11/05/2021
Grimering Werkswinkel. Wat 'n lekker oggend/middag. Ons het gelag en geverf en ons self mooi gemaak. Dankie vir die talentvolle Hannelie Burger en Merichen Boshoff wat ons geleer het hoe om die grimering aan te wend en jou natuurlike skoonheid na vore te bring.
Daar was ook baie geskenke uitgedeel en prag produkte was ook te koop.
Ons het soveel borge gehad
Donna Bothma vir die prag produkreeks en ons geskensakkies en pryse van Healing Grace af.
vir die grimering
Calista Vermaak vir ons prag dekor. Ons tafels was so mooi gewees.
vir ons botteltjie water en notaboekies.
Dankie Nadia Vosloo , Rika Hendrika De Jonge Vosloo , ReneƩ Vosloo
vir al julle harde werk om dit n suksesvolle dag te maak.
Dankie vir ons mans, wow jul was ongelooflik. Met baie geduld het hul ons help tafels skuif en saal mooi maak en toe braai hul nog vir ons die aand met die reg maak. Ds Wimpie Burger, Lourie Kruger, Hannes Vosloo, Ruan Vosloo
Ons volgende werkswinkel word vir Augustus beplan. Moet dit nie mis loop nie!!!!!!
Kyk hoe mooi het die dames gelyk met ons Grimering Werkswinkel.