Prayer Warriors

Prayer Warriors Ons bid vir probleme, siekte, enige situasie, alles wat gebed nodig het, want ons kan nie sonder gebed nie.alles is moontlik deur gebed as jy net glo.

19/07/2022

I love you Lord

08/05/2022

Geseënde Moedersdag aan almal die moeders, mag u hulle n geseënde dag hê, en die kinders u hulle vandag bederf, maar ons hou ons oë gerig op Jesus, want dit was Sy genade wat ons deurgedra het en wakker gemaak het, kom ons wees lief vir mekaar, en as daar iemand is wat niks het om te eet nie, stuur n bord kos vir haar en maak haar dag ook gelukkig, die Here seën.

25/03/2022

Goeiemore geliefdes in die Here, as daar enige een is wat nie by n gebedsgroep is nie, u is vry om aan te sluit by ons, dit is lieflik as ons kan saam bid, soos die woord ons leer bid vir mekaar en dra mekaar se laste. Die Here seën.

09/11/2021

Môre, is daar iemand wat gebed nodig het of vir Jesus wil aan neem as u persoonlike Saligmaker? Ek is gereed om saam u te bid of u na die Here toe te lei, want sonder die Here is alles tevergeefs, amen.

14/10/2021

Goeiemore dierbares, As God die huis ni bou nie tevergeefs bou die wat daaraan bou, uit ons eie kragte gaan ons misluk, maar in God is ons meer as oorwinnaars, ek weet baie van ons gelowiges se kinders is deurmekaar, ek prt uit ondervinding, want dit is so met my kinders, ek laat my nie terug sit van die vyand wat probeer om vir my in die hande te kry nie, die woord se wees standvastig onbeweeglik in die Here, want die Here vind u eintlik sterk om u kruis te kan dra, as daar iemand is wat deur n krisis gaan weet God is met u, Hy sal u nie n stryd gee wat u nie kan dra nie, hou aan, hou uit, hou moed.

07/10/2021

Goeiemore, genade, genade is vir ons genoeg, ken Hom in al jou weë dan sal Hy jou paaie gelykmaak, die meetsnoere het vir my in lieflike plekke geval, ja, my erfenis is vir my mooi, kom ons dien die Here met alles wat in ons is, want toe ek daar in die modderslyk gelê het, toe is dit Jesus wat my daar opgetel het.kom ons wees lief vir mekaar en bid vir mekaar. Die Here seën u.

04/10/2021

More toe Jesus hang op Golgota d**k Hy aan jou en my, toe ons so slaap vannag toe d**k Jesus aan jou en my, en Hy maak ons wakker, ons het nie vanself wakker geword nie, dit is genade wat ons weer uit die hand van die Here ontvang het, kom ons sê net n bietjie dankie vir Jesus vir al Sy weldade, what shall I render to Jehovah,

28/09/2021

Is jou naam ook al daar, as dit is dat jou naam nie in die boek van die lewe geskryf is nie, gaan jy dit nie maak nie, jy gaan weggewys word, tyd is besig om uit te loop, so maak jou klaar om jou God te ontmoet, dit gaan nie oor n kerk nie dit gaan oor Jesus jou kerk kan jou nie red net Jesus.

29/08/2021

Naand dierbares, een ding weet ek as jou saak met God nie reg is nie gaan jy nie hemel toe nie, dit is wat die Woord se Hy kom haal net die wat Syne is, want Hy't n plek gaan voorberei vir ons sodat ons kan wees waar Hy is so se Joh 14, en dan sê die koor digter wie wil met my saamgaan na die nuwe Jerusalem, wil jy nie jou hart vir die Here gee, voordat dit te laat is, want Hy staan gereed om te kom.neem n wyse besluit en kies Jesus vandag.

11/08/2021

Dierbares ons lewe in n baie ernstige tyd, kom ons kry ons geestelike lewe in orde, die woord se Hy kom soos n dief in die nag ons weet nie wanneer Jesus gaan kom nie daarom moet ons gereed wees, le af, vra vergifnis maak u hart skoon en reg, kom ons wees soos die 5 wyse maagde wat hul lampies vol olie gehad het en aan die brand.

09/08/2021

Kom ons dien die Here met blydskap, en kom voor Sy aangesig met gejubel, ons kyk ni meer angstig rond nie, want ons het God wat ons op vertrou, Hy sal ons nooit alleen laat nie, Hy is ons Toevlug en ons Anker, ons hoef niks te vrees nie want God is met ons, soos Hy vir Sadrag, Mesag en Abednego duur die vuuroond gedra sal God ook vir ons deurkom, Hy's nog dieselfde Jesus, vertrou net op Hom en niemand meer, geseënde vroue dag.

05/08/2021

More dierbares, ons lewe in die laaste dae, dinge gaan nie beter raak nie, dis soos in die tyd van Noag die mense het nie ag geslaan nie, die Here praat hard met die mens maar steeds verhard hulle, hulle harte, die koms van die Here is so naby, wil jy nie maar jou hart vir Jesus gee nie, jy het niks om te verloor nie, maar liewer wen. As Jesus kom, kom Hy haal net die wat Syne is, wil jy saamgaan of wil jy agter bly. Ek wil nie agter bly nie.

Address

Mitchells Plain

Telephone

+27633966941

Website

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when Prayer Warriors posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share