24/08/2019
"Die huis waar die Here welkom is, is 'n huis van liefde en 'n plek van rus." Helen S Rice
"Elke dag wil ek U loof, ek wil U naam altyd prys." Psalm 145:2
Die Here staan voor jou deur en klop.....wat gaan jy doen? Gaan jy oopmaak of ignoreer? Maak oop jou hart en jou lewe en nooi Hom in. Maak jou huis 'n tuiste vir die Here sodat Hy altyd welkom sal wees. Voel die verskil in jou lewe wanneer die Here oorneem en jou Sy eie maak. Wanneer God beheer neem, sal jou lewe nooit weer dieselfde wees nie. Hy gee lig wanneer dit donker word. Hy gee sonskyn wanneer die reen ophou. Die Here is liefde en Hy wil dit alles vir jou, Sy kind, gee. Vertrou Hom en neem Sy uitgestrekte Hand. Doen dit vandag nog. Geseende Sabbat. Liefdegroete, Marina