jo...
02/08/2026

Sondag 2 Augustus 2026
Wandel in die lig (van jou verhouding met God)
1 Johannes 1
Ds. Sumari Redelinghuys

Ons hoor uit 1 Johannes 1 dat ons geloof nie bloot oor kennis gaan nie, maar oor ’n lewende verhouding met God. Die Woord van God, God self, het Johannes laat glo en daarvan getuig hy met gesag. Dit is die basis van die geloof wat ons verkondig en waardeur elkeen wat dit glo gered word: Jesus is waarlik mens. Jesus is waarlik God. Die twee nature gee krag aan Sy boodskap aan die wêreld, Hy bring hemel en aarde, en God en mense bymekaar uit.

Verder sê Johannes dat jy nie met God in gemeenskap kan leef en die duisternis lief hê nie, anders bedrieg jy net jouself en ander. Waar daar in verbondenheid met God en die geloofsgemeenskap geleef word, word ons gereinig en heilig gemaak.

Johannes kom stel vir ons ’n keuse: om in die lig te wandel of in die duisternis te bly. Wandel in die Lig om werklik in gemeenskap met God te leef!

NG MULDERSDRIF

Address

Plot 288 Rietfontein
Muldersdrift
1747

Opening Hours

Monday 08:00 - 13:00
Tuesday 08:00 - 13:00
Thursday 08:00 - 13:00

Telephone

+27796971163

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Muldersdrif posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Contact The Place Of Worship

Send a message to NG Muldersdrif:

Shortcuts

Share

Category