NG Meyerton Jeug

NG Meyerton Jeug Meyerton Jeug
Stap saam ons nader aan God. Leer saam ons hoe om soos Jesus te wees. Leef saam as deel van ons Geestes Familie. Almal is welkom!

Ons kom Sondae aande 17:00 tot 19:00 bymekaar. Aktiwiteite sluit in: Praise & Worship, DVD aande, besprekings, sprekers, speletjies, koffiekroeg en lekker saam kuier. Kinders 7 - 18 jaar oud welkom, asook enige iemand anders wat so jonk voel.

12/02/2026
Kom en raak betrokke by ons jeug! Skakel my of Jo-Anne om kontak te maak en meer uit te vind. Ons is opsoek na enige vry...
13/01/2026

Kom en raak betrokke by ons jeug! Skakel my of Jo-Anne om kontak te maak en meer uit te vind. Ons is opsoek na enige vrywilligers om ons by te staan.

1 Timoteus 4:12Hierdie vers sê iets radikaal-modern: Jou ouderdom diskwalifiseer jou nie. Jou lewe kwalifiseer jou.In ’n...
11/01/2026

1 Timoteus 4:12

Hierdie vers sê iets radikaal-modern:

Jou ouderdom diskwalifiseer jou nie.
Jou lewe kwalifiseer jou.

In ’n wêreld waar mense sê “jy is nog jonk, jy sal eendag verstaan”, draai Paulus dit om:
moenie wag om eendag ’n voorbeeld te wees nie — wees dit nou.

Wat jy sê (leer): Jou woorde bou óf breek. Sosiale media, WhatsApp, geselsies by die skool of werk — praat so dat mense kan sien wie jy volg.

Hoe jy leef: Dis maklik om te sê jy glo. Dis moeiliker om dit te wys wanneer niemand kyk nie. Jou keuses is jou getuienis.

Liefde: Nie oppervlakkige “likes” nie, maar regte liefde — geduld, respek, om op te daag vir ander.

Geloof: Vertroue in God, selfs wanneer jy onseker is, bang is, of nie alles verstaan nie.

Integriteit: Om dieselfde mens te wees op ’n Sondag as op ’n Maandag. Geen maskers nie.

Die wêreld sê: “Eers later.”
God sê: “Nou.”

Jy hoef nie ouer, slimmer of meer “heilig” te wees om ’n verskil te maak nie.

Jy moet net bereid wees om eg te leef — verbind aan Christus, elke dag ’n bietjie meer soos Jesus.

17/11/2025

Help ons asb met speelgoed vir die Kersmark!

17/11/2025

kom geniet jouself die 29 ste November. NG kerk kersmark

17/11/2025

29 November kersmark, kom bring daai jong span en maak hulle gesiggies fraai

17/11/2025

🌟 KWILT-UITLOTING! 🌟
Staan ’n kans om ’n pragtige, handgemaakte Queen Size-erfstukkwilt te wen!

💙 Hierdie meesterstuk bestaan uit 1802 blokkies en is R12 000 werd. ’n Unieke kans om iets werklik spesiaal te besit!

🎟️ HOE WERK DIT?

Die bord is genommer van 1 tot 300

Jy trek ’n nommer

Die nommer wat jy trek, is die bedrag wat jy betaal (bv. nommer 57 = R57)

📞 Lojtjies beskikbaar by Estie – 076 099 7498

📅 TREKKING: 29 November 2025
⏰ 12:00

✨ Koop nou jou nommer en ondersteun ’n goeie saak – en wie weet, dalk slaap jy onder hierdie ongelooflike kwilt!

17/11/2025

NG kersmark is om die draai, moenie uit mis op lekker pannekoek nie. 29 November

14/11/2025

29 November ! NG kerk Meyerton kersmark, kom maak 'n draai , moenie uitmis nie.

Amper tyd vir ons jaarlikse Kersmark.
22/10/2025

Amper tyd vir ons jaarlikse Kersmark.

Ñ aand vol pret!Vrydag se Jeug. Deurnag hier kom ons!
22/10/2025

Ñ aand vol pret!
Vrydag se Jeug. Deurnag hier kom ons!

Address

Meyerton

Opening Hours

18:00 - 19:00

Alerts

Be the first to know and let us send you an email when NG Meyerton Jeug posts news and promotions. Your email address will not be used for any other purpose, and you can unsubscribe at any time.

Share